James en Melissa beplan om vir ‘n naweek om hulle een jaar herdenking te vier. Die idee was dat dit ‘n romanties wegkom kans sou wees en het ‘n piekniek mandjie vol lekkernye saam geneem. Ongelukkig het die wind gewaai en toe is die piekniek buite nie meer so moontlik nie. Die paartjie het toe sommer in die kamer gepiekniek. James het daarop aangedring dat hulle langs die see moet gaan loop en vra toe dat hulle daar op die sand moet sit.
Toe Melissa haar oë uitvee is daar ‘n ring en haar hand en James sê: ” This is an engagement ring because I want to marry you!” Hulle lag nou nog oor die feit dat hy nie soseer gevra het nie, maar eerder gesê het. Die paartjie het by Café Bon Bon getrou en het ‘n baie mooi en romantiese troue gehad.
Wat het julle troue so spesiaal gemaak?
Volgens James was een van die hoogtepunte om my in my trourok te sien. Ons het slegs 50 gaste genooi, en daarom was dit baie intiem. Ons het beide al die mense geken wat genooi is. Die Franschhoek omgewing is net so pragtig. Dekor is onnodig! Ons het die wyn bedien wat ons op ons eerste ‘date’ gedrink het. Een van James se vriende het die liedjie vir ons eerste dans saam as egpaar op die vleuel klavier gespeel. My sussie het ons heerlike torukoek gebak. Dit was ook vir ons baie spesiaal dat mense van regoor die wêreld na ons troue gekom het.
Raad vir ander paartjies:
Moenie te veel bekommer oor die detail nie. Niemand gaan die tafeldoeke onthou nie. Wat mense wel onthou is die kos en die atmosfeer. Probeer om unieke aspekte van julle persoonlikhede te inkorporeer. Ek dra byvoorbeeld elke dag rooi lipstiffie, en daarom was my skoene en lippe rooi. Ek het borsspelde, ou oorringe en ou juwele met draad aan mekaar vasgemaak en dit was my ruiker. Mense wat nie na die troue toe kon kom nie het vir my goedjies gestuur vir die ruiker, en so was hulle ook op ‘n manier by die troue. Die ruiker is nou ‘n ornament in ons huis. Probeer om nie skuld aan te gaan om vir die troue te betaal nie. Geniet jouself! Mens doen dit net een keer.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Helette du Toit
- Koek en geskenkies vir gaste: The Frosted Raspberry
- Rok en pak: Bride & Co
- Hare en grimering: Marize Nel
- Blomme: Claire-Ann Redivo
- Venue: Café Bon Bon