Luke & Sinead se Skilderagtige Strand Troue
deurOns deel met opgewondenheid Luke en Sinead se skilderagtige strand troue in…
Slegs 144km vanaf Kaapstad, geleë teen die Weskus, Saldanhabaai, is Blouwaterbaai vakansie oord – Blue Bay Lodge and Resort, Saldanha. Hierdie 3-ster hotel bied gaste ʼn heerlike á la carte restaurant tot wêreld-klas konferensie fasiliteite wat ongeveer 120 gaste kan akkommodeer. 32 B&B en-suite kamers of 14 selfsorg huisies. Met ʼn topgehalte onthaalarea vir troues en hul eie trou koördineerder is Blouwaterbaai vakansie oord, Blue Bay Lodge die ideale plek vir akkommodasie en troues.
Blue Bay Lodge het ‘n verskeidenheid akkommodasie beskikbaar op die vakansieoord. Van die 17 B&B kamers binne die Lodge self, ons “Honeymoon Suite”, dan het ons ook 16 semi-selfsorg Suites wat oor die swembad en tennisbaan kyk en wat soos klein woonstelle is, en dan natuurlik ons selfsorg huisies wat wissel van 1, 2 of 3 slaapkamer huisies. Ons huisies word daagliks gediens behalwe op Sondae en publieke vakansiedae en ons kan in totaal 120 gaste huisves.
Wanneer jy jou troue by Blue Bay Lodge en Resort bespreek moet jy die 17 kamers in die Lodge neem, dit is verpligtend, en ons gee natuurlik die “Honeymoon kamer” gratis. Die ander verblyf is opsioneel maar sal beskikbaar wees vir die algemene publiek om te bespreek vir die aand van jou troue mits julle nie al die verblyf neem nie.
Ons deel met opgewondenheid Luke en Sinead se skilderagtige strand troue in…
Geen resensies op die oomblik nie.