In dié artikel deel ons Jovan en Ruan se buitelug bosveld troue wat jou sal laat smag na asem. Die Afrika bosveld bly darem maar mooi en beide Ruan en Jovan het ʼn groot liefde vir die Afrika bosveld. Hul het by ʼn pragtige wildreservaat getrou lands die Kuvjenami rivier in Hoedspruit, Limpopo. Só as jy opsoek is na trou inspirasie in Limpopo provinsie, dan sal hierdie paartjie se troue al die boksies aftik.
Met ʼn neutrale kleurpalet en tikseltjies swart elemente wat regdeur hul troue trek, pas dit só mooi in by die bos se kleurpalet. Dié paartjie se troue was definitief iets buiten die gewone. Drankies in die bosveld, Wildritte vir al die trou gaste en ʼn onthaal onder die sterre.
Een lang tafel omring deur die prentjie mooi landskappe van die bosveld is waar gaste gesellig gaan wees. Die tafeldekor is simplisties met uitgedroogde blomme wat bo die perfekte reguit geblaasde breekware uitstaan. Bo die tafel hand daar ligte wat die tafel lig sal gee in die aand onder die sterre.
Eg Suid Afrikaanse disse was voorberei en bedien deur Vita Nova Catering, terwyl gaste mekaar se geselskap geniet het, omring deur die geluide van die diere in die bosveld. Ruan en Jovan het besluit om ʼn plaaslike wittebrood te geniet in die bosveld. Baie paartjies besluit om eerder hul wittebrood plaaslik te geniet as wat hul ver moet reis, waar hul eerder Suid-Afrika se mooi skoonheid kan geniet.
ʼn Troue is nie moontlik sonder die hulp van professionele diensverskaffers nie. Besoek Mooi Troues se Trougids as jy ʼn troue beplan en opsoek is na diensverskaffers vir jou troue. Rol af om meer te lees oor die paartjie se liefdesreis.
Paartjie se Liefdesreis:
Op 1 April 2017, het ons mekaar ontmoet. Ons was in Stellenbosch uit die aand en het toevallig mekaar net buite die gewilde Nubar ontmoet. Dit was liefde met eerste oogopslag en ons het die pad begin saam stap vir die volgende 4 jaar.
Op 20 Desember 2020 het Ruan my geneem na L’Venir Wynplaas waar hy teen die bult by ʼn enkel boom op ʼn dek wat uitkyk oor Stellenbosch op sy knie gegaan. Met baie blydskap en tot my verbaas was die antwoord vir my ʼn maklike ‘ja’!
Die Verlowing Tydperk:
Ons verlowing tydperk het gestrek vanaf 20 Desember 2020 tot 25 September 2021.
Ek is ʼn trou koördineerder en het in ʼn kort tydjie ons droom troue beplan. Aangesien ons in die Paarl woon was die logistiek moeilik, maar dit was ʼn fantastiese uitdaging vir ons albei.
Trou Begroting:
Ons het gesukkel om by ons begroting te hou aangesien ons verskaffers gebruik het van verskeie areas.
Om nuwe en onbekende verskaffers te soek en te gebruik was ʼn reuse uitdaging. Ons het dus ʼn paar verskaffers bekend aan ons gebruik van die Kaap en Pretoria. Die klank en beligting, videograaf, fotograaf het ons van die Kaap af laat toer en ons troudekor en blomme verskaffers het ons vanaf Pretoria gereël. Ons verhuring is gedoen deur ʼn maatskappy in Nelspruit. Hierdie was die beste besluit wat ons kon neem alhoewel dit kostes baie duurder maak.
Merkwaardigste Oomblikke:
Daar was so baie onvergeetlike oomblikke van ons troue.
Om 14h00 het al die gaste, geklee in wit en beige, van al 4 lodges by Indlovu River Lodge bymekaar gekom waar wild-voertuie vir hulle gewag het om na die seremonie in die bos teen die rivier te neem waar ons twee bruidegomme reeds gestaan en wag het vir ons gaste. Die wild-voertuie was die sitplekke vir die gaste tydens die seremonie. Indodana van die Stellenbosch Universiteit koor het gespeel toe die wild-voertuie arriveer by die seremonie bos area.
Na die seremonie het al die gaste op ʼn kort wildrit gegaan voor hulle sou arriveer by die voordrankies.
Die gaste was afgelaai in die bos by ʼn ou Landrover wat gedien het as ons vonkelwyn stasie. Na hulle ʼn glasie geneem het was hulle gelei na die voordrankie area. Hulle het daar die vingerhappies bedien en daar was ook ʼn Gin kroeg. Die platejoggie het lekker Afrika bos musiek gespeel.
Ek en Ruan het toe met ʼn wild-voertuig deur die fotograaf en videograaf in die bos gevat ons fotos te gaan neem met die mooi Afrika sonsondergang.
Die onthaal:
Om 18h00 het ons die gaste gelei na die onthaal. My African Dream deur Indlovu Youth Choir het kliphard gespeel met die onthulling van die lang tafel in die bos. Rook masjiene het die pad, tafel en bos gevul. Die bome en bos was belig en fees beligting oor die tafels.
ʼn Koor van die Indlovu River Lodge het vir ons gesing en die tafel gebed gedoen in hulle taal.
Na die toesprake was die gaste gelei na ʼn ou helikopter platform waar ons die dansvloer geopen het met ons moeders op Mumford & Sons en Baaba Maal se There Will Be Time, in die ope lug in die middel van die bos!
Nagereg was bedien. Koeksisters, klein malva tertjies en groot malvalekkers wat die gaste self oor die vure kon braai.
Die partytjie het later geskuif van die helikopter platvorm na ʼn ander area vir die na-partytjie en braai broodjies was daar bedien as ʼn laat aand versnapering.
Paartjie se styl:
Ons het beide kleure eie aan ʼn droë bos gekies vir trou pakke.
Die Besluitnemingsproses:
Ek het meerderheid van die beplanning gedoen vir ons bos troue. Ruan en ons ouers gereeld geraadpleeg met groot besluite. Almal het hulle insette gehad.
Venue & Dekor:
Ek en Ruan het ʼn groot liefde en besoek die Afrika bos gereeld. Dié dag wat ons die eerste keer by Indlovu River Lodge was, het ek en Ruan vir mekaar gesê dat ons hier gaan trou!
Ons het vir ons gaste op die uitnodiging aanbeveel wat om te dra. Die Vrydag was Erfenisdag en dus het ons vir die gaste aanbeveel om ‘Safari Smart Casual’ te dra. Op die dag van die troue was al die gaste geklee in wit en beige linne.
Ek en Ruan beide hou van simplisties maar stylvol. Ons groot idee was om die bos te gebruik in al sy glorie as tema van ons troue en dekor. Ons het swart en kristal ingebring om dit meer modern te laat vertoon.
Spesiale Tradisies:
Die Vrydag was Erfenisdag en dus was dit noodsaaklik om die aand lekker te braai. Ons het ʼn lam spit bedien en lekker eg Suid Afrikaanse by disse. Ons het as geskenk vir elkeen van ons gaste ʼn mooi hoed te gee wat hulle oor die naweek sou dra.
Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:
Ek sou niks verander nie! Ons het die perfekte naweek gehad!
Gunsteling Diensverskaffers:
Nogmaals is dit moeilik om ʼn gunsteling te kies. As ek twee kan kies sal ek die volgende sterk aanbeveel:
- Klank + Beligting: SMD Technical
- Dekor + Blomme: Bee Happy Events
Advies aan toekomstige paartjies wat besig is om hul troue te beplan:
Maak so gou moontlik vas met jou verskaffers. Moet nie uitstel nie.
Gebruik ook verskaffers met ʼn goeie reputasie. Bel en lees op oor verskaffers wat jy gebruik.
Neem die weer in ag indien jy besluit wat gaste moet aantrek. Swart pakke in die warm Afrika bos werk nie.
Moet nie te ver ter vir wittebrood nie. Kies ʼn plek naby aan waar jy trou. Suid Afrika het die mooiste en mees spesiaalste plekke om te besoek.
Vermaak:
Ons het vir Kian Lougher Clarke, DJ Kian, as platejoggie gehad asook Indlovu River Lodge se koor wat vir ons ʼn paar items gedoen het.
Wittebrood:
Ons was gelukkig om na Sabi Sand te gaan vir drie aande en het gebly in Silvan Safari wat tans gewen het vir die mees luukse bos akkommodasie.
Ons het daarna in Kapama gebly by Jabulani Safari.
Beide hierdie was redelik naby aan waar ons getrou het. Ek dink persoonlik dit is onnodig om ver te toer na jou troue. Geniet wat Suid Afrika of Afrika jou kan bied.
Eerste Dans:
Na die toesprake was die gaste gelei na ʼn ou helikopter platform waar ons die dansvloer geopen het met ons moeders op Mumford & Sons en Baaba Maal se There Will Be Time, in die ope lug in die middel van die bos!
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Chris Joubert Content
- Venue: Indlovu River Lodge
- Blomme + Dekor: Bee Happy Events
- Bruidegom-pak: Country Road
- Gaste Geskenke: Panama Hats
- Huwelik kontrak: Ava & Simi
- Huurdienste: SQ Weddings
- Huweliksbevestiger: Ninien Breytenbach
- Koördineerder: ASAP Staffing
- Klank & Beligting: SMD Technical
- Platejoggie + Musiek: DJ Kian
- Paartjie se verblyf: Indlovu River Lodge
- Strooijonkers bykomstighede + Skoene Country Road
- Skryfbehoeftes: Seventy Seven
- Vervoer: Osprey Tours
- Videograaf: Spilt Silk
- Verhuring: Dougs Hiring
- Spyseniering: Vita Nova Catering
- Wittebrood plek: Silvan Safari