In dié onderhoud-styl artikel gesels ons met Petro, die stigter en eienaar van Refaire l’Art ʼn grimeerkunstenaar en haarstilis wat bruide ekstra spesiaal laat voel op hul troudag. Haar besigheid is gebaseer in Lydenburg, Mpumalanga, maar reis graag om kliënte mooi te maak in Gauteng en Limpopo. Refaire l’Art bied baie meer as net ʼn grimering en haarstilis diens. Met hul professionele en jare lange ervaring in die trou bedryf is jy in baie goeie hande.
Hulle ervaring stel hul in staat om jou op jou gemak te laat voel op jou troudag. Dit is só belangrik om ʼn grimeerkunstenaar en haarstilis te kies wat jou op jou gemak laat voel. Hulle is seker die mense wat fisies die naaste aan jou sal werk op jou troudag, so dit is belangrik dat jy iemand kies wat jy mee gemaklik is. As jy opsoek is na ʼn grimeerkunstenaar en haarstilis vir jou troue, dan moet jy hierdie artikel lees om Petro en Refaire l’Art beter te leer ken.
Petro gee ook wenke in die artikel. Wenke soos waarna jy moet kyk as iemand wil huur vir jou trou grimering en hare as ook die nuutste tendense in die trou bedryf. Rol af om meer te lees van ons onderhoud met Refaire l’Art hieronder.
Vanwaar kom die naam, Refaire l’Art?
Ons naam het verander van Blush_Ed Art Beauty Studio na Refaire l’Art in 2019. Die industrie het so baie verander en ons maatskappy en styl het gegroei. Remake Artistry het by Petro opgekom maar sy wou dit uniek gemaak het – net soos hulle styl. Sy het Remake Artistry in Frans opgesoek om die vertaling te sien. Petro het dadelik verlief geword op die naam.
Verduidelik vir ons lesers hoe het die besigheid ontstaan het:
Petro het as “Tomboy” groot geword – in sekere gevalle sommer ook gespot gewees oor dat sy altyd kort hare en broeke gedra het. Hulle het baie rond getrek en met een van die ge-trekkery het hulle in Richardsbaai geland, waar sy nie werk gehad het nie. Sy het die program “How Do I Look” op DSTV begin kyk en daar het haar belangstelling in die grimering bedryf ontstaan. Petro het gegaan vir ʼn grimering kursus toe hulle in Lydenburg land. Maar net om die hele stel en grimering kwaste vir haarself te hê. Sy is toe gevra of sy sal kan help om ʼn matriek meisie wat nie die finansies het om iemand te betaal nie, se grimering te doen. Dit is waar alles begin het om dit professioneel te begin doen. Daar was geen omdraai van daar af nie en die passie het net gegroei.
Waar en wat was die padjie tot waar Refaire l’Art vandag is?
Die pad wat gestap is, was moeilik. Om naam te maak in die bedryf is harde werk, maar só bevredigend. Dis ʼn baie mededingende bedryf, maar uithou en aanhou het hulle gekry waar hulle vandag is. Partykeer moes hulle verniet hulle dienste aanbied net om ondervinding en bewusmaking te kry. Petro het baie gestileerde fotosessies saam met Lumè Reiter Fotografie begin doen. Só het sy baie nuwe besigheid ingekry. Lumè was ʼn rolmodel en ʼn mentor gewees! In 2019 het die fantastiese Bianca deel geword van die span en van daar af het hulle net gegroei. Bianca is ʼn groot aanwins tot Refaire l’Art, omdat sy ʼn baie fyn aanvoeling het vir grimering en grimering modes. Die dames wat onder haar kwaste deur gaan kom selfversekerd en tevrede ander kant uit.
As jy nie ʼn grimeer kunstenaar en haarstilis was nie, wat anders sou jy wou wees?
Dis ʼn baie moeilike vraag om te antwoord, omdat Petro eers laat in haar lewe uitgevind het grimering en skoonheid is haar passie. Wat sy wel kan sê is dat as sy Grey’s Anatomy vroeër in haar lewe begin kyk het – was sy sekerlik ʼn dokter.
Watter diens of dienste offer julle vir die publiek en bruide?
Ons bied wimper verlengings, naels, grimering en haarstilering dienste.
Van waar kom jou liefde vir grimering en hare?
Petro se eie hare en grimering is vir haar belangrik, omdat voorkoms vir haar belangrik is. Haar ma het altyd gesê dat dit maak nie saak hoe arm jy is nie – jy kan altyd skoon en netjies wees. Dit is vir Petro baie lekker om vrouens te “bemagtig” met hulle voorkoms keuses en dit wat jy met hare en grimering kan doen is oneindig baie. Dis asemrowend hoe dit nooit dieselfde is nie – en dit is waarvoor sy die liefste is – die opwindenheid van verskillende ”skoon doeke” om op te werk. Die mooi van elke vrou wat ons net verbeter!
Wat is die nuutste tendense wanneer dit kom by trou grimering en hare?
In ons opinie wil bruide nou méér natuurlik gaan as gewoonlik. Hoe minder, hoe beter. Wat hare aan betref is dit vir ons nooit dieselfde nie. Elke bruid verskil – meeste besluit op een of ander manier van ʼn ‘messy bun’, wat ek nie dink ooit uit die mode sal gaan nie.
Watter advies kan jy vir paartjies gee wat opsoek is na ʼn grimeer kunstenaar en haarstilis vir hul troue?
Soek ʼn paar voorbeelde van wat julle van hou. Moet nooit vergeet dat elke bruid se gesig en hare uniek is en anders is as die persoon op die foto sin. Dit nooit identies dieselfde gaan lyk nie. Jy as vrou is besonders gemaak en ons wil graag dit uitbeeld. Vertrou ook jou verskaffer met hulle ondervinding en professionaliteit dat hulle sal weet wat mooi sal lyk aan die bruid. Dit is vir ons as kunstenaars en stiliste baie terapeuties om ons kreatiwiteit uit te leef en ons waarborg beste resultate as ons voel ons word vertrou.
Artikel Krediet:
- Foto’s: Verskaf deur Refaire l’Art.
- Fotograwe: