Welkom by Anomi se Kombuistee wat tonne inspirasie sal bied vir jou eie kombuistee. Anomi se hoof strooimeisie het dié kombuistee gereël. ʼn Kombuistee is ʼn gesellige byeenkoms van die dames wat na jou troue toe genooi is. Dit is nie net ʼn lekker kuier nie, maar ook ʼn geleedheid waar die dames, of dit nou familie of vriende is, mekaar beter kan leer ken voor die troue.
Anomi se kombuistee dekor was pragtig gewees. Met ʼn neutrale aardse kleurpalet kan mens nooit verkeerd gaan nie. Dekor elemente het ingesluit pampas gras, moderne blompotte, ʼn tikseltjie groen en dan die breekware en eetgerei op die tafel.
By Mooi Troues kry ons gereeld vrae oor kombuistee idees. Hierdie artikel wat ons deel sal meeste van daardie vrae beantwoord. ʼn Kombuistee hoef nie uitspatting te wees om mooi te wees nie. Hou dit eenvoudig. Kies jou gunsteling restaurante, deli’s of wynplase uit. Maak kontak met die plekke en hoor of jy ʼn kombuistee daar mag hou. Jy sal moontlik ʼn groep bespreking moet maak.
Dit is belangrik om die plek te laat weet dat jy wel ʼn kombuistee gaan hou. Die rede hiervoor is, omdat jy bietjie meer spasie nodig het as net ʼn normale tafel. Onthou die gaste gaan opgewonde wees om mekaar te sien en moontlik ook spasie nodig hê om rond te beweeg en moontlik op te staan om mekaar te groet. Jy wil nie die hele plek oorvat, sonder dat jy weet dit is reg nie.
Wie word genooi? Dit is absoluut jou besluit. As jy al die dames wil nooi wat jou troue bywoon kan jy so doen. As dit in jou begroting is, hoekom dan nou nie. Jy kan ook slegs jou naaste vriende en familie se dames nooi.
Rol af en geniet die foto’s.
Inspirasie agter die dekor van die kombuistee?
My hoof strooimeisie, Martiné, het my kombuistee gereël. Ek het vir haar ʼn paar foto’s gestuur vanaf Pinterest. Ek is mal oor aardse kleure, pampas en moderne boheemse temas.
Gunsteling deel van die kombuistee:
My gunsteling deel was om te sien hoe my gaste wat mekaar skaars ken, lekker saam begin kuier en op die einde van die dag wegstap met nuwe vriendinne. Die opset was een lang tafel maar die dames het steeds oor en weer gekuier saam met mekaar, jonk en oud.
Kombuistee Tema:
Moderne boheems
Advies vir dames wat ʼn kombuistee beplan:
Maak seker jy weet wat die bruid in gedagte het vir haar spesiale dag en begin daarvolgens beplan. Vra haar om ʼn klein Pinterest bord op te stel. Stel ʼn begroting op en kyk of jy ʼn fotograaf kan reël. Ek as bruid het dit vreeslik geniet om terug te kyk na die spontane foto’s van my gaste en dekor. Maak seker die oggend is nie lank en uitgerek nie.
Addisionele Inligting:
Bruide, geniet dié bederf dag. Bêre jou selfoon en neem alles in.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Ingrid De Klerk Photography
- Fotosessie Venue + Spyseniering: Blos Café
- Blomme en dekor: Meisiekind