Vriendskap is ongetwyfeld van die belangrikste en mooiste vennootskap wat mens kan kry en dan om jou sielsgenoot in jou beste vriend te kry, dis ʼn droom! Só is Dirk en Jomé, sielsgenote wat beste vriende is. In dié artikel van Mooi Troues deel ons die verrassing verlowing fotosessie van Dirk en Jomé.
Die goue uur is daai oomblikke net voor die son weg sak en is die foto’s wat opgelewer word ook meer romanties. Dié paartjie verlowings fotosessie was só besonders en pragtig saam hul honde-kinders. Jomé was onder die indruk dat hul net ʼn gewone paartjie fotosessie sou hê. Dirk aan die ander kant het gedagtes van sy eie gehad, en haar sommer verras en tydens die fotosessie die groot vraag gevra.
Paartjies wat verloof en besig met hul trou reëlings is, moet asseblief gaan na Mooi Troues se aanlyn trougids vir trou diensverskaffers regoor Suid-Afrika
Rol nou af en geniet Dirk en Jomé se verrassing verlowing fotosessie gedurende die goue uur.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons het ontmoet by die skool waar ons gewerk het, Laerskool Tuinrand. Het mekaar glad nie geken nie. Ons het op geëindig om dieselfde sagtebal span af te rig en dis waar alles begin het. Van daar af het ons begin gesels en op een na die ander afspraak gegaan. Ons was presies 2 jaar en 1 maand in ʼn verhouding toe ons verloof geraak het.
Die groot vraag:
So ek, Jomé het ʼn fotosessie gereël met Mizelle oor ek ʼn paar fotos gesoek het. Dirk het skelm agter my rug met Mizelle gereël dat hy die groot vraag gaan vra en ek het vir hom te maklik ons fotograaf se naam en besonderhede gegee. Hulle twee het alles beplan en ek het van niks geweet nie. Ek het nooit gedink die dag gaan so vinnig kom nie. Ek wou bitter graag verloof raak maar hy het dit laat klink of dit nog jare voorentoe is. Die hele verlowing het presies uitgedraai soos ek dit wou hê of van gedroom het. ʼn Fotograaf moet daar wees en ek moet niks agterkom nie … ons het baie oor trou gepraat en wat ons gaan doen.
Hy het my pa gevra en hom gevra om niemand te se nie en ons goeie vriend Hendrik was saam op die fotosessie wat alles gehou het soos die verloofring en die bordjie. Hulle het almal soos ʼn span saam gewerk om die hele dag te laat afloop sonder probleme.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Jomé van Dirk:
Hy doen alles saam my – nuwe avonture, en goed wat die adrenalien laat pomp. Ondersteun my in al my idees met wat ek wil doen en gee my raad. En praat altyd met respek met my en van my en met soveel liefde. Hy wys sy onvoorwaardelike liefde vir my elke dag!
Dirk van Jomé:
Haar kook vernuf. Sy maak baie lekker kos. Sy is jonk van gees en avontuurlustig. Ons kan alles saam doen soos jag en visvang en valskermsweef ens. Ek kan haar om my pinkie draai (haha).
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Minimum 2 jaar. Ons sal eers in 2023 begin troue beplan.
Die verloofring:
Dit was ‘n totale verassing vir my. Dirk het op sy eie die verloofring gekies en raad gevra van ‘n paar vriendinne in watter rigting hy moet gaan. Ek lief die verloofring!
Visie vir droomtroue:
Ons het al gepraat om ‘n lekker troue te hê wat nie te formeel is nie en miskien op ‘n plaas waar Kovid ‘n mens nie kan affekteer en terug hou nie. Ons naaste familie en vriende gaan daar wees en dit gaan ‘n groot feesviering wees!
Rede vir die verlowing fotosessie:
Ek het fotos gesoek vir die huis wat mooi is en waar ons ordentlik lyk en met ons liefling honde. Die fotos het stunning uitgekom! Ek moes Dirk smeek om die fotosessie te doen en sy terme was hy sal dit doen as die honde saam gaan. Maar al die tyd beplan hy laat ek so iets moet reël sodat hy my kan vra op die mees spesiaalste manier moontlik!
KOVID 19 se uitwerking op jul trou reëlings:
Nog nie sover nie. Ons het nog nie beplan aan ons trou dag nie maar ons wil dit op ‘n plaas doen waar almal bymekaar kan kom sonder dat ‘n venue bv vir jou se hulle mag nie oor Kovid regulasies.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Ons gaan dit van hier af net geniet. Elke oomblik inneem en die verliefdheid weer geniet. Ons gaan geld spaar vir die groot dag en vir huis koop en al daardie dinge wat saam met dit kom. Ons vrese het ons eintlik nog nie eers aan gedink nie.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons wou vir die goue uur-voorkoms gegaan het. Ons het ‘n plek ook nodig gehad waar die honde toegelaat kan word. Dit sou eers by Northcliff in Johannesburg gewees het, maar ons het besluit om dit te skuif na Queenswood toe oor dit nader aan ons is.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Golden Lily Photography
- Grimering: Makeup and Modern Hair Artisary