Ons deel graag Zander en Johanli se oulike koffiewinkel verlowing fotosessie, definitief ʼn oulike idee vir jou verlowing fotosessie. Koffiewinkels is sulke warm plekke gevul met soveel energie en voel-goed oomblikke. Dit is een van die redes hoekom baie paartjie hou daarvan om hul verlowing fotosessie in koffie winkels te hou. Nie net oor die bogenoemde nie, maar mens voel ook bietjie meer op jou gemak.
Zander en Johanli verlowing fotosessie sou oorspronklik in die veld wees omdat hul albei hou van die natuur. Opsoek na hul trou venue het hul toe op die koffiewinkel afgekom en baie daarvan gehou. ʼn Baie oulike element is dat hulle hul trou kleure inbring het by verlowing fotosessie. So vorm dit ʼn tema.
Een van die redes vir hul verlowing fotosessie is om die foto’s te gebruik vir hul uitnodigings en trou webtuiste. Verlowing fotosessies is ook daar om paartjies te help om meer op hul gemak te wees op hul troudag. As jy meer wil lees en sien van Johanli en Zander se oulike koffiewinkel verlowing fotosessie rol af. Hulle het ook ʼn baie mooi liefdesreis gehad, so jy moet dit lees.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons was saam op Hoërskool, hoewel ons nooit regtig in dieselfde vriendekringe gekuier het nie. In ons Matriek jaar toe word ons opgedeel in dieselfde voog klas, waar ons stadig maar seker begin vriende word het. Ons word toe uitgenooi na ʼn gesamentlike vriend se 18de verjaarsdag partytjie later in die jaar. Hier het ons vir die eerste keer werklik saam gekuier en mekaar beter leer ken, selfs ons eerste keer saam gesokkie.
Dit het my dadelik aangetrek na hom, omdat ek mal is oor dans. Hy het ʼn week of twee later erken dat hy my graag wou soen daardie aand en het ons al hoe meer begin gesels. Ons het op ʼn paar afsprake gegaan en het ook mekaar se ouers ontmoet. Ons het ons eerste soen gehad die dag toe ons, ons laaste matriek vraestel geskryf het en daar was ‘butterflies’. Hy het my gevra om hom te vergesel op ʼn diepsee visvang naweek saam met sy familie en hier het hy my uitgevra. Dit was 3 April 2015. Ons het vir amper 6 jaar uitgegaan, voordat hy die groot vraag gevra het. Maar het wel van die begin van ons verhouding reeds begin praat oor ʼn toekoms saam.
Die groot vraag:
Die verlowing was nie heeltemal ʼn versing nie. Ons het begin ernstig praat oor trou en selfs begin ringe kyk. Hy het wel nie aan my duidelik gemaak wanneer hy die vraag sou ‘pop’ nie. Ons het tydens die streng COVID-19 inperking aan mekaar genoem ons wil graag in Desember op vakansie gaan om bietjie te ontspan na die uitputtende jaar.
My vriendin het getrou op 12 Desember in Bloemfontein en ons het hierdie as ʼn ideale geleentheid beskou om die dag na die troue deur te ry – Ons is mos nou klaar half pad. Zander se ouers hou ook elke tweede jaar in Kei Mond vakansie- waar ons as ʼn familie saamtrek vir Kersdag en Nuwejaar. Omdat ons gewoonlik saam sy familie hier feesvier wou ons graag betyds by hulle aansluit. Ons het gereis vanaf Mosselbaai, deur Knysna en PE tot in Kei Mond. Hier eers het ons die familie amptelik vertel en die ring aan hulle gewys.
So hoe het hy my gevra?
Die dag na my vriendin se troue het ons seewaarts geploeter. Hy het geweet ek soek nie mense om my as ek ooit gevra sou word nie. Ons ry deur die pragtige Outeniqua Pass voor George en klim uit om ʼn paar foto’s te neem. Hier loop hy min wetend kar toe om die ring te gaan haal. Tot sy spyt kom daar ʼn kar aangery en parkeer langs ons. Daar is nou mense, dus kan hy my nie nou vra nie is al waaraan hy kon dink. Met die gedagte steek hy maar die ring weg en wag vir ʼn volgende geleentheid.
Ons kom toe by Santos Express aan, ons verblyf vir die volgende week. Met dit vra hy die kelner om asseblief ʼn bottel sjampanje in ys te sit, want vanaand gaan hy vir my ʼn “Fire Poi show” op die strand hou om ons vakansie saam te vier. Die tyd stap aan en ons Pretorianers is nie gewoond aan die son wat eers na 8 sak nie, daar is sy beplanning weer in die wiele gery. Ons gaan eet toe eers uit by ʼn heerlike viskos restaurant en hy wag vir die son om te sak.
Dis tyd! Ons loop strand toe en hy steek die “fire poi’s” aan, doen so paar toertjies en toe hy die balle terug in die paraffien indruk bly hy op sy een knieg, haal die ringboksie uit en wil begin praat. As hy 3 woorde kon uitkry oor hoe spesiaal, belangrik en hoe lief hy my het was dit baie. Die JA woord was vir ʼn ‘tweede’ keer gesê en die ring het gepas!
Daarna het ons sjampanje “gepop”, ʼn traan of twee gepik, ons ouers gebel en die nuus gebreek.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Waarom Johanli vir Zander lief het:
Zander is van dag een af nog altyd spontaan. Hy is ʼn bok vir sport en bang vir niks. Hy hou van die buitelug en iets wat sy adrenalien opjaag. Ek self is nie so avontuurlustig nie, maar hou van die feit dat hy enige iets saam my sal aanpak. Hy is verder goedhartig en vriendelik, stel altyd ander bo homself en maak vinnig goeie vriende met die mense rondom ons. Dit staan vir my uit want hy kan maklik in enige situasie aanpas en kom goed oor die weg met my vriende en vriendinne- wat nog altyd vir my belangrik was. Hy is ʼn positiewe siel en sien altyd die silwer randjie in enige omstandigheid. Dit is vir my lekker, veral na ʼn lang en moeilike dag, wanneer my moed min raak.
Waarom Zander vir Johanli lief het:
Johanli se lag is aansteeklik, dit is die eerste eienskap wat my aangetrek het tot haar. Sy vind geluk en genot in enige situasie en dit maak dit net soveel makliker om versot op haar te wees. Met die aansteeklike lag kom daar ʼn beeldskone voorkoms ook na vore. Nie net aan die buite kant nie, maar van binne af ook. Ja dié “cliché” is gepas.
Ek is nogal ʼn avontuurlustige mens, Johanli is altyd gereed om enige avontuur saam my aan te durf. Hiervoor het ek groot waardering en dit laat die liefde net verder blom.
Johanli is iemand wat ons verhouding ongelooflik baie respekteer, sy sit dit altyd heel bo aan die lys as sy besluite maak. Dit het tot effek dat ons amper alles saam doen en dit geniet om in mekaar se daaglikse aktiwiteite te deel. Sy is ʼn opbouende mens wat haar alles sal gee om my beter te laat voel as ek ʼn af dag het, of as ek met iets nuuts wil begin. Positiewe kritiek word ook waardeer.
Die belangrikste eienskap wat ek waardeer van Johanli is dat sy dit maklik regkry om my op my gemak te laat voel. Sy respekteer my en laat my goed voel oor myself en ons verhouding. Sy het die vermoë om my hele houding oor die lewe te verander, in ʼn goeie manier natuurlik. Johanli kry dit reg om ʼn lewe sonder haar nie eers te kan begin indink nie. Dit is net SY. Hoe sy elke dag optree en haar lewe aanpak. Mens kan nie ʼn woord gebruik om dit te verduidelik nie, maar haar optrede verduidelik genoeg.
Die verloofring:
Ons het dit saam gekies. Toe Zander aan my noem hy wil begin kyk na trou ringe, was ek meer as verbaas. Dit was skielik en hy was nogal aanhoudend- min wetend hy wil die “Black Friday specials” vang 😉
Ek het ʼn paar maande voor dit ʼn Roos goud Lovisa ring by my vriendin gekry en dadelik gevoel die kleur komplimenteer my vel. Ek het toe begin kyk na die vorm van die steun en gevoel rond is te algeheel. Soos my vriendinne my ken, moet ek altyd anders wees. Ek het gekyk na beide die kussing en ovaalvorm en nadat ek ʼn paar ringe aangepas het, het ek geweet ek hou van ovaal- seker omdat my vingers lank en slank is soos ek. Heel toevalling die eerste ring wat ons aangepas het, was op die ou end my gunsteling en ook die ring wat Zander toe gaan koop het- reeds met sy pand aangesmelt. Ons vorm sommer ons eie tradisie.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Ons het van die begin af geweet ons wil ʼn trou webwerf stig as die amptelike uitnodiging na ons troue en het foto’s nodig gehad wat ons kleur skema en liefde vir mekaar kon vasvang. Ook wou ons graag gemaklik raak met die fotograaf en was gelukkig dat die velowing sessie in ons gekose trou pakket ingesluit was. Die foto’s het baie mooi uitgekom en sal ons dit ook beslis in ons huis ophang.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Oorspronklik wou ons ʼn fotosessie in die veld doen, omrede Zander nog altyd lief was vir die natuur en sy veldskoene. Ons het later gedink dit sal beter wees om ons trou tema deur te trek en het daarom op iets meer elegant en simplisties besluit. Ons het tydens ons soektog na ʼn trou venue op Moonshot Café afgekom en reeds baie van die plek gehou. Toe ons op ʼn lokaal moes besluit vir die foto’s het Moonshot Café weer opgekom en ons het dit vir die eerste keer gaan besoek en was mal daaroor.
Rakende die kleur van my verlowing sessie rok, wou ons graag ons hoofsaaklike trou kleur inbring. Ons trou in die herfs seisoen en het daarom besluit op die ‘trending’ roes of terracotta. Die foto’s komplimenteer dus ons trou uitnodiging goed.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Atlas Archive Photo and Film
- Fotosessie Venue: Moonshot Cafe
- Verloofring: Deonne le Roux
- Grimering + Hare: EVE Hair & Makeup