Henco en Lurinda se winters plaastroue gee daardie warm gevoel van liefde, geselligheid en laat jou sommer welkom voel. Plaastroues is baie populêr onder Mooi Troues se lesers omdat dit altyd ʼn gemaklike en lekker atmosfeer is. Dié paartjie het in Bloemfontein getrou en ons lesers kan asseblief hier klik om na Vrystaat troues voorheen op Mooi Troues gepubliseer te gaan kyk.
Dié paartjie het ʼn winter tema troue gehad en het Lurinda ʼn baie mooi vloeiende trourok aangeheg met lang moue. Dit is belangrik om jou trourok ook te beplan om die seisoen waarin jy gaan trou.
Die troudekor elemente is ʼn kontras van die landskappe wat die plaas omring. ʼn Sagte kleurpalet het uitgestaan en ʼn moderne elemente aan die troue se dekor gegee. Ons hou van die idee dat die blom ontwerpe laer gehou was in die middel van die tafel. So kan gaste gesellig met mekaar gesels sonder om verby ʼn groot blompot te probeer praat met die persoon aan die ander kant van die tafel. Die gebruik van vars blomme en hier-en-daar ʼn bietjie uitgedroogde elemente trek die kontras van die landskappe in by die dekor van die onthaal lokaal.
Wat is ʼn plaastroue dan nou sonder ʼn paar skapies in die agtergrond. Dit is altyd só wonderlik om die plaaslewe te inkorporeer in die fotosessie. Henco en Lurinda het dit perfek gedoen. Die sagte middag son wat in die agtergrond is en oor die skapies se wollerige lyfies in die agtergrond skyn maak die foto een wat jy vir altyd sal wil kyk na.
Besig om jul eie plaastroue te beplan? Besoek asseblief Mooi Troues se aanlyn trougids vir professionele trou diensverskaffers. Vir meer oor Henco en Lurinda se Winters Plaastroue, rol af.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het ʼn by ʼn gemengde netbal aksie aand ontmoet, was daardie aand netbal spanmaats – en nou lewens spanmaats! Ons het vir omtrent 14 maande ʼn langafstand verhouding gehad, eers só ver soos Dubai en Durban, en toe Johannesburg en Durban. Ek het elke naweek in Durban kom kuier (wanneer ek kon) …
Valentynsdag moes ons toe oor een van hierdie naweke vier en ek was toe gesê om mooi aan te trek vir ʼn strand sonsopkoms en ontbyt saam vriende. (hy’t geweet ek gaan nie 6uur die oggend grimeer vir die strand nie- so moes die pap dik aanmaak) na ʼn kort strand stappie het hy op sy knieg gesak by Umhlanga se strand en my die ja-woord gevra. Hy’t ook ʼn fotograaf gehuur om die oomblik vas te vang!
Die Verlowing Tydperk:
4 Maande verloof (Februarie tot Junie) ons het geen trou beplanner gehad nie. Ek is ʼn baie gemaklike persoon en dis lekker om te sien hoe almal wil handjie by sit om die dag te reël. ʼn Mengel moes van alles wat mooi vir my gelyk het bymekaar gegooi en dit so laat gebeur.
Trou Begroting:
Om-en-by R120 000 vir ALLES en 100 gaste. Ja, ons het daarby gehou (ek dink ons het self oorgehad). Dankbaar dat daar geldjies aan ons gegee was deur beide ouers, het ons begroting opgestel. Wat vir ons gewerk het is om op ʼn area te besluit waar om te trou bv. Bloemfontein en dan al die kwotasies van daardie area te kry en te vergelyk, wat ook gehelp het is om al die verskaffers bv. blomme en dekor ons begroting te gee- en dan vir hulle vra of hulle in die begroting sal kan inpas. Dis wonderlik om te sien, hoe enige verskaffer mens wil akkommodeer.
Waar mens kan sny is bv. by onnodige drukwerk, dankie geskenke vir die gaste (wat meeste van die tyd agterbly op die tafels) en enige iets wat onnodig vir JULLE as paartjie is, dis julle troue- maak dit soos julle dit wil hê!
Merkwaardigste Oomblikke:
Lurinda
Die kerk. Ons gelofte voor almal vir wie ons lief is en om ingehaak by my spanmaat te staan- reg om die lewe saam God aan te pak.
Die dans makietie saam al die gaste (jonk en oud) na die tyd is ook iets wat my altyd sal bybly.
Henco
Toe Lurinda by die padjie afstap saam my skoonpa. En ek besef- dis die vrou wie die Here vir my gee en hier kom sy! Hier begin ons amptelike storie.
Die Besluitnemingsproses:
My skoonsussie, Ané, het ook baie gehelp met venue soek, en baie raad gegee oor hoe en waar. Omdat sy in Bloemfontein bly (en ek toe in Johannesburg was) het sy dinge baie makliker vir my gemaak. Baie dankbaar dit was ook nie duisende opinies nie, dan maak mens baie makliker ʼn besluit, en as jou aanstaande tevrede is met enigiets en alles maak dit dinge makliker.
Paartjie se styl:
Trourok:
My trourok het so stuk-stuk bymekaar gekom, mens dink altyd jy weet wat jy soek tot mens aanpas. Ek hou my lewe deur met klassiek en eenvoudig, en wou dit ook met my trourok hê. Was bly oor ʼn winter troue want dan kan ek lang moue dra! ʼn Klassieke wit styfpassende trourok was my aanvanklike idee- en het ook dit gehad, maar het ook toe ʼn rok aangepas met ʼn “feetjie” romp oor. Ek het toe dadelik van dit gehou. Die kombinasie van groot prinses gevoel en toe die gemaklike lig gevoel by die onthaal vir dans! My skoene het ek by Aldo gekoop en het ingepas in die winter tema en was vreeslik gemaklik vir die aand (dit was ononderhandelbaar vir my) en my enigste juweel – my pêrel oorbelle was my ma sin! My trouring is ook baie eenvoudig, ʼn solitaire met ʼn diamante op die band. klassiek!
Troupak:
Henco was nie voor enige voorkeure oor sy klere nie, slegs dat sy trouring ʼn goue ring moet wees (old school). Mans in blou pakke lyk altyd vir my mooi, en ons het toe sommer vinnig iets mooi en gemaklik (wat so perfek in ons begroting ingepas het) by Woolworths gekry.
Gunsteling Diensverskaffers:
Almal in die Vrystaat is so vriendelik en behulpsaam. Anja, ons fotograaf is ʼn regte vasvatter! Sy het definitief die dag opgekikker, grappies gemaak, saam my gelag, alles uitsorteer en was baie op tyd. Die gotograaf het ook vir ons gewys hoe om te poseer en dit help as mens bietjie ongemaklik is voor die lens. Sy is een van my vriendinne, maar ek dink al ken jy haar nie voor die tyd nie sal sy soos een van mens se jare-oue vriendinne voel op die dag. En haar fotos spreek natuurlik vir hulself!
KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:
Ja, ons troudatum was ʼn week na die 9uur aandklok reël ingestel is. Ons het aangepas om alles net vroeër te begin en dan vroeër klaar te wees. Ons het geen ander datum gehad nie, en wou getroud wees. Darem was die trouvenue ook baie akkommoderend en het help planne maak.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Lurinda
Geniet dit! Dis julle dag, beplan dit soos julle dit wil hê. As jy ʼn “over the top mens” is – gaan holderstebolder “over the top”, en as jy ʼn eenvoudige mens is, wees eenvoudig. Almal by jou troue is lief vir julle, so moenie omgee oor ander se opinie nie – die belangrikste is dat julle blerrie getroud word en die lewe saam aanpak. So chill, moenie goed oordink nie, vra vir raad en geniet elke oomblik!
Henco
Lees jou vrou, jy ken haar mos. As sy jou insette wil hê gee dit. Help waar jy kan, en doen die opdragte wat aan jou gegee word vinnig en stiptelik. Herinner haar om dit te geniet en te ontspan.
Venue & Dekor:
Monte Bello Estate in Bloemfontein gee vir mens ʼn Kaaps-Hollandse gevoel met die wit geboue omring deur Bloemfontein se Vrystaat vlaktes en natuurskoon. Die koördineerders was dadelik vriendelik en meer as bereid om met alles te help en te doen- so die besluit was maklik. Dit het perfek in ons eenvoudige-klassiek tema ingepas.
Ek is ʼn baie maklik en eenvoudige persoon, en het nooit regtig geweet wat en hoe ek my troue wil laat lyk nie, ʼn mengsel van paar mense se idees is bymekaar gegooi en binne die begroting verkry ʼn eenvoudige klassieke dekor en blomme styl. Ons het gebruik wat in seisoen was, ʼn mengsel van wit proteas, tulpe, groenigheid en wit rose hier en daar pampas het ons ook gebruik waar ons kon. Ek wou nooit my dekor en blomme “over the top” hê nie, want dit is nie hoe ek in persoon is nie- en dit was nie vir my die belangrikste ding oor hoe dit vir almal lyk nie. Ek en Henco het daarvan gehou en dit was al wat saak maak.
Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:
Ja, haha! Toe ons terug verwelkom is in die saal as Mnr. en Mev. Venter was die idee om die donuts te sny in die middel van die dans vloer (ons het nie ʼn troukoek gehad nie, bloot uit persoonlike keuse) toe ons een van donuts wou sny toe tuimel die donut-staander inmekaar! Ons het so lekker gelag. Sou dit nie wil verander nie – niks in die lewe is ooit perfek nie. Dit gebeur, lag en gaan aan!
Eerste Dans:
Ons het al een uur die middag getrou. Só toe ons eerste dans aanbreek toe was dit nog daglig buite. Ons het baie gesukkel om op ʼn liedjie keuse te besluit, maar Theuns Jordaan se “By jou” was altyd vir ons ʼn lekker liedjie om op te dans en die woorde is pragtig. Ons het nie vir lesse gegaan nie, maar het sommer net lekker gesokkie – my man kan baie lekker dans!
Wittebrood:
Ons kon nie dadelik op wittebrood gaan nie weens ander verpligtinge, maar ons het onlangs by Sodwana gaan duik. Ons is avontuurlustig en wou dit nog altyd doen. Soek iets waarvan julle beide hou, en doen dit. Goedkoop of duur maak nie saak nie – dit gaan oor om jou nuwe huwelik te vier!
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Anja Aucamp Photography
- Venue + Paartjie se verblyf: Monte Bello Estate
- Blomme + Dekor: Flower it
- Bruidegom-pak: Woolworths
- Grimering + Hare: Ronel le Roux
- Huwelik kontrak: Hill Mchardy & Herbst Attorneys, Notaries, Conveyancers
- Huweliksbevestiger: Dr. André Oosthuizen
- Juweliersware: My my se Pêrel oorbelle (selfgemaak)
- Musiek: Star Sound Productions in Bloemfontein
- Strooijonkers bykomstighede + Strooimeisie-rokke: Tannie tiekie van Bethlehem
- Skoene: Aldo
- Trourok: Dienie fourie van Lollie-b clothing
- Trouring: John Adams
- Videograaf: Mudboots Photography
- Wittebrood plek: Coral Divers Sodwana Bay