PG & Annieka se Pragtige Troue in die Overberg
deurPG en Annieka se pragtige troue in die Overberg tussen Baardskeerdersbos en…
Murasie, wenner van die 2021 “KFM Best of the Cape awards” vir die beste trou venue in die Wes-Kaap, is ʼn stylvolle plattelandse trou venue, geleë op ʼn plaas tussen Baardskeerdersbos en Gansbaai.
Die venue word omring deur pragtige ou klip murasies wat dateer uit die vorige eeu, der halwe is die venue gedoop “Murasie”. Die trou venue kyk uit oor ʼn groot dam met pragtige groen grasperke, tuine en fynbos. ʼn Ou Eikeboom wat in ʼn amfiteater omskep is, dien as seremonie area.
Murasie is die ideale venue vir naweek troues uitgerus met ʼn kampterrein, braai lapa en verskeie ander akkommodasie opsies (loer gerus op hulle webtuiste) vir gaste om te oornag en lekker saam te kuier.
Kontak Murasie vir jou droom moderne plattelandse troue, jy sal nie spyt wees nie!
PG en Annieka se pragtige troue in die Overberg tussen Baardskeerdersbos en…
Geen resensies op die oomblik nie.