Neel het vir Benita in Knysna in Noetzie gevra om te trou. Die paartjie se sprokies verhaal het begin tussen die natuurlike klip kastele. Hulle troudag was klassiek en baie stylvol. Die dekor was eenvoudig, maar baie elegant. Dit was vir Neel en Benita wonderlik om die dag saam met familie en vriende van regoor die land en wêreld te geniet. Dit, tesame met hul beloftes aan mekaar, het die dag absoluut onvergeetlik vir hulle gemaak.
Benita se raad vir bruide is om te probeer om meeste van die reëlings twee weke vóór die troue af te handel. Dit sal julle toelaat om die laaste bietjie uitsien en opgewondenheid ten volle kan geniet.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons was vir ‘n wegbreeknaweek Knysna toe en het op die pragtige Thesen Island gebly vir die naweek. Dit was Neel se voorstel dat ons die Saterdagoggend uitry Noetzie toe om na die natuurlike klip kastele te gaan kyk. Dit het reeds liggies begin reën toe ons daar aankom maar Neel het aangedring dat ons steeds die 100 of wat trappe afstap na die strand toe. As gevolg van die reën was ons die enigste mense op die klein strandjie en ons het skaars ‘n paar treë geloop toe Neel op sy knie gaan en my vra om met hom te trou.
Wat het julle trou dag ekstra spesiaal gemaak?
Dit was wonderlik om die dag saam met familie en vriende van regoor die land en wêreld te geniet wat almal gedeel het in ons vreugde. Dit, tesame met ons beloftes aan mekaar, het die dag absoluut onvergeetlik vir ons gemaak.
Raad vir ander paartjies:
Doen die nodige beplanning vroegtydig en probeer om meeste reëlings twee weke voor die troue af te handel sodat julle die laaste bietjie uitsien en opgewondenheid ten volle kan geniet. Ons wou graag in die winter getrou het omdat die natuurskoon in die Kaap gedurende die winter so uniek en besonders is. Dit was vir ons daarom belangrik om ‘n goeie fotograaf te kies wat in enige weersomstandighede steeds mooi oomblikke sal kan vasvang. Dit is nie die moeite werd om onnodig baie te stres oor die reëlings nie – hou dit eenvoudig en geniet liewer die opwinding vir jul lewe saam wat voorlê.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Charl Smith van Agapé Studio. Photo & Video Productions
- Trourok: Ilse Roux Bridal Wear
- Venue en Spyseniering: Nooitgedacht Estate
- Grimering en Hare: Iza Cloete – Hair & Makeup Artist
- Blomme: Tanya van Studio Bloem
- Beligting: Baie Goeters