Ons gesels met Love Beloved

In dié onderhoud-styl inskrywing gesels ons met Coreen Crous, stigter en eienaar van Love Beloved – gebaseer in Gauteng.  Love Beloved is professionele trou bloemiste, -dekor stiliste en verhuur ook troudekor items aan paartjies.  Met ʼn BCom (Regte) graad agter die naam, vertel Coreen dat sy ʼn praktiserende prokureur sou wees as sy nie gedoen het wat sy nou doen nie.

Love Beloved doen meestal troues en korporatiewe funksies en hier-en-daar verjaarsdae, ooievaarstee en kombuistee’s.   Met die hulp van Love Beloved is jou pad na die kansel, asemloos.  Jy kan sien dat hulle ʼn groot liefde het vir wat hul doen.

Rol af om meer te lees oor ons onderhoud met Love Beloved.

Storie agter die naam Love Beloved:


Ons moes vir ‘n projek ‘n besigheid naam uitdink en op daardie stadium het ek nog au pair, en die dogtertjie (toe graad 1) het lank gedink en later die dag gekom en sê sy hou van Love and  Beloved, ons het die “and” weg gevat en besluit om dit te gebruik. Van daar af het dit maar net gebly.

Storie agter die naam Love Beloved:


Ek het BCom Regte geswot by die Universiteit van Pretoria, en in my finale jaar moes ek besluit of ek my LLB wou by studeer, of eerder verder in ʼn BCom rigting wou gaan.

Na ek my graad gekry het, het ek besluit om ʼn “Af” jaar te vat en teen einde Januarie het my ma gesê ek moet iets doen.  Ek mag nie by die huis bly die heel jaar nie.

Ek het so bietjie rond gesoek en SA School of Weddings gekry en besluit om dit te doen vir ʼn jaar (want almal het al The Wedding Planner gekyk en hoe glansryk is dit nie …?) Ek’t by ʼn paar plekke gewerk vir ure, maar by Jeanel op geëindig, daai tyd nog “Pebble & Lace”.

Na lang ure en min slaap, het sy my alles geleer wat ek vandag weet van blomme, en Alet op daardie stadium ons Juffrou by SA School of Weddings die res.  Jeanel het my uitgeskop na ‘n jaar en gesê ek moet my eie ding doen -Ek kan nie verewig vir haar werk nie.  Ons het ‘n hele jaar lank nie met mekaar gepraat nie, maar dankie vir haar is Love Beloved ʼn realiteit.

Love Beloved se dienste:


Ons doen meestal blomme en dekor, maar het ook van die jaar af weer ons trou beplanning afdeling oopgemaak.

Blom Soorte waarmee jul werk:


Alle blom soorte.  Meestal ʼn meer verskillende blomme hoe meer tekstuur … As iemand vra vir my gunsteling blom begin dit altyd by een, maar dan raak die lys al hoe langer want ek kan net nie besluit nie.

Vanwaar die liefde vir blomme?


Jeanel – Sy het nou Lace on Timber, Hello Timber en nogsteeds Pebble & Lace.   Sy was en is nogsteeds my inspirasie.

Vanwaar kom jul Love Beloved se blomme?


Ons koop by die mark, so meestal plaaslik.  Dan is daar ook ʼn paar winkels wat invoer waar ons koop.   Na ʼn paar jaar in die industrie het ek ook so paar plaaslike boere naby.

2022 Blomme Tendense:


Gedroogde- of gebleikte blomme en dan ook baie helder blomme.

Advies vir paartjies wat opsoek is na ʼn Bloemis:


Betaal eerder ʼn paar Rand meer vir blomme en weet wie jy gebruik en wat jy gaan kry op die dag van jou troue.  Ek weet begroting is altyd ʼn probleem maar somtyds is “minder is meer”.  Blom pryse het aansienlik verhoog, net soos alles die laaste ruk.  En dan vir meeste bloemiste bly dit ‘n besigheid nie ʼn stokperdjie nie.

Kontak Love Beloved:


Besoek Love Beloved se profiel op Mooi Troues.  Jy kan hulle ook volg op Instagram en Facebook.

Artikel Krediet:

  • Foto’s verskaf deur Love Beloved.