Fanie en Mariska het verloof geraak in Amsterdam in die romantiese Vonderpark. Die paartjie het fietse gehuur en die natuur, kanale en mense bewonder, toe Fanie vir Mariska vra om sy vrou te word.
Hulle kon nie vir ‘n meer spesiale dag gevra het nie. Die troue het plaasgevind in Mariska se tuisdorpie, Paarl, en die dag was gevul met liefde, vrolikheid en plesier.
Die pragtige bruid het haar dag beskryf as romanties, klassiek, luuks, gees, internasionaal en dan natuurlik onvergeetlik.
Die dekor was elegant en stylvol, nes die paartjie. Mariska se raad vir bruide is om alles in te neem, die kos te geniet en die aand om te dans.
Dit was ‘n asemrowende geleentheid en die paartjie het hul gate uit geniet saam met die wonderlikste gaste.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het Europa gaan toer en drie lande gaan sien. Dit was Dublin, Amsterdam en Rome. Na ons uitstapje in Dublin is ons na die ongelooflike pragtige Amsterdam. 7 Augustus 2013 het ons fietse gehuur en net die mooi natuur, kanale en mense bewonder. Ons is toe na ‘n groot park toe, Vonderpark en daar op n bruggie het hy op sy knie gegaan en die vraag gevra, dit het ook begin reën, meer perfek kon dit nie wees nie. Natuurlik het ek ‘ja’ gesê.
Raad vir ander paartjies:
Ontspan, geniet dit, dit gaan hopeloos te vinnig verby. Neem dit in, eet die kos en dans die aand om!
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Adele Joubert
- Venue: Ashanti Estate, Paarl
- Blomme en Dekor: Nico Laubscher
- Videograaf: Desert Rose Productions
- Grimering: Marize Louw MakeUp
- Hare: Corle Barnard
- Akkommodasie: Cascade Country Manor Paarl
- Klank en Beligting: Brendan Kinsey- Music2TheMax Sound & DJ Solutions
- Troukoek: Edible Art Cakes |
- Trou Rok: Elizabeth Stockenstrom
- Vermaak: Skets kunstenaar: Martinus van Tee