Coenie & Juliaan se Vrolike Troue in Mpumalanga
deurOns is sommer baie opgewonde om Coenie en Juliaan se vrolike troue…
Mount High Country Estate spog met prentjie mooi uitsigte van berge en riviere. Die plaas is geleë hoog op die berg in die Mount Anderson natuurreservaat net buite Lydenburg.
Die trou venue is ideaal vir klein tot medium troues – maksimum 80 mense. Mount High se kos is uit die boonste rakke, voorberei deur ons Sjef. Die borde en glase is deel van die Sjefs and Somaliërs reeks. Ekstra groot tafels van Amathuli bied genoeg spasie vir ʼn gemaklike aansit. Die oop dakkappe maak dit moontlik om ekstra kandelare, liggies en blomme van bo die tafels te hang. ʼn Reuse kaggel in die venue dra by tot die perfekte atmosfeer.
Die Arabiese perde dra by tot die perfekte agtergrond vir foto’s. Die Villa bied luukse akkommodasie vir 26 gaste. Daar is genoeg ekstra slaapplek vir gaste binne 5km radius. Mount High se troukoördineerder sal help om jou spesiale dag glad te laat verloop.
Ons is sommer baie opgewonde om Coenie en Juliaan se vrolike troue…
Geen resensies op die oomblik nie.