Verlowings fotosessie – is dit die moeite werd?

Het jy onlangs verloof geraak?  Bewonder jy die idee van ‘n verlowings fotosessie?  Sukkel julle om te besluit of dit die moeite werd sal wees om so fotosessie te reël?  Indien hierdie vrae met ons lesers resoneer, is hierdie advies artikel die perfekte hulpbron om jul te help om tot op ʼn besluit te kom.

Al hoe meer paartjies kies om ʼn verlowings fotosessie te beplan.  Dit is die perfekte geleentheid om hul fotograaf te leer ken!  ʼn Fotograaf sal ook graag jul beter wil leer ken voor jul groot dag, dit kan ons amper belowe.  Daardeur kan paartjies hulself ook voor berei vir al die aandag wat op hulle sal wees op die troudag.  Verder is dit ook ʼn goeie manier om hulself gewoond te maak aan voor die kamera wees.

Vir baie bruidspaartjies klink die term ‘verlowings fotosessie’ nie noodwendig aanloklik nie, want dit klink meer soos ʼn onpersoonlike gestilleerde fotosessie waar hulle gesê gaan word oor hoe om “verlief en verloof” te lyk in plaas daarvan dat dit ʼn natuurlike ongeposeerde styl fotosessie sal wees.  Daar is wel ʼn groot verskil tussen ʼn gestileerde fotosessies en verlowings fotosessies. Indien ons lesers graag meer oor die twee tipe fotosessie wil sien, gaan gerus na Mooi Troues se webtuiste toe. Daar sal ons lesers tonne voorbeelde van albei kan vind, om die verskil beter te kan sien.

Tot ʼn sekere mate is dit waar, paartjies en fotograwe vergader voor die tyd met die doel om portrette te neem so dit is nie ʼn natuurlike gebeurtenis nie, maar dit beteken nie dat daar nie openhartige foto’s kan geneem tydens ʼn verlowings fotosessie nie.  Verlowing foto’s moet voel asof jy saam met ʼn vriend gaan stap wat toevallig ʼn kamera saamgebring het.

lora photography

Verlowings fotosessie kan vol pret wees!


Bruidspaartjies sal vind dat verlowing fotosessies nie noodwendig so ongemaklik, styf en onnatuurlik sal wees soos wat hulle dalk mag verwag nie.  Al mag dit in die begin effens ongemak veroorsaak omdat jul nie gewoond aan “PDA” voor ʼn kamera en vreemdeling is nie, sal dit terselfdertyd soveel pret wees.  Die senuwees sal net in die begin daar wees en soos wat die dag verloop, sal jul gemakliker raak en tot avontuurlustig met idees van hoe om te staan en wat om te doen.

Is ʼn verlowings fotosessie regtig iets wat julle wil doen?  Of nie?

Hieronder kan paartjies meer lees oor hoekom ʼn verlowings fotosessie die moeite werd sal wees.  Mooi Troues se lesers sal dan self die besluit kan maak.  Om meer hulpbronne te vind, indien lesers wel besluit hulle sal graag ʼn verlowings fotosessie wil beplan, klik hier vir Mooi Troues se trougids. Daar sal lesers betroubare fotograwe kan vind, wat jul beslis gemaklik sal laat voel voor die kamera!

ʼn Verlowings fotosessie is die perfekte oefenloop vir jou groot dag!

Die groot dag is dus ʼn entjie weg, maar jy het nog soveel dinge om oor te dink en te organiseer!  Wel, jy het ten minste die fotograaf bespreek teen die tyd, of so hoop ons … Indien wel, is dit een minder ding om oor te bekommer.  Hy of sy sal op die dag opdaag en alles sal glad verloop, plus die meeste professionele trou fotograwe weet hoe om die beste foto’s vas te vang – maar sal jy gereed wees?

Dalk is jy foto-mal …

Wel, jy het fotos van jouself of julle as ʼn paartjie al voorheen laat neem, reg?  Jy kan selfs ʼn versameling foto’s by die huis hê waar jy presies lyk soos jy wil lyk, want jy is die soort persoon wat presies weet hoe om van hul beste kant af te wys, hoe om te poseer en hoe om jou ander helfte te laat ontspan en poseer as hulle onseker is.  Dalk is jy baie aktief op Facebook en Instagram en deel graag mooi geposeerde fotos daagliks …

… Of dalk nie?

Miskien is jy meer ongemaklik met die idee van foto’s.  Daardie vals glimlag en ongemaklike kyk kom sonder dat jy eers weet uit wanneer ʼn kamera op hulle gerig word.  Daar is amper beslis ʼn duisend foonfoto’s van jou en net so vyf waarvan jy hou!  Dalk omdat jy nie geweet het daar word nou foto’s geneem nie … Of die lig op daardie stadium was “nie goed nie”.

kaapsehoop engagement Mpumalanga

Goeie oomblikke maak goeie foto’s, maar dit gaan oor vele meer!


Professionele fotografie en fotosessies gaan nie oor ʼn gelukkige oomblik of goeie lig nie.  Alhoewel dit tot ʼn sekere mate ook in ag geneem moet word.  Dit is wel nie vir jou om oor te bekommer nie.  ʼn Professionele fotograaf sal dit kan vas vang.  Die groter prentjie gaan oor voorbereiding, vaardigheid en ʼn ontspanne verhouding tussen die paartjie en die fotograaf.

Die perfekte geleentheid vir om herinneringe te maak.

Dit is eintlik ʼn baie belangrike rede vir ʼn verlowings fotosessie … Die kans is goed dat jy nie te veel geleenthede saam met jou ander helfte kry om voor die kamera te poseer nie, so hierdie is jou geleentheid!  Almal het ʼn goeie kant en ʼn verlowings fotosessie help om die beste kant van jou te vind, as ook om jou te laat glimlag en belangrikste, om jou te laat goed voel.

Dit gaan als oor julle!

Die troudag is julle dag, maar dit voel ook soos ʼn lang dag waar jul as paartjie moet rondhardloop om ʼn goeie tyd saam met jul gaste te hê.  Daar is soveel aan die gang.  Soveel mense soek jou aandag.  Toesprake moet gedoen word.  Koek moet gesny en so gaan die lys aan…

Verlowing fotosessies is ʼn geleentheid om as ʼn paartjie te “bond”.

Daar is min kans dat jy meer as ʼn halfuur alleen saam met jou ander helfte gaan spandeer, en daardie halfuur sal opgeneem word deur portretfoto’s saam met jul gekose fotograaf.  En glo ons – ʼn halfuur is nie lank nie.  ʼn Verlowings fotosessie is ʼn kans om tyd net vir julle twee te maak en om ʼn paar pragtige foto’s uit die “deal” uit te kry!  Dit is ook ʼn geleentheid om ʼn tydjie te kry om werklik die spesiale band wat julle twee het te vier.  Julle kan ʼn bestemming kies wat dalk selfs vir julle ʼn betekenis het.  Het julle dalk op ʼn sekere strand verloof geraak?

ʼn Ware span poging vir die beste foto’s aan die ou einde.

Paartjies kan saam met hul fotograaf ʼn plan maak om die beste tyd, bestemming en weer te kies, vir die perfekte fotosessie.  Hierdie is al die goed wat jy nie regtig op ʼn troudag sal kan beplan nie.  Hierna sal julle ʼn paar pragtige foto’s hê van net julle twee.  Julle sal die foto’s vir altyd kan hou en ook as ‘Onthou-die-datum’ kaartjies kan uitstuur as julle sou wou.  Julle kan natuurlik ook die foto’s gebruik om julle huis se mure te versier!  Dis ʼn wen-wen situasie as jul vir ons vra!

skilderagtige verlowing plek Mpumalanga

ʼn Kans vir jul fotograaf om jul te leer ken.


ʼn Goeie manier om vir die groot dag voor te berei en jul te leer ken, is om ʼn bietjie tyd saam met jul fotograaf deur te bring.  Verlowings fotosessie is die perfekte manier vir jou fotograaf om met lig en “angles” te eksperimenteer. So sal hul nie net uit te vind wat jou beste kant is nie … Maar ook wat julle as paartjie spesiaal maak, wat jul laat lag en hoe om jul persoonlikhede perfekte te weerspieël.

lora photography

Ter afsluiting, verlowing fotosessies is beslis die moeite werd.


Daar is baie voordele vir paartjies wat staan op trou.  Ons weet hoe baie druk paartjies ervaar gedurende die beplanningsproses, as ook op hul troudag en vir daardie rede voel ons dat ʼn prettige geleentheid soos ʼn verlowings fotosessie paartjies net kan goed doen!  Maak die beste van die oomblik saam en geniet die “alleen tyd” voor dinge te besig raak.

skilderagtige plek Mpumalanga

Artikel Krediet

  • Geskryf deur: Taynité Gonsalves
  • Fotografie:  Lora Photography
  • Foto’s is slegs vir illustrasie en het nie enige verbintenis met die artikel nie.