Eugene & Johesta se intieme strandtroue

Eugene en Johesta het ontmoet terwyl hul fietsry en daarna is die res geskiedenis, die liefde het vinnig gegroei.  Dié pragtige bruidspaar was ongeveer 4 maande verloof en het albei geweet hulle wil ʼn strandtroue hê.  Dié intieme strandtroue van Eugene en Johesta vang dadelik ʼn mens se oog en om dié rede is ons hier by Mooi Troues vreeslik opgewonde om met ons lesers hierdie paartjie se trou storie met ons lesers te kan deel.

ʼn Bruilofsfees is ʼn avontuur van die liefde wat met vriende en familie gedeel moet word.  Eugene en Johesta wou al die mense na aan hul harte by hul naweek troue gehad het.  Dus het net 35 gaste bygewoon.  Dié emosionele, intieme naweek van Eugene en Johesta het op almal se hart snare gespeel, dit was juis dié eerste keer wat Johesta vir Eugene sien ʼn traan pik.

Die intieme troue se trou dekor werk só mooi saam met die omgewing waarin dit gehou was.  Dié bruidspaar het gegaan vir ʼn meer simplistiese benadering met hul dekor, minder-is-meer.  Hul trou dekor speel met skakering van wit, roomkleur, pienk en spatsels van blou wat só mooi gekomplimenteer word deur die kleur van die oseaan en die see sand.

Vir meer trou inspirasie soos dié, gaan besoek gerus ons trougids met vele meer professionele diensverskaffers.  Ons glo al Mooi Troues se lesers sal verlief raak op dié intieme naweek strandtroue van Eugene en Johesta.

Rol nou af en geniet nou meer van Eugene en Johesta se intieme strandtroue.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het ontmoet deur fietsry en een baie lang koffie afspraak.  Die res is geskiedenis.

Ons het gereis na Thonga beach lodge vir die Desember vakansie.  Op die 4de Januarie 2021 het Thonga ʼn baie spesiale, asook private aand ete vir ons gereël op die strand en dit is waar hy uiteindelik die groot vraag gevra het.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was verloof vir ongeveer 4 maande. Alles het net perfek uitgewerk.  Ons wou ʼn strand troue gehad het.  Tintswalo Atlantic was ons eerste en enigste opsie.  Melissa en haar span by Tintswalo Atlantic het alles perfek laat gebeur soos towerkuns. Hulle was beskikbaar vir die datum wat ons aangevra het voor.

Met al hulle hulp het hulle ons verwys na Heike of Fleur le Cordeur wat toe die mooiste trou blomme vir ons gedoen het.  Heike het my verwys na Alicia Buckle om my hare asook grimering te doen.  Anel Botha het my gehelp met my trourok.

Trou Begroting:


Ons het nie juis ʼn begroting gehad nie.  Ons fokus was net om ʼn spesiale naweek te hê en deur te bring saam ons familie en vriende wat na aan ons hart is.  35 Gaste het die troue bygewoon.

As jul ʼn begroting het, bly by dit.  ʼn Mens kan so maklik fokus verloor.  Maak die dag spesiaal.  Ja, jy doen die hopelik net eenkeer in jou lewe, maar daar is ook ʼn wittebrood en ʼn lewe wat wag vir jou na die troue.

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir my was dit om Eugene vir die eerste keer te sien met ʼn traan in se oë.  Ek is lief vir dit om emosie in sy oë te sien.

Eugene het die oomblik geniet toe hy my sien vir die eerste keer in my trourok met ʼn glimlag, lopend op die padjie langs die oseaan met die “Thousand years” lied wat in die agtergrond speel, sienend en weetend dat dit die gelukkigste dag van my lewe was.

Paartjie se styl:


Ons styl was gemaklik, maar tog elegant en eenvoudig.  Vir ons was minder tog meer.  Ons wou net pret hê met goeie kos en baie geluk wat saam dit beweeg.  Ons het ons trougaste gevra of hulle dalk ʼn blou en wit kleur skema kon aantrek.

Die Besluitnemingsproses:


Ons albei het as ʼn span besluite saam geneem.

Vermaak:


Ons het net gebruik gemaak van ʼn platejoggie wat net die musiek gespeel het waarvoor ons gevra het.

Die ʼnie-so-perfek’ oomblikke:


Alles was so onvergeetlik.  Niks het verkeerd geloop nie, as iets wel het, het ons definitief nie eens daarvan geweet nie.  Melissa het alles onder beheer gehad.

Venue & Dekor:


Ons albei wou ʼn klein, intieme strand troue gehad het, waar ons ʼn naweek kan spandeer met ons geliefdes.   Tintswalo Atlantic was altyd ons eerste en enigste opsie en keuse.  Dit is asemrowend mooi daar en daarom wil jy juis nie baie doen met die troudekor nie.

Ons het vir Heike, van Fleur le Cordeur gesê watter kleurskema ons wou graag hê en dat sy welkom is om ons te verras met wat ookal sy dink die beste sal werk.  Sy kan rerig towerkuns doen met haar werk wat sy doen en enige iemand wat haar werk volg sal weet dat sy ʼn besonderse spesiale talent het.

Gunsteling Diensverskaffers:


  • Trouvenue:  Tintswalo Atlantic
  • Blomme en Troudekor: Fleur le Cordeur
  • Trourok: Anel Botha. Grimering: Alicia Buckle
  • Hare: Sanmarie de Bruyn
  • Troufotograaf: Elate Photography
  • Troukoek: Pajamas & Jam
  • Platejoggie: Rolling Audio

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Dames:

Geniet die hele proses, want dit gaan só vinnig verby.  Moet nie stres oor goed wat dalk verkeerd kan gaan nie.  Gaste gee nie om daaroor nie.  Kry iemand wat fantastiese grimering kan doen.  Die oomblik wat ek die meeste koester en lief het, was die eerste oomblik toe Eugene na sien met sy gesigs uitdrukking.  Moet nie die klein belangrike oomblikke mis nie.

Mans:

Maak jou bruid geliefd en spesiaal voel.  Geniet die tyd se beplanning voor die troue, asook die beplanning met jou toekomstige bruid.  Sy waardeer dit regtig as jy as man haar kan help en belangstelling toon en wys met die beplanning van die troue.

Eerste Dans:


Ons eerste dans se liedjie was “Perfect” van Ed Sheeran, gevolg met die Pa en dogter dans “I loved her first“.  Eugene het nie vir my genoem voor die dans watter liedjie hy gekies het om op te dans nie en hy het ook geen dans klasse geneem voor die troue nie.  Ek as ʼn Afrikaanse plaas meisie het nie geweet wat om te verwag van my Engelse stad man nie.  Dit het op geëindig om die perfekste romantiese eerste dans te wees.

Wittebrood:


Ons is lief vir Afrika.

Ons wittebrood het begin by Jao Camp in Botswana by die Okovango Delta waar ons wildstappies, mokoro ritte, boot ritte, asook wildritte gedoen het.

Daarna het ons gevlieg na Zimbabwe se Victoria watervalle en daar gebly by “Chundu Island Lodge”.  Ons het met ʼn helikopter oor die watervalle gevlieg.

Die hospitaliteit was asemrowend en hulle het gedink aan elke moontlike detail.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Ons het probeer om by die algemene reëls te bly en dit klein te hou.  Ons het ʼn plan B datum gehad in September en al ons diensverskaffers was beskikbaar om ons ook te help op daardie datum.

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]