Die Tuinroete is ʼn populêre romantiese wegbreek bestemming en in dié inskrywing deel ons ʼn romantiese wegbreek na die prettige en eksentrieke 5-ster Turbine Hotel & Spa in Knysna. Nie net vir verliefde en verloofde paartjies nie, maar ook vir ʼn romantiese wittebrood. Die Turbine Hotel & Spa is definitief ʼn ervaring wat jy nie moet mis nie, met perfekte ligging wat sentraal geleë is in die Tuinroete.
Net so oor die uur se skilderagtige rit weg vanaf George Lughawe. Omring deur wêreld klas aktiwiteite en fasiliteite, sal jy nie een oomblik verveeld wees nie. Geniet ʼn drankie langs die swembad of gaan vir ʼn bootrit! Wat ookal jy van hou en aan kan dink, sal jy definitief iewers in die Tuinroete vind.
Opsoek na ʼn trou venue? Die Turbine Hotel & Spa het die perfekte trou opsie vir jou. Geniet ʼn unieke ervaring in ʼn hotel wat oop een stadium die ou krag stasie was wat krag opgewek het deur vuur. Die kragstasie het Knysna en Plettenbergbaai area met krag te voorsien. Rol af om meer te lees oor die Turbine Hotel & Spa en wat hierdie pragtige hotel jou kan bied.
Trou by die Turbine Hotel & Spa:
Is julle opsoek is na ʼn unieke ervaring vir jul troue? Dan is dié hotel is die perfekte plek om jul troue te vier! By die Turbine Hotel & Spa bied hulle pasgemaakte trou pakette vir paartjies.
Die opsie vir ʼn eksklusiewe privaat trou onthaal in een van die hotel se venues, of ʼn nie-eksklusiewe trou onthaal in die Island Café. Onder word meer in detail verduidelik.
Die aanbod sluit in ʼn 50% afslag vir die wittebrood aand (per persoon wat deel tarief) as jy enige van die onderste twee opsies boek:
Opsie 1 – Eksklusiewe venue:
ʼn Drie-gang maaltyd teen R 395 per persoon, bespreek vir tussen 10 en 50 gaste insluitende die venue huur, maar uitsluitende die drankies en enige addisionele benodighede.
Opsie 2 – Nie-eksklusiewe restaurant venue:
ʼn Drie-gang maaltyd teen R 395 per persoon, bespreek vir tussen 10 en 50 gaste in ʼn restaurant styl uitleg. Hierdie opsie is nie eksklusief nie en geen platejoggies en orkeste, of optredes mag gespeel word nie.
Vir beide die opsies, kan troudekor vir die kliënt se eie rekening gereël word by die Turbine Hotel & Spa se voorkeurverskaffer, JoyBella Weddings and Events.
Indien julle wel die restaurant wil boek vir eksklusiewe gebruik, dan moet die paartjie al die verblyf ook bespreek.
Hierdie trou pakket aanbod is beskikbaar vanaf 1 September 2021 tot-en-met 31 Augustus 2022, onderhewig aan beskikbaarheid.
Terme en Bepalings Geld.
Ontspan in die Spa:
Die Turbine Spa is uit die boonste rakke met professionele terapeute, sal jy op jou gemak voel. Die hele doel van dié spa is om jou ʼn lieflike ontspanning ervaring te bied. Hulle het ʼn verskeidenheid massering opsies beskikbaar. Maak seker jy boek jou sessie by die spa as jy jou hotelkamer boek. Klik hier om meer te lees oor die spa.
Ontspan langs die swembad:
Daar is ook ʼn groot swembad waar jy kan ontspan en ʼn skemerkelkie geniet op die hout dek, terwyl jy oor die swembad en strandmeer uitkyk. Geniet die sonlig en ook die prentjie mooi uitsigte oor die water van Knysna se Thesen Island.
Restaurant Opsies:
As jy dink jy het al ʼn unieke eet ervaring gehad, dan moet jy wag tot jy by die Turbine Hotel & Spa kom eet. Hulle het twee restaurant opsies beskikbaar. Die Island Café en Gastro Pub. Lees meer oor hulle hieronder.
Island Café:
Hierdie restaurant is waar ontbyt, middagete en aandete bedien word. Die restaurant kyk uit oor die strandmeer en het ʼn al fresco styl gevoel. Jy kan kies om buite of binne te sit. Aandetes is meer formeel en is ʼn ervaring wat jy moet beleef. Die tafels is letterlik tussen die ou krag opwek masjiene! Iets heeltemal besonders en opwindend. Klik hier om meer te lees oor die Island Café.
Gastro Pub:
Etes by die Gastro Pub is meer informeel en die perfekte plek vir jou om ʼn skemerkelkie te geniet. Daar is ʼn kroeg-styl spyskaart beskikbaar as jy ʼn heerlike ete wil geniet saam met jou drankie. Klik hier om meer te lees oor die Gastro Pub.
Ervarings in die gebied:
Daar is soveel om te doen, al wat jy nodig het is baie energie en opgewondenheid! As jy iets opwindend wil doen, vra gerus die vriendelike personeel by die hotel vir ʼn paar idees. Van dié aktiwiteite om te doen sluit die volgende in: Fiets-huur, Strandmeer-vaarte, Sonsak-vaarte, Kajak-huur, Staproetes, Toere en vele meer opwindende ervarings.
Vir pryse en meer inligting oor die ervarings wat beskikbaar is, lees meer op die Turbine Hotel & Spa se webtuiste.
Verblyf:
Die Turbine Hotel & Spa het ʼn keuse van 26 kamers en suites. Elke een met ʼn unieke ontwerp element.
Die verskillende opsies sluit in:
- Standaard kamer – klik hier om daarna te kyk.
- Luukse kamer – klik hier om daarna te kyk.
- Wittebrood suite – klik hier om daarna te kyk.
- Selfsorg suites – klik hier om daarna te kyk.
Bespreek jou wegbreek:
Bespreek jou wegbreek na die Turbine Hotel & Spa deur hul webtuiste te besoek of ʼn e-pos te stuur. Jy kan hulle ook telefonies kontak op 044 302 5746. As jy meer wil sien van die unieke hotel, volg hulle op Instagram en Facebook.
Artikel Krediet
- Foto’s verskaf deur The Turbine Boutique Hotel & Spa