Om te besluit op ʼn trou venue vir jou groot dag kan ʼn baie uitdagende keuse wees. Ons deel vandag met jou Mooi Troues se advies om jou te help om die perfekte trou venue te kies.
Trou venues maak gewoonlik ʼn relatiewe groot persentasie van jou begroting uit as jy beoog om ʼn venue vir die dag te huur. Dit is makliker gesê as gedaan om te besluit watter trou venue om te kies. Daar is so baie faktore om te oorweeg. Elke venue se pakket verskil ook van die volgende een en dit is dus belangrik om te weet waarvoor om op die uitkyk te wees.
Indien jy opsoek is na trou venues in jou area, gaan kyk gerus na ons Mooi Troues Trougids. Daar is ʼn kategorie vir betroubare trou venues in elke provinsie. Ons deel dan in die inskrywing met jou meer informasie rakende venues, en waarvoor om op die uitkyk te wees.
Die venue pakket
Venues bied nie net ʼn voor-die-hand-liggende standaard prys aan wat slegs die gebruik van die venue vir jou troudag insluit nie. Venue pakkette verskil van venue tot venue, asook op grond van die seisoen en dag van die week dit is. Die venue bestuurder sal wel vir jou ʼn deeglike uiteensetting gee van wat hulle spesifieke venue pakket insluit.
Die eerste aspek om van bewus te wees is dat trou seisoen gewoonlik val tussen September en April maand. Buiten dit verkies meeste bruidspare om te trou oor ʼn naweek. Dus sal jou pakkette vir in trou seisoen en oor ʼn naweek duurder wees as tydens die week of gedurende Suid Afrika se winter tydperk.
Trou venues het ook menigmaal hul lys van gekose diensverskaffers waarmee hul werk. Sommige venues het ʼn spyseniering maatskappy, asook ʼn trou koördineerder waarmee hul werk. Hulle mag dan moontlik ʼn addisionele fooi hef as jy van iemand anders wil gebruik maak.
Ander items wat ingesluit kan wees by die pakket is sekere huur items soos standaard eetgerei en breekware, asook standaard tafels en stoele vir ʼn sekere aantal gaste. Party venues mag ook dalk ʼn standaard klank sisteem aan jou kan verskaf as deel van jou pakket. Wees wel bewus van hoe lank jou venue pakket jou toelaat om die spasie te huur. Indien jy moontlik jou troue al die dag voor die tyd wil op stel, mag party venues jou dalk ʼn addisionele fooi vra.
Venue boustyl en beligting
Dit is ʼn slim idee om rofweg te weet wat jy wil doen met die gevoel van jou trou dekor voordat jy venues begin besoek. Jou gekose trou venue kan ʼn groot rol speel om by te dra tot jou trou tema en gevoel. Alternatief, laat jou trou venue jou inspirasie wees vir jou troudekor!
Kyk na die argitektuur en die boustyl van die venue. Let op hoe die onthaal area asook die seremonie spasie lyk. ʼn Aspek wat hand aan hand gaan met die gevoel van die venue is sy geïnstalleerde, asook natuurlike beligting. Let op of jy pragtige foto’s sal kan vasvang gedurende die dag met die natuurlike beligting van die spasie. Indien daar nie genoeg geïnstalleerde beligting by die onthaal area is nie, is dit ʼn goeie keuse om addisionele beligting in te huur, om sodoende jou gekose atmosfeer te skep.
Akkommodasie?
Indien jy opsoek is na akkommodasie vir jou gaste op die venue perseel, is dit belangrik om hieroor ook te gesels met die bestuurder tydens jou besoek aan die venue. Vind uit of daar genoeg akkommodasie beskikbaar is vir die hoeveelheid gaste. Asook of die akkommodasie ingesluit is as deel van jou venue pakket. Sommige trou venues sluit ʼn “bridal suite” in by die pakket. Ander sluit verblyf vir ʼn paar gaste in by die pakket, wat nie opsioneel is om nie te vat nie. Venues wat nie akkommodasie bied nie, sal moontlik vir jou ʼn paar voorstelle kan gee van verblyf opsies wat naby geleë is.
Wat gebeur met jou deposito?
Wanneer jy op die punt is om jou venue te bespreek vir jou gekose trou datum, sal die venue ʼn deposito van jou vereis. Jou trou datum is eers amptelik bespreek sodra jy die deposito betaal het. Dit is dus belangrik om dit so gou as moontlik te betaal en jou datum vas te maak.
ʼn Belangrike aspek om hier seker te maak is, wat gebeur met jou deposito? By sommige trou venues vereis hulle dat jy ʼn bedrag betaal wat hulle wel sal terugbetaal na jou troudag. Ander venues se deposito’s is nie-terugbetaalbaar. Hulle ag dit as deel van die totale som van jou huur fooi vir die venue.
Advies aan bruidspare wat hul troue beplan
As jy ʼn goeie pakket kan losslaan met jou trou venue, spaar jy alreeds baie geld. Wees deeglik wanneer jy hierdie keuse maak, en die res van jou beplanning sal sommer maklik in plek val.
Artikel Krediet:
- Teks: Danelle Vermaak
- Fotograaf: Dust and Dreams Photography
- Venue: @Boshoek
- Die foto’s is slegs vir illustrasie doeleindes en die artikel handel nie oor die venue nie.