ʼn Romantiese wegbreek na La Residence

Met opgewondenheid deel ons, ons wegbreek na La Residence met Mooi Troues se lesers.  La Residence is geleë in die pragtige Franschhoek vallei, omring deur prentjie mooi landskappe op ʼn werkende plaas.

Met ons aankoms by La Residence was ons baie vriendelik verwelkom deur die Hotel Bestuurder, Werner.  Ons heel eerste indruk van La Residence was ʼn vriendelike, professionele en luukse ervaring.  Wanneer jy deur die voordeur loop in die dubbel volume ingangsportaal met die luukse kandelaar bo honderde rose en ʼn uitsig oor die agtertuin, swembad en berge is dit iets wat mens nie kan beskryf nie, maar moet beleef.

La Residence is die perfekte plek vir paartjies wat opsoek is na ʼn romantiese wegbreek in die mooi Franschhoek vallei.  Hier is iets vir almal en dit is die ideale plek om te kom ontspan.  Met poue wat rondloop en pronk en klomp versteekte hoekies waar jy gemaklik kan sit en ontspan, of ʼn oorvloei swembad met pragtige berg uitsigte.   Hier kan jy jou energie herlaai.

Mooi Troues reis gereeld om die beste wegbreek plekke vir jou uit te kies.  Ons artikels is gebaseer uit ons ervaring by die plekke en die foto’s in die artikels is wat ons geneem het.  Lees meer oor ons besoek aan La Residence hieronder.

La Residence se ligging:


Hierdie pragtige hotel is geleë in die mooi Franschhoek vallei, slegs 35-minute se ry vanaf Stellenbosch en net so oor ʼn uur se ry van Kaapstad Internasionale lughawe.  Dit is ʼn baie gemaklike rit vanaf die lughawe tot by die hotel

Franschhoek is sinoniem met luuksheid, wêreldklas wyn- en kulinêre kos.  Daar is só baie om in die area te doen.  Van Suid-Afrika se top restaurante, wynplase, stap roetes, winkels en vele meer.  Dit is een van die vele redes hoekom Franschhoek se gewild is onder plaaslike en internasionale toeriste.

La Residence is omtrent so 5 minute vanaf die middedorp van Franschhoek geleë.  Ons het gebruik gemaak van La Residence se pendeldiens na die dorp en terug na die hotel.  Dit is net soveel meer gemaklik en kan jy ʼn heerlike bottel wyn geniet uit dié spog wyn vallei.

Franschhoek is net so oor ʼn uur se rit weg vanaf die V&A Waterfront in Kaapstad.  Dit gesê, as jy in die V&A Waterfront is, moet jy ʼn middagete geniet by The Royal Portfolio se The Silo Hotel in die Silo distrik in die Waterfront.

Geniet La Residence se spasies:


Voor aandete het ons ʼn glasie rooiwyn geniet voor ʼn knetterende kaggelvuur met neute en skyfies, terwyl die sagte mis reën buite val.  La Residence se drywer het ons geneem na die restaurant in die middedorp van Franschhoek, ʼn gratis diens wat hul bied aan gaste van die hotel.  Alles by La Residence gaan oor gemaklikheid en om in ʼn stresvrye spasie te wees.

Trou by La Residence:


As jy jou droomtroue wil hou, dan is La Residence die perfekte plek om te trou.  Hulle span kan ʼn maksimum van 150 gaste onthaal vir jou troudag.  Die verblyf in die hoofgebou kan 22 gaste akkommodeer en hulle Vineyard suites kan nog ʼn addisionele 20 gaste akkommodeer.  La Residence staan bekend vir hul puik diens en persoonlike aandag om jou troue ʼn geleentheid te maak wat jy nooit sal vergeet nie.  As jy meer wil weet oor La Residence se trou pakkette, klik hier om meer te lees.

Wynproe in hul kelder:


As jy ʼn wyn liefhebber het, dan sal jy gaande wees oor La Residence se wyn versameling in hul kelder.  Wynproe by La Residence is ʼn ervaring en hulle het verskillende wynproe opsies beskikbaar.  Lees meer hieroor op hul webtuiste.  Hulle groei ook hul eie Cabernet Sauvignon en Shiraz druiwe op hul 30-akker plaas.

Verblyf by La Residence:


The Huguenot Suite

La Residence het 11 verskillende kamers, wat elk individueel ander interieurs het ontwerp deur Liz Biden.  Ons het in kamers nommer 6, ook bekend as  gebly, een van hul Superior Suites.  Oppad na ons kamer toe loop jy op ʼn oop stoep waar jy oor ʼn oop binnehof area uitkyk.  Dit is soos iets vanuit ʼn film.   Die kamer waarin ons oornag het was min of meer 85 m² groot met ʼn balkon.  Met die inloop slag was ons verlief op ons kamer.  ʼn Handgeskrewe welkom kaartjie en ʼn bottel wyn het ons by die deur ingewag.  Dit is sulke klein aandag aan detail wat ʼn groot verskil maak.

ʼn Luukse nagrus:

Toe ons terug keur na ons aandete was ons kamer  voorberei vir slapenstyd.  Die bed was mooi oopgemaak, gereed vir ʼn goeie nagrus.  Sagte pantoffels op ʼn sagte voet kombersie langs die bed is daar om jou op jou gemak te laat voel voor jy slaap.  Daar was ook ʼn heerlike blokkie fudge met ʼn sjokolade lagie langs die bed, wat ons geniet het met ʼn heerlike koppie koffie, voor ons gaan slaap het.

Ander etes by La Residence:


Geniet ʼn heerlike middagete of aandete by La Residence, gemaak van vars, plaaslike bestanddele wat baie daarvan vanaf die plaas afkomstig is.  Ontbyt, middagete en aandetes is ook beskikbaar vir buite gaste. Lees meer hieroor op hul webtuiste.

Fasiliteite in die kamer


Die kamer is ruim met pragtige uitsigte oor die wingerde en berge wat die hotel omring.   Daar is ʼn baie gemaklike koning grootte hemel-bed in die kamer, ʼn klein oopplan sitkamer gedeelte en ook ʼn groot skryftafel.  ʼn Televisie met ʼn volledige DSTV-pakket, Netflix en baie vinnige internet.  Insluitende is ʼn klein yskas gevul met drankies en lekkergoed.  Daar is ook ʼn Espresso masjien vir koffie en ʼn ketel vir tee of ʼn koppie moerkoffie of ʼn heerlike warm-sjokolade drankie.

Luukse badkamer


Ons is gaande oor die badkamer in die kamer!  ʼn Groot losstaande bad in die middel van die badkamer reg onder ʼn massiewe kandelaar wat uit die dubbel volume dak hang.  Daar is ook ʼn groot stort in die badkamer, vir die wat nie wil bad nie.  ʼn Dubbel wasbak maak dit ideaal vir paartjies wat hou daarvan om gelyke tyd klaar te maak.  Weereens is daar gedink aan gemaklikheid en luuksheid.  Ondervloer verhitting maak seker dat jy gemaklik uit die bad kan klim.  Die badkamer het ook dubbel deure wat uitloop op die buite stoep – perfek vir die mooi Somer dae.

Die perfekte wittebrood bestemming:


Franschhoek is enige paartjie se droom bestemming vir ʼn wittebrood.  Met soveel top gehalte restaurante, wynplase, kuns galerye en buitemuurse aktiwiteite in die omliggende area, kan jy nie verkeerd gaan nie.  ʼn Wittebrood by La Residence bied jou ʼn ongelooflike romantiese en luukse wegbreek kans na die Franschhoek vallei.  Lees meer oor wat hul bied op hul webtuiste.

Ontspan langs die swembad:


ʼn Swembad met ʼn uitsig!  Dit is presies wat dit is.  As jy tussen die palmbome loop oor die gemanikuurde gras na die swembad voel jy sommer of jy in paradys is.   Geniet ʼn heerlike drankie terwyl jy die Afrika son geniet langs die swembad op hul heerlike gemaklike sonbeddens.   Ontspan in die swembad omring deur pragtige uitsigte.

Die Spa by La Residence:


La Residence se spa is beskikbaar vir hotel- en buite gaste.  Met ʼn groot verskeidenheid van verskillende spa behandeling opsies om van te kies, sal daar iets wees vir almal. ʼn Bederf spa behandeling in ʼn luukse omgewing soos by La Residence is die perfekte kombinasie om jou te laat ontspan en vergeet van die gejaag van die lewe.  Klik hier om meer te lees oor hul spa.   Vir die fiksheid-fanatikus is daar ʼn klein gimnasium om stoom af te blaas.

Ontbyt:

Hulle het nie net luukse verblyf en wêreldklas fasiliteite by La Residence nie, maar ook heerlike ontbyt.   Die oomblik wat jy kom sit word jy vriendelik gegroet deur ʼn kelnerin, wat vir jou iets aanbied om te drink en ook meer vertel van hul ontbyt keuses.  Ontbyt word bedien in hul eetkamer gedeelte van hul dubbel volume luukse eetkamer of buite op die stoep langs die mooi grasperk en pragtige berg uitsigte. Die buite opsie is perfek vir daardie heerlike Somers dae.

Hulle lemoensap is vanuit die boonste rakke gewees en is regtig vars gedruk terwyl jy daarvoor wag.   Voor ons warm ete het ons ook ‘ʼn heerlike vars gesnyde vrugte bord, Deli bord en die Kaapse Wynland kaasbord geniet.  Dit was baie smaaklik gewees en ons opgewonde gemaak vir wat kom vir die warm ontbyt.  Vir ons warm ontbyt het Jaun ʼn Eggs Royale gehad en Günther het die Farmhouse ontbyt.  Dit saam met ʼn heerlike koffie is die perfekte manier om jou dag te begin.

Boek jou ervaring by La Residence:


Vir jou volgende wegbreek na Franschhoek, bespreek jou verblyf by La Residence deur hul webtuiste te besoek.  Jy kan hul ook ʼn e-pos stuur of telefonies kontak by +27 (0) 21 671 5502.

Vir enige van The Royal Portfolio se ander hotelle, besoek hul webtuiste vir meer inligting.  Hulle ander hotelle en verblyf sluit in Royal Malewane, Birkenhead House, The Silo Hotel en dan het hulle ook privaat Villas te huur.

Artikel Krediet:

Fotograaf:  Vorsprung Studio