Ons deel in dié inskrywing nuwe pienk geïnspireerde trou inspirasie met ons lesers. Die tema en kleurskema skep ʼn gevoel van romanse en liefde. Die sagte skakerings van pienk skep ook ʼn warm gevoel en sal jou definitief met nuwe oë na hierdie kleur laat kyk.
Trou inspirasie gestileerde fotosessies is ʼn wonderlike manier om nuwe idees na jou as leser toe te bring en ook vir die trou industrie se diensverskaffers om bietjie kreatief te raak. ʼn Paar trou diensverskaffers in Bloemfontein het kreatief geraak met die kleur pienk. Die tafeldekor is gekombineer met elemente van glas, goud en ook swart om bietjie diversiteit te skep.
Hierdie fotosessie toon ook hoe jy jou uitrusting deel kan maak van jou trou tema. Die trourokke wat gebruik is, is iets bietjie buite die normaal maar skakel so mooi in by die sagte pienk kleurskema.
Is jy besig om jou troudag te beplan en is opsoek na unieke trou inspirasie? Gaan besoek Mooi Troues se trou inspirasie afdeling op ons webtuiste vir tonne nuwe idees wat ons na jou toe bring. Rol nou af en vind inspirasie in die pienk geïnspireerde fotosessie.
Wie het die fotosessie gereël?
Ek, Shandre van der Sandt, eienaar van Magnolia Grace Photography het die fotosessie gereël. Ek is gek oor die kleur pienk en het die inspirasie gehad om die sessie te doen met verskillende skakeurings van pienk. Pienk hou ook verband met liefde.
Dekor:
Die dekor wou ek nie ‘oordoen’ soos mens sou se nie. Die tafel was eenvoudig en elegant. Verskillende teksture en skakerings van pienk. Ek wou nie gehad het die tafel moes te besig lyk nie maar ook nie te leeg nie.
Kleurskema:
Ek is gek oor die kleur pienk en het die inspirasie gehad om die sessie te doen met verskillende skakeurings van pienk. Ek het ʼn klein bietjie swart en goud ook in gebring net op die pienk so ʼn bietjie sagter te laat vertoon.
Inspirasie agter die fotosessie:
Die inspirasie agter die sessie was om ʼn nuwe seisoen aan te kondig na die winter. Die sessie simboliseer die aanbreek van ʼn nuwe seisoen in die jaar of in elkeen se lewe, waar klomp nuwe uitdagings wag om aangepak te word.
Venue en Ligging:
Ek het die venue gekies omrede dit persoonlik my tipe venue is. Baie natuurlike lig, groot spasie en die venue is klassiek en stylvol.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Ek het die diensverskaffers gekies vir n twee redes. Eerstens het ek “local” gekies die wat in Bloemfontein is. My rede vir die is omdat ek glo mens moet eers jou “local” mense nader om so ook ʼn goeie verhouding met hulle te bou en hulle ook te ondersteun as besighede. Tweedens was hulle styl, ek het na n specifieke style gekyk wat by my styl pas en wat my as fotograaf ook uitbeeld.
Agter die skerms van die fotosessie:
Meeste van die verskaffers wat ek gekontak het was meer as gewillig om my te help en deel te wees van die sessie. Alles het op die dag van die fotosessie seepglad verloop. Ek was baie beïndruk met al die verskaffers wat deel was van hierdie fotosessie. Ek het soveel nuwe mense ontmoet wat ek verseker ʼn langpad mee sal wil loop.
All probleem wat ek gehad het was met die blomme. Ek kon nie ʼn verskaffer kry vir die blomme nie en dus moes ek ʼn paar gaan koop het en die res het ons as ‘geskenk’ gekry langs die pad.
Trourok:
Ek het twee verskillende tipe rokke gekies sodat ek ʼn verskeidenheid het van teksture & kleur. Ek wou iets romanties maar ook iets uit die gewoon gehad het en beide die rokke het perfek saam gepas.
Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:
My advies aan paartjies wat die inspirasie wil volg is dat hierdie jou dag is. Jy moet dit maak soos jy dit wil hê en hierdie is slegs ʼn idee en riglyn om te help wanneer julle as ʼn paartjie nie weer watter kant toe om te gaan nie. Dit moet julle as paartjie uitbeeld en nie iemand anders nie. Bly getrou aan jouself en jou eie styl.
Merkwaardigste deel van die fotosessie:
Vir my was dit hoe mooi alles bymekaar gekom het. Ek as fotograaf het ʼn idee in my kop, asook ʼn gevoel bord met idees en verskaffers met elk ook hul eie idees. Alles het so sag saam gevloei en alles het mekaar gekomplimenteer.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Magnolia Grace Photography
- Dekor: Deco Table
- Grimering: Foxy Beauty Make-up Artistry
- Hare: Hair by Rolanda
- Juweliersware: Bloom Creations
- Model: Anice de Jager
- Troukoek: Lee-Ann Cakes & Cupcakes
- Strooimeisie-rokke: The Travel Dresses – Dress Rental
- Trourok: Bloomingtale
- Rokke: Silver Swallow Design
- Venue: De Oude Kraal