Ruan & Maureen se sprokies-verlowing

Met ʼn vetplantjie en sjokolade in sy hand, daag ʼn vreemdeling een aand by Maureen se deur op.  Toe Maureen die deur oopmaak en in Ruan se oë vas kyk, toe weet sy dis dit … Dit is hy, haar trou man! “Liefde op eerste oogopslag” gebeur toe nie net in sprokies nie.

Die gevoel van “weet” mag dalk moeilik wees om te beskryf.  Maar albei Ruan en Maureen se harte was van dag een af “tuis”.  ʼn Jaar en ʼn bietjie later, op Maureen se 24ste verjaarsdag, laai haar vriendin haar by ʼn romantiese verligte paadjie af.  Met skoenlappers in haar maag, volg sy die paadjie tot dat sy by ʼn sprokies mooi uitsig kom.

Die man wat homself ʼn tydjie terug self in haar lewe in genooi het … Nou nie meer net ʼn vreemdeling nie, maar eerder haar geliefde Ruan, staan toe daar en wag vir haar langs ʼn gedekte tafel met sjampanje op ys.

Rol af om meer te lees oor hoe Ruan vir Maureen verras het met die beste verjaarsdag geskenk – ʼn sprokies-verlowing op die Soutpansberg, met die dorp se liggies in die agtergrond.

Mooi Troues se lesers sal beslis inspirasie uit hierdie paartjie se liefdesverhaal kry, en indien jy nog inspirasie benodig vir ʼn toekomstige verlowing of selfs jou troudag … Klik hier, en besoek ons trougids.  Daar is vir ons lesers baie inspirasie, as ook diensverskaffers, te vind!

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Op ʼn doodgewone Maandagaand het Ruan (wat toe nóg ʼn vreemdeling was) homself oor genooi vir koffie.   Soos die “gentleman” wat hy is – het hy daar opgedaag met ʼn vetplantjie en ʼn sjokolade.
Die oomblik toe ek die voordeur oop gemaak het, het ek in sy groen oë vasgekyk, my hande het gebewe en my hart het gebokspring.  Toe weet ek – hier is moeilikheid!

Ons het die aand geniet met ʼn wyntjie en hard probeer om die “skoenlappers” onder beheer te hou, maar ons harte was tuis.  Ons het net geweet.  Dis ʼn gevoel wat ons altwee van dag een af gehad het. ʼn Gevoel wat onmoontlik is om te beskryf, die gevoel van “Ons weet”.

Ons was net bietjie langer as ʼn jaar saam toe Ruan my verras het met die beste verjaarsdag geskenk – ʼn sprokies-verlowing op die Soutpansberg met die dorp se liggies in die agtergrond.

Die groot vraag:


Op my 24ste verjaarsdag het Ruan met hulp van ons naaste vriende en familie ʼn sprokies-verlowing opgestel bo op die randjie van die Soutpansberg.  My beste vriendin het my by die huis kom haal, en op geneem in die berg in. Sy het my af gelaai op ʼn paadjie wat lei in die woud in, met lanterns al langs die pad, en “fairylights” wat hang in die bome. Die paadjie het uitgekom op die mooiste uitsig, en Ruan wat vir my wag by ʼn gedekte tafel en sjampanje op ys.  Ruan het my gunsteling kos bedien, bo op die berg, sushi! Maar toe hy sy eerste happie vat, het hy soja sous op sy wit hemp gemors. Ons het so lekker gelag. Ruan het my toe gevra om op te staan. Hy het my hande gevat en gesak tot op sy knie en toe die groot vraag gevra.

Ons het voorheen daaroor gepraat, en ons het beide geweet dat ons reg is om die res van ons lewens saam met mekaar te spandeer.

Maar die verlowing was beslis vir my ʼn groot verassing en ʼn oomblik wat ek vir altyd sal koester!

Hoekom ons mekaar liefhet:


Vir my is Ruan “die perfekte man”.  Hy kyk ongelooflik mooi na my en maak altyd seker dat ek “okay” is.  Sy menswees is so opreg en sag.  Niks is ooit te veel moeite vir hom nie.  ʼn Hardwerkende man wat sorg vir sy mense.  Hy is werklik een uit ʼn miljoen!

Vir Ruan, is sy gunsteling eienskap van my, my volwassenheid, my liefde en my omgee – “ʼn regte droom vrou”.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Nadat ons verloof geraak het, het ons dadelik begin beplan aan ons groot dag.  Ons het met ons ouers gesels, venues gaan kyk, en toe besluit om in die lente seisoen te trou.  Ons gaan ʼn jaar en 3 maande verloof wees, voordat ons trou aan mekaar gaan beloof.

Die verloofring:


Ruan het (met hulp van my beste vriendin af) geweet dat ek mal is oor ʼn “classic halo” ring.  My ouers het vir Ruan ʼn diamant ring gegee wat van my ouma af gekom het.  Ruan het my ouma se diamant gebruik, en met hulp van my gunsteling juwelier, Christine van Kraai Fine Jewellery, ʼn stunning verloofring vir my ontwerp.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons was van die begin af baie opgewonde oor ons fotograaf, en kon nie wag tot ons eers trou om sy “towerkuns” te sien nie!

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ek het baie foto’s en idees gehad, maar Charl was die baas-brein agter hierdie pragtige sessie.  Ek het die unieke rok van Marlize Meeding raak gesien op Facebook, en geweet dis die rok wat ek wil dra! Ons het toe die sessie van daar af beplan.  Die pragtige ligging en dekor was Charl se briljantheid.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


KOVID-19!!!!!!

Visie vir droomtroue:


ʼn Pragtige dag gevul met hope liefde en glimlagte!

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]