Wilbert en Chanèl het nie laat KOVID-19 in die pad staan van hulle liefde nie. Ons by Mooi Troues deel graag die selfdoen blomme bruilofsfees van hierdie paartjie met ons lesers.
Murasie is ʼn moderne trou venue met baie glas en natuurlike lig, geleë op ʼn plaas tussen Baardskeerdersbos en Gansbaai. Hierdie is die ideale bestemming vir ʼn troue. ʼn Pragtige Trou Venue omring deur prentjie mooi natuur tonele. Daar is tonne foto geleenthede by hierdie trou venue. Murasie bied ook selfsorg verblyf op die plaas, perfek vir jou trou gaste.
Dit was ʼn groot teleurstelling toe Wilbert en Chanèl hulle troudag moes kanselleer drie dae voor die tyd as gevolg van die wêreldwye pandemie. Die paartjie het besluit om ongeag steeds trou aan mekaar te beloof en hulle bruilofsfees uit te stel met ʼn jaar, sodat hulle dit steeds kan vier soos wat hulle sou wou.
Chanèl het vrye teuels aan haar ma se ongelooflike kreatiwiteit oorgegee met die beplan en koördinering van hulle troudag. Die bruid is mal oor blomme, en met haar idees, haar ma se kreatiwiteit, en ongelooflike diensverskaffers, het hulle ʼn pragtige troudag saamgestel met baie blomme. Die troudekor was in wit, skakerings van pienk en rooi wat so ʼn romantiese atmosfeer geskep het.
Husband Wife Team het Chanèl se drome vir hul blomme bruilofsfees bewaarheid. Die diensverskaffer se passie en fokus is om die troudag van die paartjie so mooi, spesiaal en bekommer-vry as moontlik te maak. Hulle het die venue spasie opgehelder met ongelooflike blomme rangskikkings in die gekose kleurskema.
Die paartjie het ook gesorg vir top gehalte vermaak vir hul troudag. Hulle het ʼn platejoggie, DJ Pepe, gekry om hulle deur die onthaal te vermaak.
Rol nou af en geniet die pragtige foto’s van Wilbert en Chanèl se selfdoen blomme bruilofsfees.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het mekaar ontmoet by Wilbert se niggie se 21ste verjaarsdag in Stellenbosch. Dit was definitief liefde met die eerste oog op slag vir my.
Ons het verloof geraak op ons 3 jaar herdenking by Botlierskop Private Nature Reserve in Klein Brak. Hy het my gevra om te trou met ʼn baie romantiese piekniek en die mooiste ring!
Die Verlowing Tydperk:
Ons het 28 Desember 2018 verloof geraak en ons eerste troudatum was 28 Maart 2020 en was toe 3 dae voor ons grootdag gekanselleer as gevolg van KOVID. Ons het toe wel 27 Maart 2020 voor ʼn dominee en ons naaste familie trou beloof aan mekaar. 27 Maart 2021 het ons toe uiteindelik ons groot troudag gevier by Murasie saam met al ons familie en vriende. My ma, Tania Bene het die hele troue gekoördineer en beplan, sy is ongelooflik kreatief en het ons grootste droom bewaarheid.
Finansiële Aspekte:
Ons ouers het albei ʼn bedraggie gegee wat baie gehelp het! Ons sou dit beslis nie kon doen sonder hulle finansiële hulp nie. Geld is spandeer op die belangrike goedjies en die res moes maar inpas by die begroting. Daar was goedjies wat vir ons baie belangrik was waarop ons nie omgegee het om geld op te spandeer nie bv die kos, blomme, fotograaf, videograaf en beslis ʼn lekker DJ. My advies sal wees, spandeer geld op dit wat jy oorhou van jou dag soos bv. jou fotograaf en videograaf, daardie herinneringe wat vasgevang word gaan jy vir altyd kan koester, die res is môre vergete.
Merkwaardigste Oomblikke:
Omdat ons reeds ʼn jaar getroud was op ons troudag was die mees merkwaardigste oomblik gewees om met ons familie en vriende te deel dat ons swanger was met ons eerste babatjie! Dit was ʼn groot verrassing en niemand het geweet nie! Ons seuntjie, Nicolas, kom Oktober/November 2021.
Paartjie se styl:
Daar was nie ʼn spesifieke styl gevolg nie, ek is mal oor blomme motiewe en alles wat kleurvol en vrolik is. Ek en my ma het begin idees kry en rondgespeel met alles tot die finale prentjie!
Die ʼnie-so-perfek’ oomblikke:
Die Vrydag voor die troue het Baardskeerdersbos ʼn verskriklike wind storm gehad. Ons “pre-drinks” area sou buite wees en ons moes toe inderhaas ʼn ander plan maak. Ons het toe ʼn bedouin tent gehuur wat toe op die ou-einde die lekkerste feesagtige gevoel geskep het.
KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:
Ja! 3-dae voor ons troue moes ons dit kanselleer as gevolg van KOVID. Ons het ons troue met ʼn jaar uitgestel, maar steeds voor die grendeltydperk getrou. Dit was die beste besluit wat ons kon neem. Op 27 Maart 2021 met ons regte troue was ons toe alreeds ʼn jaar getroud met ons eerste babatjie oppad! Die Here se plan is altyd die beste plan!! Moet nooit in Sy tyd twyfel nie. Vandag kyk ek terug en is ons nie een dag spyt dat dit so uitgewerk het nie.
Venue & Dekor:
Ons onthaal was by Murasie in Baardskeerdersbos. Ons het baie van die plaas gevoel gehou asook die glas effek van die saal. Dit was vir ons belangrik dat soveel as moontlik mense op die plaas kan slaap en nie hoef te ry nie. Daar was oorgenoeg akkommodasie vir gaste op die plaas.
Gunsteling Diensverskaffers:
Almal van hulle!!!
Vermaak:
Ons DJ was DJ Pepe en Chris Rain het gesing by ons “pre-drinks” area. Hulle was fantasties!
Eerste Dans:
Ja ons het ʼn eerste dans gehad. Ons is mal oor vasdans en het die dansvloer geopen op Somerson van Appel. Ek en Wilbert is mal oor dans en het nie nodig gehad vir danslesse nie.
- Blomme: Husband Wife Team
- Musiek: Dj Pepe
- Venue: Murasie venue
- Dekor: Goeters
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Aglow
- Bruidegom-pak: Carducci suits
- Dekor: To-Netts + N Concepts and Designs+ In And Out Events Hire + All Things Wedding + La Chandeleur + Classy hire + Granaatroes
- Hare + Grimering: Clarita Smit hair, make-up and lashes
- Huwelik kontrak: Ebersöhns prokureurs Langebaan
- Huweliksbevestiger: Dominee Bekker
- Juweliersware: Jeanne & Co
- Koördineerder: Hermann Laubscher (op die dag koördineerder)
- Skryfbehoeftes: Elicit design
- Trourok: Alana van Heerden
- Trouring: Zanry Jewellery design
- Troukoek: Blos bakery
- Vermaak: Chris Rain
- Vervoer: Masch
- Videograaf: Second luke films