Vandag se artikel sal vir julle as lesers die pragtige liefdesverhaal van Albert en Lara vertel deur hul strand verlowings fotosessie. Hierdie paartjie het verloof geraak op ʼn strand in Thailand, en het besluit om hul verlowings fotosessie en hul troudag ook op die strand te hê.
Albert en Lara se verlowings fotosessie is vasgevang deur die talentvolle Klara Design and Photography. Die paartjie het van haar gebruik gemaak om hul verlowings foto’s op die strand vas te vang sodat hulle kan gemaklik raak voor die kamera, voor hul groot dag. Klara het dit perfek reggekry om spontane en tydlose foto’s van hierdie paartjie vas te vang.
Die paartjie deel vandag hulle spontane liefdesverhaal met ons lesers. Hulle verduidelik ook die simboliek wat die see asook Lara se verloofring het vir hulle as ʼn paartjie.
Rol nou af en geniet die pragtige foto’s van Albert en Lara se strand verlowings fotosessie.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons was saam op skool en het nie mekaar baie goed geken op daardie stadium nie. Ons het altwee op Stellenbosch Ingenieurswese geswot, maar ons paaie het nie rerig gekruis nie.
Toe het ons toevallig vir dieselfde maatskappy begin werk en een Vrydagaand mekaar laat raakgeloop in die gebou en begin gesels. Ons het toe meer gereeld begin koffie drink, en toe het Albert vir my een aand stad toe ʼn ry geleentheid gegee. Ons het op die ou einde saam ʼn bier gedrink daardie aand en die volgende oggend gaan ontbyt eet by Bloemendal. Van daar af het ons saam begin “trail run” na werk by Meerendal Wynplaas en gaan uiteet.
3 Jaar later was ons dol verlief en verloof.
Die groot vraag:
Toe ons twee jaar saam was, het Albert vir Lara ʼn ring laat maak uit ʼn pers kwarts wat ons by Himba’s gekry het in Namibië. Lara het gedink dit was ʼn verloof ring, ongelukkig was dit nie. Albert was toe verseker dat Lara sou ja sê sou hy haar vra om te trou.
ʼn Paar maande daarna het ons ʼn vakansie Thailand toe beplan, en Albert het gedink dit was die perfekte geleentheid. Ons het altyd gesê as ons die dag verloof sou raak, wil ons dit eers alleen saam met mekaar wou vier. Albert het die vraag gevra sonsondergang op ʼn afgesonderde strand in Ao Nang, Krabi. Dit was ʼn groot verrassing gewees en ons het die aand gefeesvier.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Albert oor Lara:
Lara is altyd lus om te lag. Sy sien kans vir enige avontuur. Sy gee baie om en lief vir die mense om haar.
Lara oor Albert:
Albert het die mooiste hart. Hy gee so baie om vir die mense om hom. Hy het die vermoë om elke dag spesiaal te laat voel. Nie een dag saam met hom is vervelig nie.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons was amper ʼn jaar en 6 maande verloof voordat ons getrou het. Ons het 27 Maart 2021 getrou langs die see, in Lambertsbaai.
Die verloofring:
Albert wou graag ʼn ring gekies het was betekenisvol was. Dit was ʼn groot verassing vir Lara. Hy het die trilogie ring stelling gekies wat die verlede, die hede en die toekoms verteenwoordig.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Ons wou graag die fotograaf leer ken voor die groot dag. Dit het ons baie gerus gestel om saam met Klara te werk. Ons was bevrees ons gaan ongemaklik of skaam voel, maar gelukkig was dit baie gemaklik.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons wou graag langs die see getrou het. Ons is beide baie lief vir die see en die natuur. Albert is ook ʼn vrywilliger spanlid van die NSRI, en ons was verseker ons verlowingsfotos moet ook langs die see geneem word.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Ons wou nie oorweldig word deur vrae rondom die troue nie. Ons het daarom besluit ons gaan eers die verlowing saam met mekaar geniet en eers na ʼn paar maande begin praat oor trou reëlings.
Visie vir droomtroue:
Ons het die perfekte troue gehad net soos ons gedroom het, langs die see, by Grootvlei Gasteplaas in Lambertsbaai. Ons wou altwee baie graag kaalvoet op die strand trou, en ons droom is bewaarheid.
KOVID 19 se uitwerking op jul trou reëlings:
Ons moes ons gastelys halveer weens KOVID-19. Alhoewel die troue buite was, kon ons net 50% van die onthaal se kapasiteit gebruik. Ons wou nie graag die troue uitgestel het nie, omdat ons ʼn klomp vriende gehad het wat van ver af gereis het. Ons het op die ou einde ʼn troue met 50 gaste gehad, maar dit het steeds al ons verwagtinge oortref.
- Fotograaf: Klara Design & Photography
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotosessie Venue: Kalkbaai
- Verloofring: Browns