“Moody” & Romantiese trou inspirasie

Daar is iets omtrent die diep kleure en “moody” trou fotografie-styl wat poëties is.  Dit is romanties en ʼn bietjie geheimsinnig op dieselfde tyd.  ʼn “Moody” maar steeds romantiese trou tema, is ʼn onkonvensionele alternatief vir die ligte en eteriese inspirasie wat ons so dikwels in trou-inspirasie-fotosessies sien.

Hierdie gestileerde trou fotosessie bied vir Mooi Troues se lesers baie nuwe trou inspirasie.  Die fotosessie bewys dat mens steeds ʼn donker “moody” troue kan beplan, sonder dat jou troudag goties sal uit draai.  Dit gaan alles oor ʼn balans van donker en ligter elemente, as ook beligting en venue keuse.  Wanneer mens die balans perfek reg kry, sal jou trou dag beslis romanties en poëties uitdraai soos wat jy graag sou wou hê.

Rol gerus af om meer te sien oor hoe die bogenoemde balans bereik kan word.

Inspirasie agter die fotosessie:


Ons wou vir bruide daar buite wys dat jy nogsteeds a donker ‘moody’ troue kan hê, sonder dat dit te ‘DONKER” en goties voorkom.  Van die dekor elemente het ons self gemaak, soos die gesmelte kers bottels.  Die doel hiermee was om te wys dat “DIY” regtig net ʼn lekker persoonlike aspek by jou troudag kan byvoeg.  Die opstel van die matte, dekor en die blomme vir die sonsondergang fotosessie wou ons doen om te wys dat paartjies iets buite die gewoon kan doen met hul paartjie fotosessies.  Dit bring ʼn hele ander dimensie na mens se fotos toe.

Kleurskema:


Die dekor het ons gekies met die idee dat dit nogsteeds by ons aardse “moody” tema sal pas en dat dit die donker elemente sal komplimenteer.  Al ons elemente het aan die einde baie mooi saam gewerk, ons het ‘n goeie balans bereik sonder dat die tema te donker geword het.

Dekor:


Die dekor elemente was gekies met die doel dat dit ʼn aardse tema deurbring, en ter selfde tyd ʼn donker gevoel weerspieël.  Dit was so beplan met die hoop dat die aardse kleure die donker gevoel mooi sal uit balanseer.

Venue en Ligging:


The Barn@Redstone bied soveel foto geleenthede aan.  Die rustieke baksteen mure van die venue het gehelp om die donker elemente bietjie te breek so dat dit nie die hele gevoel van die fotosessie oorneem nie.  Ons wou tog wys dat mens ʼn mooi balans kan bereik.  ʼn Donkerder trou tema hoef nie noodwendig goties te lyk nie.

Trourok en bruidegom pak:


Yihann Bronn is een van die mees talentvolle ontwerpers wat ons ken.  Sy unieke styl en manier van ontwerp pas perfek met hoe ons foto’s neem en redigeer.

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Daar was twee merkwaardige gedeeltes van die fotosessie.  Eerste sal beslis wees hoe ons visie perfek bymekaar gekom het aan die einde.  Tweedens, die tydbeperking van die fotosessie.  Sonsondergang fotosessies is natuurlik die hoogte punt van enige fotograaf se dag!

Agter die skerms van die fotosessie:


Die lewe is vol verassings.  Ons is al lank in die industrie, so ons het al geleer dat wanneer iets wel verkeerd loop beweeg jy net aan en benader die situasie uit ʼn ander oogpunt. 🙂

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Die span was briljant.  Elke persoon se kreatiwiteit het so mooi gereflekteer op kamera.  Ons het vooraf vir elke een van ons verskaffers ʼn algemene idee van die tema, as ook die kleur skema, gegee.   Hulle het die idee gevat en daarmee gedoen soos wat hul bes gedink het.  Mens kan sien hul talente kom van bo af en dit was so lekker om die glinster in hul oë te sien toe die fotos van die eindresultaat aan hulle gestuur was. So het elke een hul visie sien realiseer!

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Vir paartjies wat ʼn donkerder trou tema verkies, of wil probeer en bang is vir die moontlikheid dat dit nie so romanties sal weerspieël soos wat hulle gehoop het dit sal nie … ʼn Mens hoef nie skedels ens. te gebruik om ʼn donker en “moody” troue te hou nie.  Daar is maniere om steeds ʼn poëtiese trou tema te behou.  Maak gebruik van so paar ligter kleur elemente.  Die sal help om die “mood” ʼn bietjie sagter en romanties te maak.

Wie het die fotosessie gereël?


Die fotosessie was gereël deur Carrot and Ginger Photography.

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]