Mooi Troues lesers kan in die inskrywing lees oor JW en Elicia se intieme buite troue. Hierdie paartjie deel tonne wenke oor waar om trou inspirasie te gaan soek en jou begroting tot ʼn minimum te hou.
JW en Elicia wou van die begin af ʼn klein, intieme troudag hê. ʼn Onvergeetlike dag saam met hulle naaste mense waar almal net gemaklik kan wees. Elicia het trou inspirasie gevind op Mooi Troues se webblad deur te kyk na swart en wit en simboliese monochromatiese gestileerde trou inspirasie. Dit het werklik vir hulle inspirasie gebied vir die eenvoudig, maar klassieke styl waarna hulle gesoek het. Hulle het die onthaal tafel buite gehad wat ʼn fantastiese atmosfeer geskep het vir hulle intieme buite troue.
Elicia het hul begroting tot ʼn minimum gehou deur eerder haar trourok tweedehands te koop. Sy het dit gekoop deur iemand wat dit oorspronklik by Bridal Manor gekoop het. Bridal Manor is ʼn eksklusiewe bruids winkel wat spesialiseer in die verkoop van ingevoerde ontwerper trourokke.
Rol gerus af om meer te sien van JW en Elicia se intieme buite troue.
Paartjie se Liefdesreis:
Nadat ek van Amerika af gekom het, moes ek weer my voete vind in Kimberley waar ek groot geword het. Ek was op soek na nuwe vriende en ʼn kerk. Ek het vir JW ontmoet in CRC begin Oktober 2017 in die eerste oggend in die kerk, min geweet dit is my man.
Ons het geleidelik goeie vriende geword en daar was nooit intensies om die vriendskap verder te vat nie. Ek het selfs vir ʼn vriendin gesê: “Ek sal nooit vir JW gaan nie, hy is nie my tipe nie.”
Alhoewel ’n jaar daarna, in 2018, was ons saam op ʼn “road trip” met vriende na Johannesburg, waar ek gedink het hy gee seine en ek flirt terug. Ek het later uitgevind hy het nie geweet hy gee seine nie, maar hy het stappe geneem nadat ek geflirt het.
Daar was ’n paar oomblikke voor die “road trip” wat ons mekaar begin raak sien het. Maar nie een van ons het geweet of ons die vriendskap op die spel moet sit nie, en dit gelos.
Die groot vraag:
Ons het ʼn paar maande gesels oor trou. Hy het my gevat om die diamant saam met hom uit te kies. So ek het geweet hy gaan vra. Ons moes ook ʼn venue vas stel en ʼn deposito betaal omdat ons altwee ook geweet het die keuses is beperk. Ons gaan nie nog ʼn jaar wag to dat iets beskikbaar is nie. Ek het net nie geweet wanneer of hoe nie, en die wag was uitputtend. Ek het gedink JW is voorspelbaar en voorspel dit sal op my verjaarsdag of Kersfees wees, maar toe nie.
JW het die 28 November 2020 het hy gevra by Elude Escape Rooms in Bloemfontein. Nadat ons uit die tronk kamer “Inperking” uit gebreek het, het iemand gestaan met die bordjie “Elicia, will you marry me”. Geskok staan ek en kyk na die bordjie sonder om te beweeg. Hy moes my later tik om, om te draai om te wys hy vra my. Ek het net die ring gevat sonder ʼn woord. Hy het dit laggend terug gevat en gevra of dit ʼn ja is. Skokkend het ek ʼn ja uitgekry. Ek was so verbaas dat hy als op sy eie beplan het en ook nie op sy senuwees voorgekom het nie.
Die Verlowing Tydperk:
Vir ons altwee was dit belangrik om nie lank verloof te wees nie. Ons hoof rede was ook oor alles so onvoorspelbaar is gaan ons ook nie lank wag nie. Ons eerste datum was vas vir 30 Januarie, ʼn oggend troue met 40 mense. Maar weens Binnelandse Sake wat troues, registrasies en dienste op geskort het, het ons nie ʼn keuse gehad as om uit te stel totdat dit weer oop is nie.
Al te saam ongeveer 3 maande, omdat die datum verskuif het. Ons tweede datum was 6 Maart as gevolg van ʼn kansellasie. Dit was ʼn hele ander ander venue wat ons kon help, met ʼn trou koördineerder en 12 mense het bygewoon.
Ons verlowing tydperk was eintlik meestal onder druk en emosionele keuses. Daarom het ons op mekaar staat gemaak om besluite te neem en te beplan. Asook verskaffers bymekaar te sit wat ons kan vertrou en gehoop dit werk alles saam.
Finansiële Aspekte:
Ons begroting was baie belangrik vir ons en dit was ongeveer R60 000 na R80 000.
Soos baie ander paartjies vandag het ons die grootste gedeelte betaal en ons ouers het bygedra.
Ons het daarby gehou omdat ons geweet het wat belangrik was. Die beste advies wat ons kan gee is hou mekaar aanspreeklik en herinner mekaar waarvoor julle dit doen. Ons het ons top 3 belangrikste aspekte gevat en daarvolgens bestee. Vir my was die belangrikste uitgawes was fotos en video’s. Vir JW was dit die mense wat daar moet wees.
As jy ʼn idee sien en mens kan dit nie bekostig nie. Daar is so baie alternatiewe idees wat mens kan uit dink om jou dag mooi te maak. Vra gerus jou diensverskaffers vir idees, daar is kompromie wat mens kan aangaan om kostes te verminder. Ons wou bv glad nie uitspattig wees op blomme en dekor nie, want dit was nie vir ons belangrik nie. Ek het ʼn begroting vir Ulrich gegee en hy het dit bo verwagting mooi gemaak.
Soos genoem, ons moes al ons gaste verduidelik as gevolg van finansiële redes wat die beste is vir ons as paartjie. Om nie in skuld in te gaan nie, het ons besluit om net naby familie by te woon. Wat dit in totaal 12 gemaak het.
Ons het gelukkig net ʼn deposito betaal vir die ander venue, omdat ons klaar skrikkerig was vir stories wat gebeur het met ander paartjies. Waar dit sover moontlik is, probeer eerder net ʼn deposito betaal vir so lank moontlik.
Merkwaardigste Oomblikke:
Elicia:
Myne was eintlik ons eerste dans as man en vrou. My sprokies verhaal het waar geword toe ons onder die sterre op die grasperk kon dans met “fairylights”. ʼn Viool en ʼn klavier het gespeel in die agtergrond.
JW:
Dis dalk cliché, maar dis die oomblik toe sy in gestap het. My keel het al begin toe trek toe die viool begin speel het. Ek het besef die oomblik waarvoor ons so lank gewag het is uiteindelik hier.
Die ander oomblik vir ons albei was heel aan die einde van die aand toe almal al weg is. Dit was net ons twee wat daar staan op die grasperk het ons terug gekyk na waar ons tafel was op die grasperk onder die liggies. Net die oomblik in geneem dat die mooi troue vol verrassings en spanning verby is en ons kan nou die herinneringe koester.
Gunsteling Diensverskaffers:
Elicia:
Ek dink om een uit te sonder sal nie die prentjie voltooi nie. My gunsteling diensverskaffers sal die fotograwe wees omdat ons ʼn persoonlike vriendskap het ook met hulle. Daarna sal dit die blomme en venue wees wat dit moontlik gemaak het om in so kort tydjie dit te reël en sprokies mooi te maak.
Die platejoggie en musiek kan ek nie uit laat nie. Hulle het van Kimberley af gery sonder enige verhoging in kostes, omdat ons al so lank gesels het oor ons idee en hulle wou dit spesiaal maak. En selfs ʼn verrassing liedjie vir ons dans gedoen!
JW:
Die Fotograwe – ek is nie gemaklik voor ʼn kamera nie, maar hulle het hul bes probeer dat ek gemaklik voel en hulle kant gebring om ons fotos wat ons wou gehad het te neem en selfs ook goeie idees gehad. Hulle het dit reg gekry om oomblikke vas te vang wat ons wou gehad het. Monte Bello het ons idees wat ons gegee het, bymekaar gesit en bo verwagting vir ons onvergeetlik te maak, al was ons net 12 mense die dag.
Paartjie se styl:
Ek het omtrent elke keer as die venue verander het my tema verander. Later toe ons hierdie venue kry het ek eintlik net gevra dat hulle al die dekor doen. Ek het die begroting gegee met ʼn paar fotos vir idees. Ek was al op met keuses, stres en Pinterest. Op die dag wat ons na Monte Bello gaan kyk het, het ek genoem ek wil net op daag ʼn gestileerde fotosessie troue hê en dit deur stuur vir Mooi Troues”.
Dit was belangrik vir ons om gemaklik te wees op ons eie troue. Ons het ʼn baie “ontspanne” eenvoudige styl gesoek wat tog klassiek is. Ek het op Mooi Troues ʼn monochroom kleur gesien en waar Ulrich ʼn klasieke tema by Monte Bello versier het.
Ek wou baie graag ʼn rok kry met ʼn sekere materiaal asook bo tot by die nek. JW wou nie ʼn swart pak gehad het nie en spesifiek gekyk na vlootblou kleur wat ons gekry het.
Trouring:
My trouring was uiters kosbaar vir my omdat ek geweet het ek dra dit elke dag. Ek hou baie van navorsing en ons het baie op gelees oor diamante. Ek voel ek het kort dik vingers en as ek ringe aangepas het, was ek net ongemaklik. Die Marquise diamant was iets uniek en ons het orals gevra in Kimberley vir ʼn ring met so diamant. Later het ons besef ons gaan eerder dit bestel. Die juwelier het vir ons drie gewys waarvan ons gepraat het na die tyd. JW het die besluit geneem watter een. Om die diamant te beskerm het ek ook eerder gevra dat ons die kleiner steentjies langsaan sit (wat hierdie langer gevat het dat ek verloof raak natuurlik) en hy het self die setting ook gekies. Ek het eers die ring gesien toe hy my vra.
JW wou eenvoudig wees en ʼn Touchwood ring kry, hy het vir my twee gewys wat ek van moet kies. Hy is mal oor tegnologie en daarom het ek ʼn verrassing in sy ring gesit wat ek graag altyd wou doen as ek trou. Ek was baie in kontak met Touchwood om my vingerafdruk in te laser aan die binnekant. JW se pa werk by die forensies in die polisie en kon my uit help om die perfekte vingerafdruk vir hulle te stuur.
Venue & Dekor:
Ons wou eintlik net die kontrak teken, en later die groot troue doen wanneer ons kan. Die idee het vasgesit en ons het gedink ons het die rok en pak so ons kan net sowel net ʼn mooi plek kies en teken. Daarna het ek na venues gekyk en die venue gekies omdat ek wou uitvind oor elopement pryse en hulle kon ons afslag gee op ons hoeveelheid mense. Ons wou eers ons ander venue behou vir ʼn “Celebration event” wanneer als weer oop is, maar het ʼn moeilike besluit geneem om eerder net een keer dit te doen.
Monte Bello was ongelooflik mooi en kon vir ons ʼn opsie gee om onder die sterre te eet. Ek wou baie graag ʼn atmosfeer gehad het wat voel soos ʼn groot familie ete. Meer as dit is Jeanne Mari ʼn pragtige mens en sy het simpatie getoon vir ʼn bruid wat uitgeput is vir trou beplanning. Ons het ook ʼn plek gesoek wat die dekor vir ons kon doen en wat ʼn plek gehad het waar ons kan slaap.
Die inspirasie agter die dekor was klasiek en minimalistiek, monokroom. (Wat ook op Mooi Troues gekry is). Ulrich het dadelik ingespring en sy talent wys dit. Ek het glad nie geweet hoe die tafel gaan lyk nie. Daardie aand het ek eers gesien toe ons die fotos neem. Ek was so aangeraak deur die mooiste blomme wat ek nog gesien het. Ek het hom net verduidelik wat ek soek met ʼn paar fotos, ʼn begroting gegee en hy kon sy kreatiwiteit uit leef.
Die Besluitnemingsproses:
As mens ʼn troue in twee weke moet maak, sal die beste raad wees:
Neem ʼn besluit en beweeg aan.
Kry diensverskaffers wat jy kan vertrou, dat hulle ook deel is van die besluitnemingsproses. Ons het net fotos gewys wat ons wil hê, ʼn Begroting gegee en die res in hulle hande gelos, omdat ons op ander dinge wou fokus. Monte Bello het al die dekor gedoen, ons het net fotos gegee en wou nie betrokke wees by die details nie.
Dit was moeilik om vir die familie en vriende te laat weet ons het eerder besluit om alles te verander en wat die beste is vir ons om net ouers en sussies genooi het. Daar moes ons ʼn besluit saam geneem het. Maak nie saak wie wat dink nie, die finale besluite was geneem.
Daarna het ʼn vriendin ingespring met die koek, ek het iets heeltemal anders in gedagte gehad maar omdat dit saam met ons van Kimberley kom het ons dit eerder eenvoudig gehou.
JW het die besluitneming met die blomme van die koek en die konfetti die oggend van die troue nog rond gery. Ons het alles sommer net laat saam sit en gehoop dit pas als saam.
JW:
Ons het meestal die finale besluite geneem en mekaar in ag geneem. Dit was ʼn vat en gee/”compromise”. Familie het inslae gegee oor die spyskaart en kos omdat ons so min was en hulle kon kies wat hulle graag wou eet. Verder het ons hulle gesê wat ons planne is.
Eerste Dans:
Elicia:
Ons het ʼn eerste dans gehad ja, en ʼn tweede een daarna, maar dit was al vir die aand. Ons het ʼn roetine geleer op ʼn liedjie, maar die aand net normaal gedans. Ek onthou ek het baie gepraat gedurende die eerste een.
Ons het iemand gekry met ʼn viool en klavier wat vir ons “You are the reason” gespeel het. Direk daarna toe JW wou gaan sit, het Zoe (op die viool) en haar verloofde Nathan vir ons ʼn verassing gespeel “A Whole New World” en ek het dadelik vir JW gesmeek vir nog ʼn dans. Daardie een was vir my die mees spesiaal omdat dit ʼn onverwagse mooi verrassing was, onder die sterre op die gras en “fairylights” het ek my “hopeless romantic moment” gehad. Ek het net die oomblik probeer in neem so veel as moontlik en wou nie hê dit moes eindig nie.
JW:
Ja ons het, dit was baie senuweeagtig, omdat ek nooit dans nie en ek hou nie van om voor mense te dans nie. Sy was bly sy kon darem ʼn dans gekry het. Ons was buite onder die sterre en “fairylights” en dit was haar droom. Ek is ʼn skamerige mens en vat baie van my om dit te doen en ek sal dit nie verruil vir enige iets nie. Ek was nie gemaklik om die roetine dans te doen nie en net voor ons begin haar gevra dat ons eerder dit normaal doen wat haar ook onkant gevang het, maar sy het verstaan.
Die ʼnie-so-perfek’ oomblikke:
Elicia:
Om te begin ja – ek sou alles wou anders gehad het, MAAR hierdie is tog “ons storie” daarom sal ek dit onthou en nie iets verander nie en tog op die ou einde het ek vrede gemaak met dit en dis mooi.
Die liedjie waarmee ek in geloop het was met “Perfect” van Ed Sheeren en ook op die viool en klavier, maar dit was vir my so mooi oomblik en ek het my pa gevra ek wil stadig in loop en dit wat ek gedink het die mooiste oomblik was, het eintlik heel ongemaklik uit gedraai.
Ek sou graag die koek meer ʼn “statement” wou maak, maar die koek was ongelooflik lekker. Ons moes die koek ook verander het wat oorspronklik 40 mense was.
JW:
Die inloop van my vrou was baie stadig. Ek het op ʼn stadium gevoel ek wil haar gaan haal. Ons kan vandag daaroor lag. Natuurlik sou ons as dit in ander omstandighede was en ons bereik was, sou ons graag almal wat ons wou genooi het en meer, saam met ons die dag geniet.
Spesiale Tradisies:
Dis eintlik waar ons heeltemal verskil. Dit was vir my baie belangrik om eerder ʼn tradisie te begin wat ons op ons troudag doen as wat ons by alles hou. Hierdie mag dalk nie vir iemand wees wat bygelowe het nie, daar is so baie wat ons verbreek het. Daar is nie ʼn reg of verkeerd hoe jy jou troue wil uitleef of wil onthou nie. Ons wou ons manier gedoen.
Sekere tradisies was ons nie gemaklik om te doen nie en as dit ʼn belangrike (en duur) dag is het ons gevoel gaan ons nie iets doen wat ons nie gemaklik mee is nie. Vir my was dit die hele kousband tradisie en vir JW was dit dans gewees, en ons het besluit dis “ons” dag.
Ons het die oggend van die troue saam gebid en daarna ontbyt gaan eet en almal wat nie kon by woon nie gevra om vir ons boodskappe en briewe te skryf wat ons die oggend van die troue geluister het. Daarna het ons paaie gekruis, JW moes blomme en konfetti koop en ek het ʼn massage en middag slapie gevat (watter bruid kan dit noem van haar dag?).
KOVID se effek:
As gevolg van KOVID en omstandighede het ons eerder gedoen wat ons graag wou doen in plaas van die tradisionele manier. JW het gesien hoe my hare gaan lyk voor die tyd omdat ʼn geskenk reeds betaal was in Kimberley (ja ek het my hare al ʼn dag voor die tyd gedoen en net baie stil geslaap). Ons het saam gery die vorige dag, paar inkopies by die Waterfront gedoen saam die dag voor die tyd wat alles lei tot die op bou van die groot oomblik.
Dit het JW nie gepla dat hy nie ʼn manne ding gehad het die dag nie, hy was meer as bereid om te help en uit sy pad te gaan so hy moes die dag van die troue nog blomme en konfetti soek by meer as een winkel.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Elicia:
As jy terugkyk na jou troue wat wil jy onthou, beplan dan daarom.
In die tyd waarin ons nou is en jy is ʼn bruid wat beplan in hierdie pandemie, sal dit jou baie teleurstelling en trane spaar as jy oopkop is met jou beplanning. Dinge kan verander en dis okay.
Moenie te veel fokus op jou Pinterest troue en vergeet dat die werklikheid anders is nie. Ek dink in vandag se era, kan ons bruide maklik fokus verloor op wat regtig saak maak om jou huwelik te maak werk as mense se opinie hoe die dekor lyk of watter geskenkies hulle kry.
Die beste raad wat vir my en JW deur gedra het was:
- Besluit op die 3 belangrikste goed – fokus en spandeer daarop. Jou begroting kan opgestel word rondom dit van belangrikste na minste. Dit help ook om besluite te neem wat jou aandag nodig het en wat jy eerder vir iemand anders kan gee. Nie alles het nodig om ʼn Pinterest bord te hê nie.
- As jy oor 10 jaar wil terug dink aan jou troudag, wat sal jy wil onthou en watter oomblikke wil jy onthou?
- Jy het gedoen wat jy kon, geniet dit nou vir wat dit is en alles vorm deel van julle storie.
- Moenie ʼn huwelik op skuld begin net om by te hou by ʼn tendens nie.
- Dis nie op die ou einde die moeite werd om jou huwelik te begin met spanning of selfs uitstel en dan voel mens teleurgestel, want dis nie wat jy wou gehad het nie. Jou huwelik is belangriker.
- Wees ʼn doelgerigte paartjie wat weet wat julle wil bereik saam as getroudes en gaan aan pak na die troue. Praat met mekaar oor verwagtinge van die dag. Ek wou glad nie duur gaan nie en wou eerder bestee het aan ʼn Wittebrood of ʼn kar, en ek moes met hom deel dat ek nie iets groot wou hê nie en graag wil “elope”. Hy het ʼn groot familie en wou graag almal nooi. Op die ou einde het die dag ons altwee se wense bereik.
JW:
- Werk jy aan die huwelik, sy kan aan die troue werk.
- Moenie al jou verantwoordelikhede probeer self doen nie, jy kan mense kry om jou te help. Daar is niks fout om hulp te vra nie.
- Help haar waar jy kan, moenie dat sy alles probeer alleen doen nie.
- Daar is niks fout om dit af te skaal as julle moet nie. Hou dit eerder klein en intiem as wat die troue eerder uitgestel word of nie kan bekostig nie. Op die einde gaan dit oor wat vir julle pas en nie wat ander mense se nie.
- Julle gaan dit moet uit leef en onthou en daarna sit julle met die geldsake.
- Bevestig jou huweliks kultuur al in jou verlowings tydperk en hoe julle graag die verhouding en rolle sien. Praat oor meer belangriker aspekte as net trou reëlings. Maak definitief seker hierdie is jou mens wat jy die lewe wil aanpak as wat dit is om ʼn mooi prentjie vir almal te skep.
- Moenie bang wees om grense te stel met ouerpare of familielede nie, eerder vroeër as later. Julle gaan een word en ouerpare moet julle verhouding respekteer. God het ʼn huwelik geskep en dis die belangrikste deel van julle huwelik, moenie bang wees wat mense dink omdat julle voorhuwelikse kursusse by woon nie. Dit is die beste belegging wat julle kan maak in julle verhouding omdat dit jare se huwelik is en een dag se troue. Vir ons was dit belangrik om eerder ons huwelik te begin en ʼn gesonde huweliks kultuur te vestig as om alles op een dag (eintlik maar 8 ure) moeite werd te maak.
Wittebrood:
Ons wou eerder graag oorsee gaan, maar dit was ook ʼn ingewikkelde proses en het besluit om na Tulbagh te gaan. Ons moes ongelukkig ons wittebrood in Tulbagh ook gekanselleer het, omdat ons nie geweet het of as ons gaan uitstel vir hoe lank nie. Tans het ons nog nie op ʼn wittebrood besluit nie, maar sal graag wil as die geleentheid daar is.
Het julle enige inspirasie van Mooi Troues gekry?
KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:
Soos verduidelik KOVID-19 was die grootste rede hoekom ons troue uitgedraai het soos wat dit het.
Soos vertel, het ons die deposito betaal op ʼn venue. Ons moes besluit om dinge te kanselleer tot verdere kennisgewing en moes konstant gaste op hoogte gehou. Ons wou toe eers net die kontrak teken, maar omdat ons al die nodige uitrustings het, het ons besluit om dit sommer in ʼn tuin te doen of in iemand se huis. Daarna het ek uitgeruik na ʼn paar ander plekke om te hoor waar ons net die kontrak kan teken. Ons het gehoor van ʼn kansellasie wat die datum oop is, maar dit is in ʼn ander dorp en 3 weke weg!
Ons het die spontane besluit geneem ons gaan dit doen en die beste daarvan maak. Alle verskaffers waarmee ons sou werk het uit hulle pad gegaan om dit ʼn spesiale dag te maak. Ek moes net my hare ʼn dag voor die tyd doen, en my grimering was deur my skoonsussie gedoen omdat ek nog nie iemand gekry het nie (en ook nie ʼn proef voor die tyd gedoen nie).
Ek voel ek het meer as een keer ʼn troue beplan omdat jy ʼn plan A en B het en jy nie weet wat kan verander nie.
Ons moes ook ongelukkig almal wat ons genooi het verduidelik hoekom ons planne verander het. Hulle is toe genooi om ʼn Live Link op ʼn privaat Facebook groep te kyk. Ek het voor die tyd wat ek my vriende sou verras het met my rok, het ek toe met ʼn video oproep gebel en saam gebid.
Ons moes ongelukkig ons Wittebrood kanselleer en moet nog beplan om op een te gaan.
Elicia:
Ek dink nie enige iemand dink dat hulle eendag ʼn troue binne 2 of 3 weke gaan moet beplan nie.
- My rok het ek tweedehands gekoop (op Facebook), by ʼn vrou wat dit by Bridal Manor gekoop het. Ek sal dit nie vir enige iemand aanraai nie, want die risiko is groot. Gelukkig het dit vir my gewerk en die rok het my soos ʼn handskoen gepas. Dit was presies die styl en materiaal wat ek wou gehad het.
- Die bruidegom se hele uitrusting het ons op “Black Friday” in Bloem gekoop vir helfte van die oorspronklike prys. Ons het net ʼn baadjie begroot en op die ou einde sy hele uitrusting daar gekoop.
Elicia advies oor trou kostes:
Verwag dat dit gaan duur wees. Van ʼn bruid se oogpunt wat twee keer ʼn troue moes beplan, kry ʼn lys van die begroting te hou en soek alternatiewe idees.
JW advies oor trou kostes:
Ons het onsself geforseer om by te hou. Ons het moeilike besluite geneem om sekere goed te sny as iets anders belangriker was. Daar is altyd ʼn goedkoper alternatief om in die begroting te bly. Moenie dat familie lede in meng nie. Vat finansiële raad van ander mense af. Maar moenie dat mense jou druk in iets wat jy nie kan bekostig nie. Dis nie ʼn goeie en gesonde ding om nie ʼn huwelik met skuld te begin nie, dis waar ons fokus op was.
Dis goed om te luister na mens. Maar moenie dat mense jou in druk in ʼn finansiële posisie. Op die einde is dit wat beste vir julle as ʼn paartjie is omdat julle op die einde gaan sit met die rekening.
Die familie het rerig almal die dag van die troue ook ingespring om te kyk alles is reg, van blomme op die koek tot my rok stryk.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Providence Creative
- Venue: Monte Bello Estate
- Blomme: Bowtie Evolution – Ulrich
- Bruidegom-pak: Bentley’s Men’s Clothing – Bloem Loch Logan
- Dekor: Monte Bello asook Ulrich
- Gaste Geskenke: Mr Price Home
- Grimering: Liezandré Auret (skoonsuster)
- Hare: Bernia Hutton Hair Studio
- Huweliksbevestiger: Pastoor Gerhard de Klerk
- Oorbelle: Dahlia Earrings
- Musiek: Zoë Adonis, Nathan Carlo
- Platejoggie: Travern Kesonk
- Paartjie se verblyf: Monte Bello Estate
- Skoene: OPARI
- Skryfbehoeftes: Providence Creative
- Trouring – Elicia: The Jewellery Shoppe
- Trouring – JW: Touchwood
- Trourok: Bridal Manor – preloved
- Troukoek: Lani Potgieter (vriendin)
- Videograaf: Providence Creative