Brandon & Demi se snoesige verlowings fotosessie

Ons deel met opwinding hierdie mooi snoesige verlowings fotosessie van Brandon en Demi.  Hierdie paartjie se estetiese mooi beplande fotosessie bied tonne inspirasie vir paartjies wat beplan om hul verlowings fotosessies te doen by die huis.

Brandon en Demi moes vinnig aan ʼn plan-B dink vir hul fotosessie toe die Kaap se weer hulle binnehuis gedwing het.  Hulle het inspirasie foto’s versamel op Pinterest en ʼn pragtige Air B&B gehuur vir hul fotosessie avontuur.  Die fotograaf se styl het perfek gewerk vir die gevoel wat hulle wou hê.  Die fotosessie vertoon ʼn warm kleurskema wat so mooi werk by die gemaklike en snoesige atmosfeer.

Hierdie paartjie gaan hul foto’s gebruik vir hul trou uitnodigings en trou webtuiste.  Hulle beplan ʼn troue wat ook ʼn neutrale kleurskema gaan hê, dus pas hierdie foto’s ook perfek in as ʼn voorsmakie van hul troudag.  Hulle wens is dat hul gaste ook net so gemaklik sal wees en saam sal kuier by hulle bruilofsfees.

Rol af om meer te sien van Brandon en Demi se snoesige verlowings fotosessie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons eerste ontmoeting was Januarie 2014 by Vensters in Stellenbosch.  Ek was my eerste jaar by CPUT en hy sy finale jaar by UWK.  Ons het vir 2 jaar voor die ontmoeting, alreeds aan en af op BBM geklets!  Ons het na ons eerste ontmoeting gereeld as vriende gekuier, mekaar beter leer ken en hy het my toe 18 April 2014, gevra om te kys.  Dit was die lekkerste gevoel!

Ons het op vele vele avonture gegaan gedurende ons jare saam.  Eerste huisdanse, eerste tatoeëermerke, eerste kostuum partytjies, eerste graad-vang, eerste vlugte, plaaslik en internasionaal, eerste boot reise tot in Mpumalanga, eerste jetski’s, ziplines en staptogte, eerste toeriste-saamwees in Taiwan.  Vir die meerderheid van my eerstes, was Brandon saam met my.

In 2018, besluit ek (Demi) om vir 2 jaar in Taiwan, Engels, te gaan onderrig.  Dit was ongelooflik, maar my hart het baie huis toe verlang. 2019, het Brandon agter my aan gevlieg en my kom vra om te trou. Yay!

Die groot vraag:


Op 19 Januarie 2019, het ons verloof geraak in Sunmoonlake, Taiwan.  Dit is die grootste meer daar en het ʼn klein eiland genaamd, ‘Lalu Island’, in die middel, wat die meer verdeel in ʼn maan – en ʼn son vorm, vandaar die naam.  Dit was ʼn totale verrassing.  Hy het vooraf my ouers gevra vir toestemming, waarby albei hul seëning gegee het.  Die dag van die verlowing, was ons op ʼn ekskursie op die eiland.  Ons was taamlik moeg die aand.  My hare was nie mooi nie en my naels nie gedoen nie, maar dit het hom nie gekeer om op sy knieë te gaan nie.  Na die spesiale oomblik, het ons die nuus met ons ouers en my grootouers gedeel, terwyl ons luister na ʼn buitelander wat ʼn bekende Engelse liedjie met sy kitaar serenade het.  Dit was vreeslik romanties met ʼn gevoel van tevredenheid wat oorheers.

Hoekom ons mekaar liefhet:


My gunsteling eienskap van Brandon is dat hy heelhartig is en altyd empatie toon.  Hy is sterk in sy geloof, het integriteit en bring soveel liefde, lig en vreugde in my lewe.

My gunsteling eienskap van Demi is dat sy avontuurlustig is, en my altyd uit my gemaksone laat spring!  Sy is altyd vriendelik, behandel ander met respek en liefde, en is nederig.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons het besluit om ʼn verlowing fotosessie te doen, omdat ons die foto’s wou gebruik het as uitnodiging op ons trou webtuiste.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons plan A was om ons foto’s by Boulders Beach, tussen die pikkewyne, te hou … maar die Kaapse reënweer het dit nie toegelaat nie.  Ek moes ʼn Plan B vinnig uitdink, waarby Pinterest verskriklik gehelp het om my visie ʼn realiteit te maak.  Omdat dit so koud was, wou ons graag gaan vir ʼn gemaklike, snoesige “look”.  Dus, het ons truie, jeans en sokkies gedoen.  Ons het ʼn plek op AirBnb bespreek, volgens die esteties waarby ek ons agtergrond wou laat lyk.  Ons het Starbucks, klein LED kersies asook pizza gekoop as “props”, om die sessie meer persoonlikheid te gee.  Dit het baie mooier uitgekom as wat ons kon indink!

Visie vir droomtroue:


Ons albei het besluit op my droom venue.  (So gelukkig!)  My droomtroue behels wit blomme, neutrale kleure en “fairylights”.  Ons albei wil graag ʼn troue hê waar al ons geliefdes lag, dans en opregte liefde en geluk uit hul gesigte uit straal.

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]