Ons deel vandag met ons lesers ʼn boheemse rustieke gestileerde fotosessie, gereël deur die fotograaf. Sy was absoluut geïnspireerd deur die boheemse styl tendens en wou graag dit op haar eie manier vasvang en leer ken. Hierdie gestileerde fotosessie vertoon hoe ʼn mens kan rondspeel met die nuutste trou tendense op jou eie kreatiewe manier.
Die tema weerspieël warm aardse kleure wat ʼn sagte gevoel en rustige atmosfeer oordra. Insetsels van sagte pienk en die gebruik van verskeie teksture het hierdie tema vars en interessant gehou. Selfs die twee pragtige trou koeke en die skryfbehoeftes weerspieël die natuur. Daar is gebruik gemaak van verskillende teksture en ʼn kleurskema wat die boheemse rustieke trou inspirasie so mooi komplimenteer. Die pragtige trourok van Bridal Room het bygedra tot die algehele atmosfeer van dié fotosessie.
Om ʼn venue spasie te kies vir jou troudag is ʼn faktor wat jou tema en gevoel van jou troudag kan maak of breek. Die gekose venue vir hierdie gestileerde fotosessie het pragtig ingeskakel by die rustieke gevoel met sy baksteen mure en aardse kleure. Sy groot, swart raam vensters het baie natuurlike lug deurgelaat wat gemaak het vir fantastiese fotos en ʼn romantiese gevoel. Die pragtige natuurskoon wat baie woudagtig vertoon het ook ʼn uniekheid aan hierdie boheemse tema gebring.
Rol gerus af vir meer boheemse rustieke trou inspirasie.
Inspirasie agter die fotosessie:
Ek het onlangs ʼn groot toename gesien in Boheemse styl oor die algemeen, met klere, dekor en veral troues!
Boheemse troues is baie meer bevrydend as ʼn tradisionele, moderne troue. Mens kan kreatief wees en eksperimenteer met verskillende kleure en teksture. Die styl is elegant maar tog rustiek, eenvoudig en natuurlik.
Ek wou graag hierdie kreatiwiteit vasvang en die populêre styl verken.
Dekor:
Simplistiese wit borde met silwer eetgerei het gestaan op bruin geweefde plekmatjies, wat die kontras in tekstuur beklemtoon het. Klassieke wit vase was die prentjie van elegansie met hulle fyn blommetjies, asook klein delikate goue potjies en lang, wit kerse. Die spyskaart was uitgestal op elke bord in die middel van ʼn pienk gekleurde servet. ʼn Bruin leer naamplaatjie het weereens ʼn tikkie warmte bygevoeg het met ʼn rustieke gevoel.
De Schone Décor en Daring Décor and Events het die pragstukke gelewer. Dit het perfek gewerk het saam met The Allora Collection se skryfbehoeftes en Floral Fantasy se blomme.
Kleurskema:
Eenvoudige wyn en sjampanje glase was gegroepeer saam met helder geel glase. Dit het ʼn verfrissende pop van kleur ingebring het. Die sagte pienk tafelloper het grasieus van die tafel afgehang en die hele prentjie so pragtig afgerond. Groot bosse pampas het gepronk langs die tafel, met pienk kerse en groen palmblare.
Ek wou graag aardse en warm kleure gebruik om die Boheemse en rustieke gevoel na vore te bring, saam met ʼn verrassing van kleur of tekstuur hier en daar. Die verskillende elemente het als in harmonie saamgewerk om die tema perfek uit te beeld.
Trourok en bruidegom pak:
Bridal Room SA was fantasties met die proses om die perfekte rok uit te kies, aan te pas en saam te stuur. Die rok was eenvoudig, met sagte wit kant en lae van sjiffon wat tog so grasieus geval het. Hierdie trourok kan enige bruid soos ʼn prinses laat voel, terwyl jy nog steeds gemaklik kan beweeg en nie verdrink in lae materiaal nie.
Die bruidegom het sy eie pak saamgebring om die proses te vergemaklik en ons het dit versier met ʼn treffende leer belt, strikdas en bretels van Filly Leather SA.
Agter die skerms van die fotosessie:
Die fotosessie was taamlik op die laaste minuut gereël en was nog boonop in ʼn baie bedrywige maand, in die middel van trou seisoen. Baie verskaffers wou vreeslik graag gehelp het, maar was alreeds vol bespreek deur ander kliënte.
Dit was ʼn uitdaging om ʼn datum te kry wat al die verskaffers gepas het, maar ons het deurgedruk en kon toe vir ons ʼn perfekte datum reël wat almal pas.
Inspirasie agter die fotosessie:
Ek het onlangs ʼn groot toename gesien in Boheemse styl oor die algemeen, met klere, dekor en veral troues!
Boheemse troues is baie meer bevrydend as ʼn tradisionele, moderne troue. Mens kan kreatief wees en eksperimenteer met verskillende kleure en teksture. Die styl is elegant maar tog rustiek, eenvoudig en natuurlik.
Ek wou graag hierdie kreatiwiteit vasvang en die populêre styl verken.
Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:
Dink buite die tradisionele boksie en vat ʼn kans met jou troue. Boheemse troues is baie populêr vir ʼn rede: Dit bied die geleentheid om kreatief te wees en iets anders te probeer. As jy hou van warm en aardse kleure met ʼn sagte en eenvoudige gevoel, is die tema vir jou!
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Ek het geweet ek benodig verskaffers op wie ek kan staatmaak om die kreatiewe styl van die fotosessie te weerspieël in hulle werk. Ek het baie spesifieke idees gehad van wat ek wou hê vir die fotosessie. My span diensverskaffers het die prentjie in my kop help realiseer.
Venue en Ligging:
Elegant, tydloos, sjarmant. Net ʼn paar woorde om Lace On Timber se venue te beskryf. Die lig wat stroom deur die vele groot ruim vensters bied ʼn romantiese gevoel en kan enige iemand bewonderend laat staar. Bruin tafels en baksteen mure maak vir pragtige fotos!
Die modelle het aangetrek en reggekry in die Groom’s Room en Bridal Suite. Ons het die tafel opgestel in die ontvangs area en ek kon net nie ʼn paar fotos in die pragtige kapel weerstaan nie. Die son het gesak op ʼn veld net buite die venue met asemrowende resultate.
Merkwaardigste deel van die fotosessie:
Dit was vir my ʼn plesier om te kan werk saam met sulke hardwerkende, positiewe span van diensverskaffers. Almal het baie moeite ingesit en ons het baie lekker saamgewerk.
Te danke aan almal se besonderse positiewe houdings en ingesteldheid, het die fotosessie vlot verloop en pragtige resultate gelewer. Almal was in hulle element. Dit was wonderlik om op te merk hoe almal se passie en liefde vir wat hulle doen so duidelik uitstraal.
Alles op daardie dag het net so perfek uitgedraai en my verwagtings vêr oortref.
Addisionele Inligting:
Beaudell Jewellery se goue en swart juwele was delikaat en perfek vir die tema.
Tash Studio het verseker dat die bruid se hare en grimering tot op die laaste detail foutloos was.
Sinden’s Wedding Cakes het twee koeke voorsien vir die fotosessie, met verskillende teksture. Dit het so goed gepas by die konsep van verskillende teksture op die tafel.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: LaraG Photography
- Trourok: Bridal Room
- Hare + Grimering: Tash Studio
- Blomme: Floral Fantasy
- Bretels, belt en strikdas: Filly Leather SA
- Dekor: De Schone Décor + Daring Décor and Events
- Juweliersware +trouring: Beaudell Jewellery
- Troukoek: Sinden’s Wedding Cakes
- Skryfbehoeftes: The Allora Collection
- Venue: Lace On Timber