Boheems & Gotiese Trou Inspirasie

In dié inskrywing deel ons met Mooi Troues se lesers ‘n twee-vir een trou inspirasie, Boheems en Goties.  So hierdie artikel bied meer as net een tipe trou inspirasie wat heeltemal teenoorgestelde is van mekaar.

Die eerste tema is meer boheems met ʼn ligte kleurskema wat gaan van bruine en wit.  Hierdie is meer sag en elegant.  Dit is baie mooi vir ʼn somer of selfs herfs troue.  Die pragtige skakerings van groen is ook so mooi geïnkorporeer en gee so ʼn ongelooflike gevoel aan die hele tema.

Die tweede tema is meer donker en dramaties.  Swart en rooi is die hoof kleure en gee ʼn baie dramatiese gevoel.  Hierdie tema sal perfek wees vir in die Winter.  Dit is baie mooi hoe die wit rose en goue kershouers op die tafel so ʼn klassieke gevoel gee.

Rol gerus af en lees meer oor die Boheems en Gotiese Trou Inspirasie.

Wie het die fotosessie gereël?


Flowers4u en Charl Kemp Photography

Inspirasie agter die fotosessie:


Inspirasie gekry deur ons natuurlike bruide wat meer sagter kleure wil hê, én die meer onkonvensionele lewe leef.

Venue en Ligging:


Donegal Wine Estate is so tussen woud en formeel met ʼn asemrowende binnekant en kelder wat die kersie op die koek sit.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Hulle weet presies wat hulle vir hulle bruide wil hê en doen dit op hoë gehalte.

Agter die skerms van die fotosessie:


Wel een van die pom-pom bosse het aan die brand gesteek, maar dit het die perfekte gevoel vir ons somber/donker tema gegee.

Kleurskema:


Boheemse tema se kleurskema is sag natuurlik en aards.  Flowers4u het dit perfek laat werk.

Gotiese tema is meer diep met swart, rooi en blou elemente.

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Hoe die lig saam met ons opset gewerk het en ons bruid en bruidegom saam met mekaar kon werk van 1 dag se ontmoeting.

Trourok en bruidegom pak:


Formeel en klassiek.  Vintage, klassieke bruidegom pak met ʼn “chic wear” rok wat ongelooflik mooi saam met mekaar gesmelt het.

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Maak seker jou diensverskaffer weet wat hulle doen.  Hou by jou simplisties, aards en chic gevoel op dekor.

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Diensverskaffers:

[endsection]