Adriaan & Amarie se plattelandse plaastroue

Dié inskrywing wat ons nou met Mooi Troues se lesers deel is van Adriaan en Amarie se plattelandse plaastroue.  Wat dit alles nog meer besonders maak is dat Adriaan en Amarie van die wenners is in die Mooi Troues 2020 se Troue van die Jaar kompetisie.   Die prys wat hul gewen het is 2 Nagte by Bona Bona Game Lodge in Klerksdorp, ter waarde van R6,260.00.

Adriaan en Amarie het op ʼn familie plaas getrou en het meesal van die troubeplanning en dekor self gedoen.  Die rustieke elemente van die rou plaasskuur was baie mooi kontras teen die fyn en elegante troudekor.  Die paartjie vertel dat familie en vriende altyd gereed was om te help met die troureëlings.

Alhoewel dit ʼn selfdoen troue op ʼn familie plaas was, het die begroting R400,000 beloop.  Hier by Mooi Troues moedig ons graag ons lesers aan wat beplan om te trou om ordentlike huiswerk te doen oor pryse van diensverskaffers.  Paartjies kom vinnig tot besef dat ʼn troue duurder uitwerk as wat hul oorspronklik gedink het.  Ons deel gereeld trou advies artikels, so klik hier om meer te lees van die verskeie trou advies.

Hulle het Akoestiek Musiek op Mooi Troues se aanlyn trougids gekry.  Dié musiek duo het vir baie mooi musiek vermaak gesorg terwyl die trougaste kuier voor hulle die saal in gegaan het.

Die paartjie vertel ook dit hul ongelukkig geld verloor het a.g.v. KOVID-19, omrede hul vir die spyseniering per kop moes betaal en van hul gaste het op die laaste kanseleer.  Ongelukkig het hul ook al hul wittebrood geld ook verloor.

Mooi Troues se lesers kan nou rustig afrol en die pragtige foto’s van Adriaan en Amarie se plattelandse plaastroue geniet.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons ken mekaar van skool af, en het in Graad 11 begin uit gaan, dus het ons ʼn skool liefde gehad.  Na skool het ons albei Landbou rigtings gaan studeer in Bloemfontein en in die middel van ons finale jaar het ons verloof geraak.

Ons was vir ons Julie vakansie by my ouers op die plaas.  Adriaan was heeldag besig om mielies weg te ry, want ons besig was om te stroop.  Die aand, net voor die son sak, het hy vir my ʼn storie vertel dat die een lorrie nog op die ander plaas staan en dat hy hom moet gaan haal.  So ek moet saam ry om die bakkie terug te ry, ek het hom vas geglo.

By die lorrie aan gekom, se hy hy dink sy baadjie is agterop die lorrie ek moet net gou kyk.  Toe ek by die lorrie op klim, en sy baadjie oplig was daar ʼn piekniek mandjie in die mielies weg gesteek, en daar was orals feetjie liggies.  Ons het toe piekniek gehou agter op die lorrie op die mielies onder die sterre.  Toe haal hy ʼn boksie uit wat versier was met blomme en die mooiste ring binne in, en so het hy my gevra om te trou.

Die Verlowing Tydperk:


Die verlowings tydperk was agt maande voordat ons getrou het.

Ons het alles self beplan, omdat ons soveel moontlik alles self wou doen en maak, en omdat ons geweet het ons gaan op die plaas trou.

Ons het spesifiek besluit op die 21ste Maart, want dit is my pa se verjaarsdag.

Trou Begroting:


Die begroting was R400 000.

Ons het redelik daarby gehou, maar het besluit om die strooimeisie en strooijonkers se klere vir hulle te koop, asook slaapplek vir ons gevolg vir die naweek te reël, om dankie te sê.

Daar was 120 gaste, maar as gevolg van KOVID-19 het baie mense op die nippertjie uit gedraai en was ons op die ou einde min of meer 90 mense.  Ons het ook ʼn verlies daar gelei, want die kos was reeds betaal per kop.

Ons het ook self al die drank gekoop, want ons het ʼn oop kroeg gehad.

Ek voel dit is nie nodig om almal te nooi wie jy dink of voel jy MOET nooi nie, nooi mense na jou troue toe wat jy regtig daar wil hê.  Dit is ook nie nodig om ʼn groot gevolg te hê nie, en bruid meisies kan mekaar se hare en grimering doen.

Merkwaardigste Oomblikke:


Dit is so moeilik om te kies!!  Die hele dag as geheel was net besonders, elke oomblik wil ons vir altyd onthou.

Adriaan:

Toe ek die eerste keer vir Amarie gesien het in haar trou rok en sy stap by die trou padjie af, en ek weet die groot dag is uiteindelik finaal hier.

Amarie:

Daar was ʼn stil oomblik gewees voor ek in die kar geklim het om kerk toe te gaan.  Dit het skielik verskriklik begin reën en na ʼn rukkie was dit net dood stil.  Ons het ʼn draai in die dorp gery om die tyd om te kry om presies 3uur by die kerk te wees.  Toe ons voor die kerk stop het my pa voor die kerk deure vir my gestaan en wag.  Toe die trou mars begin speel met die orrel, en ons afstap in die trou padjie en ek sien hoe emosioneel Adriaan was, was dit vir my net besonders en ek sal dit nooit vergeet!

Paartjie se styl:


Ons het gegaan vir rustiek plaas, plein plattelandse tema, met ʼn bietjie bling en elegansie, maar steeds gemaklik.  My trou rok is ʼn plein, lang mou wit rok van voor af, tot ek om draai en jy sien al die detail van die kant en pêrels, met sy lang kant slee.  My sluier was ook eenvoudig en dan met pêrel details.

Ons het ook besluit op ʼn blou pak vir Adriaan.  Sy strooijonkers het net chino broeke met wit hemde gehad en dan leer kruisbande en strikdasse.  Die strooimeisies het ook ʼn een kleur romp gehad met ʼn detail kant toppie.

My verlowings ring is baie besonders met ʼn manganiet steen en twee diamantjies in roos goud, met baie klein fyn detail.  Dus het ons besluit om dit te paar met ʼn klein fyn trou pand.  Adriaan se ring is titanium, met ʼn Damaskus patroon met een roos goud streep deur.

Die Besluitnemingsproses:


Amarie het met die meeste idees op gekom, maar ons het saam daaroor besluit.  Adriaan was betrokke by alles gewees.  Ons ouers het ook vreeslik baie gehelp met besluite en idees, en om alles prakties te kon uitvoer.  My ma het die koek ontwerp en gemaak.  My sussie en swaer het ook baie gehelp.

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons het Pasch du Plooy gebruik om vir ons ʼn unieke spyskaart voor te berei.  Ons het ʼn sewe gang maaltyd gehad, wat kelners na die tafel gebring het.  Dit was een van my gunstelinge dinge by ons troue.  Ek voel dit is wat mense onthou van ʼn troue en besluit of dit lekker was of nie, was hoe die kos geproe het.  Dit was boerekos met ʼn “fancy twist” gewees!

Dan ʼn ander ding waaroor ek nooit sal spyt wees nie. was om ʼn goeie fotograaf te kry soos Francois Slabbert van Palm Productions.  Op die ou einde is dit al wat jy oor het van jou troue – Foto’s.  Hy het regtig besonderse foto’s geneem, en die hele dag se emosie en opgewondenheid het hy vas gevang.  Hy laat mens baie gemaklik voel!

Dan ons top punt was ons unieke en interessante koek wat ons gehad het.  Ek het hierdie droom gehad van ʼn ‘onderste bo’ koek wat hang, en my Ma het my droom waar gemaak!

Vermaak:


Akoestiek Musiek het op getree terwyl die gaste drankies geniet het, voor hulle in die saal in gegaan het.

Het julle enige diensverskaffers van Mooi Troues gekry?


Akoestiek Musiek

Venue & Dekor:


Ons het besluit om in ʼn stoor te trou op my ouers se plaas.

Die dekor het ons baie eenvoudig gegaan met hout tafels, min blomme, en klein fyn detail.  Ons wou hê dit moet steeds ʼn egte plaas troue en plaas gevoel wees.  Die stoor is ook nie gedrapeer nie, en dit net so sink gelos, met feetjie liggies en kandelare.  Daar was ook lang hout tafels met geen tafel doeke nie, met klein potjies blomme en goue lanterns.  Ons wou hê dit moet mooi lyk van ver af, en as jy eers nader kom sien jy al die klien detail goedjies raak.

Die ʼnie-so-perfek’ oomblikke:


Ons kan eerlik sê ons het geen oomblikke gehad wat ons sou verander nie.  Alles was so perfek, ek sal net wou hê dit moes langer kon aanhou, alles gaan so vinnig verby.  As daar iets was wat nie perfek was nie, het ons net aan gegaan asof dit so moes wees!  Beste van elke oomblik gemaak.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruid:

Beplan en doen soveel moontlik vooraf.  Deel jou idees met jou bruidsmeisies en familie, sodat hulle weet wat is jou idees en op die dag jou kan help met die voorbereiding.  Gee vir elkeen ʼn spesifieke taak om te doen.  Moenie oor simpel eenvoudige goedjies stres nie, jou gaste op jou troue weet nie hoe moes die eintlik gelyk het nie!  En geniet dit, elke oomblik, probeer soveel as moontlik in neem, dit gaan so vinnig verby.

Bruidegom:

Moenie bang wees om vir jou bruid te sê as jy nie van iets hou nie, dit is jou dag ook en moet vir jou ook mooi wees!  Gaan na al die afsprake toe, en luister na al haar idees, dit is die beste manier hoe jy haar kan ondersteun en by staan – en dit is gelukkig net een keer.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Ja. Baie mense het nie gekom troue toe nie, dus het ons geld per kop verloor vir die kos wat klaar vooraf betaal was.  Die aand voor ons troue het ons uit gevind ons gaan nie meer kan vlieg Zanzibar toe nie vir ons wittebrood.  Ons het op die ou einde al ons wittebrood geld verloor.

Eerste Dans:


Ja, ons eerste dans was spesiaal.  Ons het rook masjiene gehad en dit het sprokiesagtig gelyk.  In die helfte van die liedjie het die strooijonkers en strooimeisies saam hulle metgeselle ook saam gedans.  Ons het nie gegaan vir dans lesse nie, en het ook nie ʼn vaste roetine gehad nie.  Wel het ons op YouTube vir idees gesoek, maar op die ou einde het ons net gedoen wat vir ons gemaklik en lekker was.  Ons het op Elandré se Eilande, Woestyne liedjie gedans.  Dit was net vir ons altwee ʼn gepaste liedjie vir die oomblik.

Wittebrood:


Ons sou Zanzibar toe gegaan het, maar as gevolg van die grendeltydperk, kon ons toe nie gaan nie.  Ons was wel vir 2 dae by my skoonouers se see huisie in Park Rynie, maar toe moes ons terug kom toe grendeltydperk aangekondig word.  Later in September was toe ons wel Knysna toe, sommer vir ʼn wittebrood en “babymoon” in een!!

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]