JP & Anrike se Hollywood Glans Troue
deurJP en Anrike se Hollywood glans troue met ʼn industriële kinkel is…
Ons is gevestig in Durbanville, Wes-Kaap en reis tot 300 km na plekke waar u wil trou. Ons klankingenieurs is goed gekwalifiseer in klankingenieurswese (CAE).
Met baie jare ervaring in die platejoggie-industrie, bied ons jul die perfekte atmosfeer wat julle verlang tydens jul troue, funksie of verjaardagpartytjie. Met ʼn wye verskeidenheid van die nuutste Afrikaanse, Engelse, ” Golden Oldies” en kommersiële musiek wat aan u behoeftes voldoen.
Ons spesialiseer in beide Afrikaans/Engelse troues, funksies en verjaardagpartytjies en die studente-teikenmark. Ons skep die perfekte atmosfeer vir enige geleentheid.
Ons het al suksesvol vermaak gesorg vir verskeie bekende troues soos Jaco Sadie (Cheetahs -rugbyspeler), Marnus Boshoff (Leeus -rugbyspeler) en Angelique Gerber en Jacques Potgieter (Bulle -rugbyspeler).
Ons verskaf ook klank in die musiekbedryf vir bekendes soos Quentin Prinsloo, Radio Raps en Ampie wanneer hulle in Kaapstad optree.
Ons maak slegs gebruik van top -kwaliteit platejoggie-toerusting soos Yamaha, Sure, Denon, Wharfdale, Behringer en Apple.
Ons streef na professionaliteit, stiptelikheid, goed georganiseerde en netheid in ons werk, en werk nou te same die ander verskaffers op die aand van die troue, funksie of geleentheid.
Ons het meer as 350 troues en 400 funksies gedoen en ons professionele kundigheid het ons in staat gestel om die skare tydens ʼn troue, funksie of geleentheid te lees en ʼn gebalanseerde verskeidenheid musiek te skep om almal op die dansvloer tevrede te hou.
Perfeksionistiese en professionele etiek sal verseker dat ons opset altyd netjies en skoon lyk en u die tyd van u lewe op die dansvloer verseker.
JP en Anrike se Hollywood glans troue met ʼn industriële kinkel is…
Geen resensies op die oomblik nie.