Dié paartjie se liefdesverhaal is soos ‘n tipiese tiener rolprent. Jana was die “girl next door.” Jacques en sy gesin was vir jare Jana en haar gesin se bure en het soms by hulle gaan braai.
Later het Jacques en die gesin getrek en niks veel daarvan gedink nie. Jana het hom eendag weer raakgeloop in die omgewing en van toe af is hulle saam. Op die aand van die 24ste Desember 2013, terwyl meeste mense om die tafel sit vir Oukersaand, het Jacques vir Jana gevra om met hom te trou. Sy het natuurlik ‘ja’ gesê, maar was heeltemal verstom. Baie dankie Melissa Naude vir die mooi foto’s.
Julle het in Augustus getrou, wat was jul droom troue?
Ons het in Engeland gebly vir ‘n hele tydjie en is mal oor die koue winter weer. Ons troue was nog in semi-winter gehou en ons het gehoop vir ligte reën. Die kleurskema was rooi; rooi rose, rooi harte, rooi skoene, rooi das en rooi rokke vir my vervolg. Die rooi is warm en romanties wat presies is wat ons wou hê. Die dag het vir ons gegaan oor familie, daarom het ons gehou van die intieme gevoel. Om ons droom troue op te som: ‘n warm, winter, romantiese, intieme en gemaklike troue.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Melissa Naude