Stian & Anneline se stedelike verlowing fotosessie

Hier by Mooi Troues deel ons graag vandag met ons lesers meer oor Stian en Anneline se stedelike verlowing fotosessie met oliebolle.  Stian het min geweet dat hy sy trouvrou op ʼn krieketveld gaan raaksien.

Die paartjie het die fotosessie gedoen om hul fotograaf beter te leer ken en weet wat om te verwag op hul troudag.  Hulle het ook bitter spesiale elemente gebruik tydens die stedelike verlowing fotosessie wat vir hulle albei betekenis het. Hoe oulik is dit nie?  Haar pragtige rok kan dalk net vir Stian ʼn voorsmakie gee van wat om te verwag op hul troudag.

Stian het die oulikste idee gehad met Anneline se verloofring wat iets is waarvan sy baie hou.  Dis die kleiner dingetjies in die lewe wat saak maak.  Boonop dit om hierdie hoofstukke in jou lewe te kan afneem is iets wat jy vir altyd sal kan onthou en waarna jy kan terugkyk.

Is jy verloof?  Vind tonne trou inspirasie en gratis advies op Mooi Troues.  Indien jy opsoek is na professionele diensverskaffers, besoek Mooi Troues se Trougids.  Lees meer oor die Stian en Anneline se stedelike verlowing fotosessie met oliebolle.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons is altwee onderwysers by dieselfde skool.  Stian by die laerskool en ek by die kleuterskool.  Volgens Stian het hy dadelik geweet hy het sy trouvrou ontmoet toe hy my die eerste keer gesien het langs die krieketveld.  Ek aan die anderkant het bietjie meer oortuiging nodig gehad.  Na harde werk en vele probeerslae het ek uiteindelik toegelaat dat Stian my op ʼn “pizza afspraak” vat.  Ek was halsoorkop verlief na ek uitgevind het hoe snaaks hy eintlik is.  Na ʼn jaar en ʼn half wat ons avonture, drome, passies en KOVID-19 inperking saam aangepak het, het Stian besluit om die groot romantiese vraag te vra.

Die groot vraag:


Die verlowing het gebeur 15 Junie verlede jaar.  Siende dat dit steeds inperking was en restaurante nog nie ten volle oop was nie het Stian besluit om die groot vraag in ons tuin te vra.  Hy het die hele tuin vol rose en kerse gepak.  Alhoewel Stian vreemd opgetree het gedurende daardie week (as ek nou terug dink) het ek niks verwag nie.  Ek het by die huis gekom en daar was ʼn paadjie van rose wat my gelei het tot by ʼn video vol van ons spesiale herinneringe.  Senuweeagtige Stian het agter ʼn tafel gestaan wat gedek was met my gunsteling pasta en sjampanje.  Stian het vir my ʼn brief gelees met al sy drome en hope vir ons toekoms saam as ʼn paartjie, daarna het hy op sy knieg gegaan en ek het die vir altyd JA woord gegee.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Stian se gunsteling eienskap van Anneline – Sy is saggeaard, vriendelik en liefdevol.  Sy sien altyd die mooi en positiewe in dinge.  Ek ken nie iemand met ʼn mooier hart nie.  Sy is die sonstraal in soveel mense se lewens.

Anneline se gunsteling eienskap van Stian – Stian is ongelooflik passievol oor alles wat hy aanpak in die lewe.  Hy inspireer my om groot te droom en uithouvermoë te hê met dit wat ek aanpak.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons is verloof op 15 Junie 2020 en beplan om 18 Desember 2021 te trou indien KOVID-19 ons toelaat.  Ons was wel so opgewonde dat ons die troue klaar beplan het in die eerste 3 maande wat ons verloof was.  Ek is so dankbaar dat Stian deel wil wees van alles … soms meer as ek.  Ek dink mense praat van ʼn “groomzilla”?

Die verloofring:


My ring is alles wat ek nog altyd wou gehad het.  Ek het geskimp soos elke meisie en gesê hoe ek graag my ring sou wou hê eendag .  Stian het al my verwagtinge oortref met ʼn besonderse ring van Sterns af.  Die ring het ook die naam van my gunsteling blom ʼn “daisy”.  Ek het ʼn maand na die verlowing eers agter gekom dat die ring se middel ʼn blommetjie vorm.  Ek is mal oor blomme en dit het dit sommer meer spesiaal gemaak.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Met ons verlowings fotosessie het ons die geleentheid gebruik om ons fotograaf te leer ken voor ons trou Desember.  Sy het wonderlike wenke gegee vir die troudag asook ons baie gemaklik laat voel.  Ons het ook die foto’s gebruik vir ons “onthou die datum” en uitnodigings.  “Lief jou meer” fotografie het nie net vir ons besonderse mooi foto’s gegee nie, maar die dag was vol pret, lag en herinneringe wat ek en Stian altyd sal koester.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


🍩”Donut mind if “I DO”💍🍾

Die inspirasie vir die verlowings sessie het bestaan uit 3 van ons gunsteling dinge:

  1. Romantiese stadsgeboue , want ons altwee is stadsjapies.
  2. Oliebolle, want daar is altyd plek vir ʼn soetigheid.
  3. Sjampanje – Ons vier graag die mooi en spesiale oomblikke van lewe.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Ons hoop dat die beplanning ons sal sterker maak as ʼn span en vir ons hope pret sal inhou.  Ons is bekommerd oor KOVID-19 regulasies gedurende Desember (wanneer ons trou) maar ons glo en vertrou dat alles sal uitwerk soos dit moet.  Ek is ook bang Stian haat pienk na die troue.

Visie vir droomtroue:


BAIE pienk, BAIE blomme en BAIE dans.  Ons hoop ook dat almal wat vir ons spesiaal is daar sal wees en die liefde wat ek en Stian vir mekaar het sal ervaar.

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Lief jou meer
  • Fotosessie Venue: Sandton City Shopping Centre
  • Verloofring: Sterns

[endsection]