Anneke en Schalk het ʼn pragtige plaas-tema troue gehad by Kilcairn, ʼn venue ideaal vir troues met dié soort tema. Anneke het ʼn Caro Badenhorst rok aangehad vir dié spesiale geleentheid.
Die paartjie het baie spontaan by ʼn Vrydagaand-braai, saam met hulle vriende, verloof geraak. Dit was nie wat Schalk beplan het nie, maar dit was perfek gewees tussen vriende en mense vir wie hulle baie omgee.
Die paartjie was so gelukkig om perde en ʼn prentjiemooi plaas as hulle foto’s se agtergrond te hê. Die talentvolle fotograaf, Claire Thomson het hulle spesiale dag afgeneem.
Wat het julle dag so spesiaal gemaak?
Die feit dat ons troue 100% ‘ons’ was, van die Vark Paleis, tot die venue, Burgers en Sondagoggend ontbyt. Al ons naaste vriende en familie was daar om hierdié spesiale dag saam met ons te deel. Selfs die reën kon ons nie onder kry nie, ons het dit gesien as ʼn seën op ons troue. Daar was so baie mense wat ʼn rol gespeel het met ons troue en dit was wonderlik om te sien hoe perfek dit uitgedraai het.
Raad vir paartjies wat gaan trou:
Maak jou troue soos jy dit wil hê, alles is moontlik. Probeer goed self doen, dit spaar kostes en is lekker en maak dit uniek. Ons het self die boksies met vetplante op die tafel gebou en geplant, blomme aangekoop en self rangskik en meeste van die dekor self gedoen. Op die dag is alles die moeite werd. Skryf jou eie geloftes, dit laat jou toe om jou belofte aan jou ander helfte te maak in woorde wat vir julle baie beteken. Span familie en vriende in met takies, hulle sal geëerd voel om deel te wees. Ons kaartjies, blomme en blommemeisie rokkies was deur familie en vriende gedoen. Troukoek deur vriendin, Annique Boon.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Claire Thomson
- Venue: Kilcairn
- Rok: Caro Badenhorst