Ons gee in die inskrywing vir Mooi Troues se lesers advies oor die belangrikheid van ʼn verlowing fotosessie. Dit is ʼn vraag wat ons baie gevra word. “Is ʼn verlowing fotosessie regtig so belangrik?” Ons antwoord hierop sal definitief “JA” wees.
ʼn Verlowing fotosessie is baie meer as net nog ʼn fotosessie. Dit gee julle as paartjie die geleedheid om te oefen voor jul troudag. Ook om jul fotograaf beter te leer ken. Paartjies dink partymaal dit is net die fotograaf wat meer geld wil maak om te sê ʼn verlowing fotosessie is belangrik. Dit is glad nie die rede nie! Die idee is om jou as die fotograaf se kliënt te help om ʼn beter ervaring te hê. So kry jul foto’s om te gebruik vir verskillende goed en om die spesiale oomblik vas te vang. Onder gaan ons meer in detail in oor die verskillende redes hoekom ʼn verlowing fotosessie belangrik is.
Beplan jy om verloof te raak? Is jy verloof en beplan jy jou verlowing fotosessie? Klik hier om honderde verlowing fotosessie idees te sien op Mooi Troues. Enige tipe verlowing fotosessie waaraan jy kan dink sal jy hier kan sien. Rol af om meer te lees oor die belangrikheid van ʼn verlowing fotosessie.
Leer ken jul trou fotograaf beter:
Jul trou fotograaf is die persoon wat die meeste van die tyd in jou spasie sal wees op jou troudag. Almal doen dinge anders en dit is belangrik om mekaar se manier van dinge doen te leer. Verskillende fotograwe het ook verskillende maniere hoe hul dinge doen. ʼn Verlowing fotosessie is die perfekte geleedheid vir julle om jul fotograaf te leer ken. Vra so veel vrae moontlik vir jou fotograaf gedurende die fotosessie. Dit sal julle help om te verstaan hoe die fotosessie proses werk, veral op jul troudag.
ʼn Oefen lopie vir jul troudag se foto’s:
As julle nie baie gemaklik is voor die kamera nie, sal ʼn verlowing fotosessie definitief ʼn goeie oefen lopie wees. Die laaste ding wat jy wil hê is om ongemaklik te wees tydens jou fotosessie op jou troudag. ʼn Verlowing fotosessie is die gulde geleedheid om te leer hoe om te poseer voor die kamera en net meer gemaklik te wees voor die kamera.
Onthou om net julself te geniet gedurende die fotosessie. Dit sal help om ʼn plek te kies waar julle beide gemaklik sal wees. As julle hou van die buitelewe, doen dit buite of as julle hou van die see, probeer dit dan op ʼn strand te doen.
Gebruik jul verlowing foto’s vir verskillende dinge:
Daar is soveel dinge waar julle jul verlowing foto’s voor kan gebruik. Onder is ʼn paar idees waar jy die verlowing foto’s kan gebruik.
- Op jul spaar-die-datum kaartjies.
- Vir jul trou uitnodiging.
- Persoonlike trou webtuiste vir jul gaste om te geniet.
- As dekor vir jul tuiste.
Onthou die spesiale oomblik vir altyd:
Om verloof te wees is ʼn baie spesiale oomblik en deel van jul liefdesreis as ʼn paartjie. Hierdie is oomblikke wat jul moet vasvang om te onthou vir die toekoms.
In kort:
ʼn Verlowing fotosessie is eintlik baie belangrik. Dit sal jou help om meer gemaklik te wees as ʼn paartjie voor die kamera. Wat dan sal help dat jy jou troudag baie geniet en nie te veel stres oor die foto’s nie. Dit is waarom die verlowing fotosessie daar is. Vir julle om te oefen voor die kamera voor die dag van jul troue.
Foto Krediet:
- Boonste foto: Willow Ray Photography
- Eerste foto: Inecke Photography
- Tweede foto: Celeste Cilliers
- Derde foto: Reflective Photography
- Vierde en Vyfde foto: That Other Couple Photo + Film
- Sesde foto: Eye Poetry Photography