Bradley & Nicole se troue tussen die berge

Vandag is ons so opgewonde om hier met Mooi Troues se lesers meer te deel oor Bradley en Nicole se troue by Houw Hoek Hotel.  Hierdie trou venue in Elgin, Grabouw en gee paartjies ʼn panoramiese uitsig oor berge en damme.  Dié trouvenue het ook die mooiste grasgroen grasperke.  Houw Hoek Hotel is die perfekte venue vir paartjies wat opsoek is na ʼn romantiese venue tussen die berge en slegs ‘n uur se ry vanaf Kaapstad.

Baie dankie aan Sam Arendse Photography vir die pragtig foto’s wat ons nou met ons lesers kan deel.  Julle kan rustig afrol en na Sam Arendse Photography se werk geniet.  Indien julle aanklank vind by die talentvolle fotograaf, kan julle gerus hier kliek om met Sam Arendse Photography in kontak te tree.

Weens KOVID-19 kon die paartjie nie die hoeveelheid gaste nooi wat hulle oorspronklik wou nie, maar dit het wel in hul guns getel met die begroting.  Hulle het dus net naaste familie en vriende genooi en kon werk met hul begroting van R80 000.  Dit was steeds ʼn reuse sukses en die paartjie was in die sewende hemel met hulle troue tussen die berge.

Rol asseblief af vir meer foto’s oor Bradley en Nicole se troue tussen die berge.

Paartjie se Liefdesreis:


Bradley en Nicole het as kinders ontmoet en saam groot geword as vriende.  Hulle het vir ʼn tyd kontak verloor omdat hul gesinne van mekaar weg getrek het, maar hulle sussies was nog altyd beste vriende.  ʼn Paar jaar later het Bradley en Nicole weer in kontak gekom toe Bradley se gesin nader aan Nicole trek.  Hulle het mekaar daarna amper elke dag gesien, beste vriende geword tot dinge een dag,  sonder dat hulle besef, verander.  Op Kersfees 2010 het hulle amptelik ʼn paartjie geword. Na nege jare in ʼn verhouding en op 28 Desember 2019 het Bradley die groot vraag gevra.

Bradley en Nicole was veronderstel om hulle sussies en hul kêrels te ontmoet by Vredenhiem, Stellenbosch.  Toe hulle daar aan kom, kry Nicole die grootste en gelukkigste skok van haar lewe … Agter bossies en bome kom albei hulle gesinne uit gestap met ʼn groot plakkaat wat se” Will You Marry Me” en toe sy weer sien is Bradley voor haar op een knie en vra haar om te trou.  Nicole was sprakeloos en skud haar kop op en af: “Ja, ek sal saam jou trou”.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was vir ʼn jaar en twee maande verloof en het ons hele troue self beplan.

Finansiële Aspekte:


Weens KOVID-19 mag ons net vyftig gaste na ons troue uit nooi.  Alhoewel ons baie meer mense wou nooi, kon ons nie wat ook ons begroting goed gepas het.  Ons het gemik om ons begroting onder R80 000 te hou en kon wel daarby hou danksy aan Nicole se goeie begroting en beplanning vaardighede.  Oorspronklik wou ons eers in Augustus 2021 trou, maar het toe besluit dat ons nie meer wou wag nie. Die begroting was dus geaffekteer omdat ons nou vêr minder tyd gehad het tot alles betaal moes word.

Aan ander paartjies wat ook hierdie paadjie stap wil ons graag sê dat daar baie venues is wat in-huis spyseniering aanbied en dat dit gewoonlik goedkoper uitwerk.  Aan die bruide, as jy nie van plan is om jou trourok as ʼn familie erfstuk te hou nie, werk dit baie goedkoop uit om een te huur.  Baie plekkies het verskriklike mooi rokke in alle style wat ook tot jou liggaam op maat gemaak word.

Merkwaardigste Oomblikke:


Die grootste oomblik vir ons was beslis toe ons die huwelik seëning ontvang en ook toe ons wettig getroud is.  Vir Bradley was dit ook die oomblik wat hy vir Nicole sien in haar trou rok.  Vir Nicole toe sy haar oë op Bradley sit toe sy in die kerk inkom.  Ons het ook ons eerste dans geniet, na al die oefen en tone trap voor die troue.

Paartjie se styl:


Nicole wou beslis nie ʼn uitpof rok dra nie maar wou nogsteeds tydloos en elegant lyk.  Vir Bradley was dit belangrik dat sy pak goed pas en dat sy broek bietjie bo sy enkel sit sodat hy sy ‘loafers’ kon dra met ‘secret socks’, ek wou dapper lyk.

Nicole se verloofring was roosgoud en vir haar was dit dan maklik om ʼn diamant bandjie daarby te kies.  Bradley het haar verloofring gekies omdat dit uniek was.  Vir Bradley se trou ring wou hy graag ʼn ‘tungsten’ ring hê omdat hy in die motorbedryf werk en ken dus metale en het gevoel dat ‘tungsten’ hom die beste as ʼn persoon beskryf.  Hy het toe ʼn tungsten ring met roosgoud in gekies om te pas by Nicole se ring.

Die Besluitnemingsproses:


Ons het baie besluite saam geneem maar elkeen het ook sekere afdelings gehad soos byvoorbeeld dekor was meer Nicole se afdeling en die kos keuses was meer Bradley.  Ons familie het baie ingespring, bygedra en raad aangebied maar meeste van die besluite het ons self geneem.

Gunsteling Diensverskaffers:


Almal van ons diensverskaffers was uitstekend, veral omdat ons weens KOVID-19 amper op die laaste minute moes uitstel.  Hulle was almal so akkommoderend.  Ons kan beslis nie ʼn gunsteling kies nie. Wil wel noem dat ons dag absoluut perfek was danksy elk een van hulle.  Ons sal elk een van hulle aanbeveel.

Vermaak:


Tydens ons seremonie het Bradley se suster, ook Nicole, en sy neef Dean gesing en Nicole se neef Earl die klavier gespeel.  Earl het ook die klavier gespeel tydens die troumars wat ‘A Thousand Years‘ deur Christina Perri was.

Tydens die canapé het Juandre Jacobs die gaste vermaak met sy saksofoon.  By die onthaal was DJ Jakes (Houw Hoek se in-huis platejoggie) op die plate, vir agtergrond musiek soveel dansmusiek gespeel.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Ons dag was perfek, en ek weet dat dit dalk cliché mag klink, maar daar het absoluut niks verkeerd geloop nie.  Daar is niks wat ons van hierdie dag sou verander nie, behalwe dat ons graag baie meer van ons familie en vriende daar wou hê.

Venue & Dekor:


ʼn Paar jaar terug het goeie vriende van ons by Houw Hoek Hotel getrou, dit was vir ons so mooi, ons was verlief op die kapel sowel as die mooi groen en bome oral op die perseel.  Die kos was verskriklik lekker – ons hou van eet.  Toe dit ons beurt was op ʼn venue toe kies was albei ons eerste gedagte Houw Hoek Hotel.

Nicole vrek oor eukaliptus en dit was die inspirasie vir ons dekor – net ʼn klomp groenigheid – in die kerk, by die onthaal en oral.  Die sagte pienk en grys het ook mooi in gepas by die eukaliptus en hierdie kleurskema was gekies toe die bruid partytjie hulle rokke en pakke kies.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruide:

Lysies is jou beste vriend!  Dit help baie met beplanning en ook om seker te maak jy vergeet niks.  Maak seker dat jou rok en skoene gemaklik is, jy dra dit heel dag.  Baie belangrik – probeer baie rus kry in die paar dae voor die troue, dis ʼn lang dag en jy will goed gerus wees!

Bruidegomme:

Onthou, die bruid is altyd reg, maar op ʼn ernstige noot – onthou die dag is oor julle twee so doen wat julle gelukkig maak.

Wittebrood:


Ons het die eerste aand na die troue by Houw Hoek in hulle wittebrood-suite geslaap.  Van Houwhoek af het ons na die Harbour House Hotel in Hermanus gegaan vir drie dae en van daar af na die Shark Bay Hotel in Langebaan.

Ons wou nie tydens KOVID-19 te ver van die huis af reis nie, maar gelyktydig wou ons weg van normaal kom.  Ons is albei vreeslik mal oor die see en oseaan en dus was hierdie twee bestemmings  perfek.

Die weer is koud in Hermanus en dus was ons tyd daar baie romanties.  Toe ons in Langebaan was, was dit warm sonnige weer en dus kon ons meer buite-aktiwiteite doen.

Eerste Dans:


Ons het op YouTube gesoek vir eerste danse en kom toe af op ʼn video. Die liedjie was ‘How Long Will I Love You‘ deur Ellie Goulding.  Onmiddellik het ons het verlief geword op die dans.  Toe ons die woorde van die liedjie luister het ons ook op die liedjie verlief geword.  Nietemin het ons onsself die dans, of liewer stukkies van die dans, wat ons op YouTube gesien het, geleer.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Beslis, ons trou datum was oorspronklik 29 Januarie 2021, maar weens KOVID-19 regulasies op daardie tydstip moes ons uitstel na 12 Maart 2021.  Nadat ons die datum uitgestel het het Nicole se pa ook KOVID-19 gehad en was nog besig om te herstel teen 29 Januarie 2021.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: