Ontmoet trou fotograaf, Gustav Klotz

Ontmoet trou fotograaf, Gustav Klotz, ʼn natuurliefhebber en ʼn fantastiese trou fotograaf.  Hy is ʼn passievolle fotograaf wat jou troudag sal vasvang in die mooiste herinneringe.  Dit is baie belangrik om ʼn trou fotograaf te kies waarmee die paartjie goed oor die weg kom.  Gustav het ʼn baie vriendelike persoonlikheid en met sy kennis van fotografie, sal julle weet dat jul in goeie hande is.

Hy is gebaseer in Durbanville in die Wes-Kaap, maar is beskikbaar om regoor die wêreld te reis om jou spesiale dag af te neem.  Sy fotografie styl kan beskryf word as helder, skerp en baie prettig!  So as dit klink na die fotografie styl waarna jy soek, Gustav Klotz Photography om na Gustav Klotz se profiel op Mooi Troues te kyk.  As jy meer wil weet van sy fotografie, rol af om ons onderhoud met hom onder te lees.

Die begin van Gustav se fotografie loopbaan:


Gustav het na skool besluit om ʼn oorbruggingsjaar te vat, om vas te stel wat hy met sy lewe gaan doen.  ʼn Vriendin het vir hom vertel dat die foto-laboratorium (Kodak Topcolor) in Potchefstroom se enigste Mall daai tyd ʼn “drukker” soek.   Hy het toe aansoek gedoen en het die werk gekry.  Die eienaar van die foto-laboratorium was Prof. De La Rey Marais.  Een van die bekendste fotograwe in die omtrek.  Prof. De La Rey Marais het ook fotografie klasse aangebied by Pukke.  Hy het toe ook begin om koshuis danse by die Pukke af te neem en omdat Prof vir Gustav saam op troues gevat om sy sak te dra het die trou fotografie gogga gebyt.

Hoekom trou fotografie?


Omdat hy baie trou fotograwe se trou films ontwikkel het, het hulle hom begin vra om te assisteer op troues waar hy baie vinnig baie ondervinding op gedoen het.  Gustav het toe begin geld spaar om sy eie kamera te koop en het toe op ouderdom 21 sy eerste troue alleen af geneem.  3 x Rolle 36 Kodak films later en die gogga het gebyt. Dit was senutergend.  ʼn Ongeleerde emosionele tuimel trein.  Dit is wat hy ʼn troue noem.  Hy was dadelik verlief op die tuimel trein van emosies by troues.

As Gustav nie ‘n trou fotograaf was nie, wat sou hy wou wees?


Hy was nog altyd baie lief vir die natuur.  Hy sou sekerlik ʼn natuur bewaarder geword het.  Dit was een van sy passies as kind.  Die televisie program 50/50, was nooit gemis Sondae aande nie.  Hy vertel ook hoe ʼn olifant hom en sy goeie vriend, André van der Merwe. gejaag het by Mabula Game lodge, jare terug.  Al was dit ʼn noue ontkoming het hy net liewer vir die natuur geword.


Waar is Gustav geleë:


Gustav woon tans in Durbanville en is beskikbaar vir troues wêreld wyd.  Hy is getroud met ʼn pragtige Kanadese vrou en daarom reis hulle nogal gereeld.   Hy het ‘n internasionale portfolio met troues in Kanada, Amerika, Mexiko, Jamaika, Spanje, Namibië en die Karibiese Eilande.

Waar vind Gustav sy inspirasie:


Definitief die natuur en ʼn handvol fotograwe.  Een van sy gunsteling fotograwe is Rodolfo Custo.  Hy het ook al ʼn paar troues saam met hom af geneem, en net om te sien hoe hy te werk gaan is inspirerend.  Daar is ook ʼn paar Kanadese fotograwe wie se werk hy volg, onder andere Rozalind Ewashina Panasuk.  Hy het haar ontmoet in Kanada en het vir haar geassisteer op ʼn troue.

Droom plekke waar Gustav graag ʼn troue wil afneem:


Verseker Ysland of Alaska.  In die middel van die winter.  Dit sal fantasties wees.  Dan is Bosjes ook op sy lysie!!!

Advies vir paartjies wat ʼn trou fotograaf moet kies:


Die belangrikste advies is om eerstens seker te maak dat julle van die fotograaf se styl hou.  Maak daarna seker jy ontmoet jou fotograaf om te verseker julle albei is gemaklik is met die fotograaf.  Al is dit ʼn aanlyn ontmoeting.  Kry ʼn gevoel vir die fotograaf se persoonlikheid en maak seker julle albei is gelukkig met hom/haar.  Deur dit te doen kan julle ook vasstel of die fotograaf genoeg ondervinding het.  Iets wat baie belangrik is by ʼn troue.

Doen ook ʼn verlowings fotosessie indien moontlik.  Dit is baie voordelig want julle leer mekaar ken en julle kry oulike foto’s om byvoorbeeld vir ʼn gaste boek te druk, of ʼn wynbottel met ʼn foto op te sit.  Vertrou ook jou fotograaf op die dag om die beste besluit(e) te neem met die kreatiewe foto’s.

Boek Gustav Klotz se dienste so:


Lesers kan hom kontak per e-pos.  Stuur net ʼn navraag met jou trou datum.  Indien Gustav beskikbaar is sal hy terug antwoord met sy pakket opsies.  Dan kan daar gereël word vir ʼn aanlyn ontmoeting of indien moontlik ʼn koffie.  ʼn 50% Besprekings fooi is nodig om jou trou datum te reserveer.

Artikel Krediet: