Mooi Troues deel met ons lesers Xander en Charné intieme klassieke troue by die prentjie mooi Bon Cap Gasteplaas en Trou Venue in die Robertson Vallei.
Charné het pragtig gelyk in haar trourok – ons is mal oor die detail op haar trourok se skouers. Haar strooimeisies het almal blom patroon rokkies aangehad, wat so mooi met die hele troue se tema gewerk het. Xander het dapper gelyk in sy Grys, Wit en Bruin uitrusting tema.
Bon Cap bied soveel vir paartjies wat opsoek is na ʼn trou venue. Daar gaan baie liefde en passie in elke liewe troue wat by Bon Cap gehou was. Dit is altyd lekker om te lees van paartjies wat net goeie goed te sê het van die oulike venue in Robertson. Die venue bied nie net ʼn oulike venue, heerlike lip-lek-lekker kos en verblyf nie. Dit bied ook fantastiese foto geleenthede vir paartjies. Met soveel verskillende plekke waar jy kan foto’s neem, is dit ʼn paradys vir fotograwe om jou troudag vas te vang.
Ons is gaande oor die dekor elemente en blom ontwerpe by die paartjie se troue. Sjoe, dit is regtig baie mooi gedoen deur Bon Cap se span. Xander en Charné het ʼn intieme, maar lekker gesellige troue gehad met naaste familie en vriende. Hulle het tot in die swembad gaan spring met hul volledige trou uitrustings – tonne pret!
Rol af om meer te lees oor Xander en Charné se intieme klassieke troue hieronder.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het mekaar in skool ontmoet (HTS Drostdy) maar nie werklik ooghare gehad vir mekaar. Albei het gestudeer by Centurion Academy na skool en het ons paadjies weer gekruis.
Ek wou aan die begin niks geweet het van Xander of ʼn verhouding maar het hy vir 4 maande aanhou probeer. Ons het begin uitgaan 19 Junie 2014. Ons het vir 5 jaar uitgegaan en verloof geraak 28 Oktober 2018. Xander het my heel uit die bloute gevang met die verlowing en het ek niks vermoed vooraf.
Verrassing fotosessie:
ʼn Vriendin het ons genader en gesê sy en haar kêrel het ʼn paartjie fotosessie gewen, maar kan dit nie gebruik nie of ons dit nie wil gebruik nie. Ek het ingestem want ons het geen mooi foto’s van ons saam nie. Die dag van die paartjie fotosessie het aangebreek en was dit Blaauwklippen, ek het toe nog niks geweet wat aangaan.
Die groot vraag:
Ons het begin met ons foto’s en het die fotograaf gevra ek moet omdraai sy wil ʼn aksie foto neem en toe ek terug draai staan Xander op sy knieg en vra toe die groot vraag.
Natuurlik het ek ja gesê. (Die paartjie fotosessie was van die begin beplan deur Xander en het my vriendin nooit werklik die fotosessie gewen). Ons het daarna beweeg na die restaurant om ʼn glasie te klink en toe ons daar aankom het Xander gereël dat al ons vriende en familie saam ons die dag vier.
Die Verlowing Tydperk:
Ons verlowing tydperk was ʼn jaar en 8 maande voordat ons die knoop deur gehak het. Ek het van die begin af geweet min of meer wat ek wil hê en het die venue dit vir my baie maklik gemaak. Michelle van Bon Cap het vir ons ʼn Excel sigblad gestuur waarop ons gewerk het om seker te maak ons dek alle aspekte.
Ek het ook vooraf ʼn leer gehad waarin ek al my idees vas gevang het. Wettiglik getroud die 26 Maart 2020 en was ons oorspronklike datum 28 Maart 2020. Ons moes weens KOVID-19 die onthaal aanskuif en is die onthaal gehou die 16 Januarie 2021.
Ons het die wettiglike aspek afgehandel in die hof omrede ons dominee se papiere nie betyds afgehandel sou wees vir die 28 Maart 2020 en het ons besluit om nogsteeds in die hof te trou omrede my pa in Suid-Afrika was vir die troue.
Finansiële Aspekte:
Ons het nie werklik ʼn begroting gehad nie en het my pa vir ons gehelp met die troue finansieel. Sou oorspronklik 75 gaste onthaal het, maar as gevolg van KOVID-19 moes ons afkom en het ons op die einde net 38 gaste onthaal.
Raad aan paartjies is om klomp kwotasies vooraf te kry om seker te maak dat indien daar ʼn begroting is dat dit redelik is. Ons het ook aan die begin gedink dat ons wil begroot vir R50 000 maar het ons vinnig besef dat ons nie daarby gaan kan hou nie.
Die Besluitnemingsproses:
Die bruid het die meerderheid van die besluite geneem, maar het ek alles eers vooraf bespreek. Ons vriende en familie het vir ons baie raad gegee rakende die troue, maar het die besluite nogsteeds by my en Xander gewees.
Merkwaardigste Oomblikke:
Die mees merkwaardigste deel was dat ons nogsteeds saam met vriende en familie die groot dag kon deel deur die KOVID-19 pandemie. Ons het so lank gewag vir die groot dag dat ons nie gedink het dat dit gaan gebeur as gevolg van die pandemie. Ons het nogsteeds soveel ondersteuning en liefde ontvang van almal wat nie kon bywoon as gevolg van van die pandemie.
Paartjie se styl:
My trouring is ook my verloof ring en is dit ontwerp deur my beste vriendin. Ek het van die begin af gesê dat ek soek ʼn ring met baie detail en het sy haar verseker oortref. Xander se ring het ons saam gaan kies omrede ons nie seker was van ʼn spesifieke styl.
My styl van trou rok het ook baie detail op en wou ek iets klassiek maar met ʼn knippie vintage. Die bruidegom het nie ʼn volle pak gedra omrede dit baie warm was, maar het ons probeer om dit so stylvol te hou as moontlik en het ons dit afgerond met ʼn strikdas.
Gunsteling Diensverskaffers:
Ons het verseker die beste diensverskaffers gehad en sal ek elkeen kan aanbeveel. Ek sal verseker die grimeer kunstenaar (Janel Blom), die haarkapper (Deniel Marais), asook die fotograaf (Adele De Bruyn) aanbeveel vir enige iemand.
Vermaak:
Ons het ʼn platejoggie gehad met ʼn sanger. Ons beste vriend Christopher Andrew Palmer het vir ons die instap liedjie gesing.
Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:
KOVID-19 het ons definitief gevang so indien ons kan sou ons verkies om almal daar te gehad het. Asook was my pa in Amerika maar het hy die hele troue regstreeks gekyk en was hy verseker heeltyd saam ons.
KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:
Die pandemie het verseker ʼn effek gehad op ons troue. Ons moes die datums skyf en moes ons gaste twee keer verminder as gevolg van die pandemie.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
My raad sal wees aan die bruide is om jou droom te volg maar tog realisties te wees. Lees alle fyn skrifte voordat enige iets vas gemaak word. Asook kies ʼn plek wat die selfde passie het as jy anders werk julle teen mekaar.
Bruidegom se raad is – Die dag gaan nie oor die man nie, dit gaan oor die vrou en wees bedagsaam aan alle raad en opinie wat die vrou vra. Asook neem die dag in dit gaan baie vinnig verby.
Venue & Dekor:
Ek wou iets intiem maar tog klassiek gehad het. Ons het verskeie venues gaan kyk, maar het nie een werklik my aandag getrek omrede dit nie my spesifiek styl was. Bon Cap was ons laaste stop en het dit alle boksies afgemerk op my lysie. Ons het onmiddellik gesê hierdie is ons venue en was my pa toe nog in Amerika, toe hy terug kom het ons vir hom gaan wys en het ons vas gemaak. Ek het van die begin af geweet ek soek baie groenigheid en het die venue dit in plek gestel.
Wittebrood:
Ons wittebrood was by Destiny’s Believers. Ons wou baie graag oorsee gaan, maar kon nie as gevolg van die pandemie maar is dit ʼn baie oulike plekkie weg van almal en alles.
Eerste Dans:
Ons het geen dans roetine gehad nie, ons het net ons gewone loop dans gedoen. Christopher Andrew Palmer het vir ons ‘If I ever saw heaven’ gesing van Roan Ash.
Spesiale Tradisies:
Ons het geen, maar het ons wel ons huwelik geseën om in die swembad te spring na die onthaal.
- Venue: Bon Cap
- Blomme: Bon Cap
- Dekor: Bon Cap
- Koördineerder: Bon Cap
- Paartjie se verblyf: Bon Cap
- Troukoek: Bon Cap
- Fotograaf: Adele De Bruyn Photography
- Bruidegom-pak: Edgars
- Grimering: Janel Blom Hair, Makeup Atelier
- Hare: Love your Hair
- Huweliksbevestiger: Pieter-Louis Potgieter
- Musiek: Jaco van der Berg
- Strooijonkers bykomstighede: Lillie and Me
- Skoene: Impanema
- Trourok: Bride and Co Canal Walk
- Trouring: Caru Greeff Jewellery
- Wittebrood plek: Destiny’s Believers