Blou en goud is twee kleure wat saam ‘n wen kombinasie maak vir jou troue. As jy daarvan hou om kreatief te wees en buite die boks te dink gaan jy hierdie gestileerde fotosessie baie geniet. [kraak] Wedding and Event Coordination was verantwoordelik vir die stilering en koördinering van die kreatiewe fotosessie by die pragtige venue, Langkloof Roses. Chantelle Landman het seker gemaak ons modelle lyk op hul beste deur te sorg vir hul grimering en hare. Fleur Le Cordeur het die unieke blommerangskikking bymekaar gesit het vir die geleentheid.
Die rangskikkings was vir ons veral iets spesiaal. Fleur Le Cordeur het stokkies met draad aanmekaar gewerk en blomme daaraan laat hang, iets wat ons nog nooit voorheen gesien het. Albei ons modelle se rokke kan jy kry by Ever After Bridalwear . Günther Schubert het die foto’s geneem.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Günther Schubert
- Grimering: Chantelle Landman
- Venue: Langkloof Roses
- Blomme ontwerper: Fleur Le Cordeur
- Stilering en Koördinering: [kraak] Wedding and Event Coordination
- Rok: Ever After Bridalwear