Esjee & Ashleigh se pret verlowing fotosessie

Ons deel met Mooi Troues se lesers Esjee en Ashleigh se pret verlowing fotosessie, ʼn voorbeeld met veelsydige idees vir paartjies wat besig is om hul eie fotosessie te beplan.  ʼn Verlowing fotosessie het verskillende doele.  Een is om julself net te geniet gedurende die fotosessie.  Dit is belangrik om pret te hê gedurende die verlowing fotosessie.  As dit jul eerste fotosessie saam is, is dit die kans om dit te oefen voor jul troudag.  Dit is ook daar om jou fotograaf beter te leer ken.

Ashleigh en Esjee het baie pret gehad gedurende hulle verlowing fotosessie.  Verskillende agtergronde gee die foto’s verskillende effekte en ʼn ander gevoel.   Daar is foto’s met Esjee se baadjie aan wat die foto’s ʼn meer formele gevoel gee.  Dan is daar sonder sy baadjie, wat die foto’s ʼn meer informele gevoel gee.  Dit is eintlik ʼn oulike idee vir paartjies wat net effens die styl wil verander, sonder om ʼn hele nuwe uitrusting aan te trek.

As jy ʼn verlowing fotosessie beplan, vind gerus fantastiese fotograwe in Mooi Troues se Trougids.  Rol af om Ashleigh en Esjee se pret verlowing fotosessie te kyk en meer te lees oor hul liefdesreis as paartjie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het ontmoet by ʼn gesamentlike vriend se verjaarsdag-ete ontmoet.  Ons was vir 1 jaar en 4 maande in ‘n verhouding voordat ons verloof geraak het.

Die groot vraag:


Esjee het vir Ashleigh verras met ʼn Kaapstad vakansie vir haar verjaarsdag.  Dit was haar 1ste keer as “toeris” in die Moederstad.  Hul het vroeg die dag begin by Muizenberg.  Van daar af Boulders Beach toe, en toe op by Kommetjie se lighuis.  Hy het haar by Chapman’s Peak gevra (dit was haar 1e keer daar).

Met haar nooiensvan wat Chapman is, het hy gedink dit is die perfekte plek.  Ons het verloof geraak op 8 Desember 2018, was ons 1 jaar en 4 maande herdenking daardie dag.  Een van ons baie goeie familie vriende wat in Kaapstad bly het ons by Chapman’s Peak gekry, voordat hy saam ons by Houtbaai middagete sou hê. Hy het gehelp om foto’s te neem. Sy het van niks geweet nie en dit was alles ‘n groot verrassing vir haar.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Ashleigh: Esjee se positiwiteit en optimisme.

Esjee: Ashleigh se liefdevolle natuur.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Die oorspronklike plan was om vir so jaar te wag en dan te trou.  In Januarie 2019 het ons al begin om na venues te kyk vir 2020.  Ons het besluit om 2 Mei 2020 te trou

Die verloofring:


Dit was ‘n totale verassing vir Ashleigh.  Esjee het sy eie inisiatief gebruik en die ring self ontwerp.  Ashleigh het net altyd gesê dat sy ‘n ovaal steen soek.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons wou graag saam met die fotograaf werk sodat ons mekaar kan leer ken.  Die foto’s was ook vir die uitnodigings gebruik.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Die fotograaf het baie gehelp met die organisering van die fotosessie.  Ons was in haar bekwame hande gewees.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk:


Verwagtinge: die opgewondenheid om saam die troue van ons drome te beplan.

Vrese: dat KOVID-19 ons hele plan gaan belemmer en gaan maak dat ons nie die troue van ons drome gaan kan ervaar nie.

Visie vir droomtroue:


Die seremonie moet buite in ʼn woud wees.  Dekor moet romanties, tog minimalisties wees.   Die aand moet net ‘n partytjie wees waar al ons vriende en familie ons liefde saam ons kan vier.

KOVID 19 se uitwerking op jul trou reëlings:


Ja, ons moes ons troue 3 keer geskuif het.  Oorspronklike datum was 2 Mei 2020, toe 13 Junie 2020 en toe uiteindelik 13 Maart 2021.  Ons moes ook die wittebrood uitstel en het nog glad nie ʼn nuwe datum vasgestel nie as gevolg van die huidige reis-beperkings.

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]