Die Mooi Troues span het gaan inloer by The Skin Aesthetics in Constantia. Elke toekomstige bruid of reeds getroude paartjie wil bietjie ontspan en hulle self geniet en bederf met ʼn bietjie van ʼn pamperlang. Dit is baie belangrik om seker te maak dat jou vel in ‘n goeie toestand is vóór jou troue sodat jy beeldskoon kan lyk en goed voel op jou spesiale dag. Om te ontspan net só belangrik vir jou gemoed.
The Skin Aesthetics is geleë in die hartjie van Constantia in ʼn boomryke area. Die spa se binne versiering skep onmiddellik ʼn kalm gevoel en ontspan jou dadelik die oomblik wat jy instap. As jy ʼn rus kansie nodig het loer gerus na The Skin Aesthetics se oulike plekkie hier onder en maak seker jy maak ʼn draai. Jaun het model gespeel terwyl Günther die foto’s geneem het.
Artikel Krediet:
- Fotograaf: Vorsprung Studio