Hier by Mooi Troues deel ons Kúaan en Nina se rustieke plaastroue. Dié troue met ʼn boheemse styl was gevier by die pragtige trou venue, Bon Cap in die Robertson Vallei. Robertson is ʼn populêre trou bestemming vir paartjies wat ʼn jolige plaastroue wil hou. Omring deur die pragtige natuurskoon, kan mens nie vir beter vra nie.
Die paartjie se troue is die perfekte voorbeeld van ʼn boheemse trou tema, wat nogsteeds ʼn rustieke plaastroue gevoel het. Nina en Kúaan wou nie net iets hê wat ʼn tendens het nie, maar iets waarvan hulle regtig hou en in pas by hulle. Kúaan en sy strooijonkers het stylvol en sommer baie gemaklik gelyk in hulle kortbroek trou uitrustings. Baie oulike idee!
Bon Cap Guestfarm & Wedding Venue
Bon Cap was die paartjie se eerste keuse wanneer dit kom by ʼn trou venue. Robertson is ʼn pragtige dorp met van Suid-Afrika se top wynplase, trou venues en ook verblyf. Bon Cap staan bekend vir ʼn troue venue met ʼn hartklop! ʼn Plek waar jy jouself kan wees en jou troue kan geniet met jou vriende en familie. As jy opsoek is na ʼn troue venue waar jy lekker kan makietie, dan is Bon Cap die perfekte opsie vir jou. Dit ʼn een-stop -winkel wat byna amper alles kan doen en jou sal help om die perfekte troudag te hê.
Michelle van Bon Cap het self die paartjie se Boheemse dekor en blom ontwerpe gedoen. Dit is prentjie mooi en definitief inspirasie vir paartjies wat iets soortgelyk soek vir hul troue. Dan is daar die spyseniering! Sjoe! Dit is wêreldklas. Wees gereed dat jy gaan honger wees nadat jy vandag se troue gekyk het. Bon Cap se spyseniering is van die boonste rakke. Daar word soveel liefde en passie ingesit in hul spysenering. Paartjies komplimenteer altyd vir Bon Cap oor hul lip-lek-lekker kos. Lees meer hieronder.
Paartjie se Liefdesreis:
Deur ʼn gemeenskaplike vriend ontmoet. Ons was weg vir ʼn verrassings naweek in Montague. Kúaan het gesê ek moet hom by die plato bo ons huisie kry. Daar was ʼn hele piekniekete met my gunsteling sjokolade en Vonkelwyn en Kúaan met die ring!
Die Verlowing Tydperk:
Ons was 5 maande verloof. Ons het ʼn fantastiese troubeplanner gehad, Michelle du Preez van Bon Cap.
Finansiële Aspekte:
Ons begroting was R50 000, vir die venue, kos ens. Alles uitsluitend die foto- en videograaf, rok en grimering. Ons het oor die begroting gegaan, maar niks te wild nie. Ons het 70 gaste gehad, wat dit intiem gemaak het. Daar is baie maniere om kostes te bespaar bv. Selfdoen maniere, meer groen in plek van die blomme en ʼn kleiner gastelys.
Merkwaardigste Oomblikke:
Definitief die buite seremonie onder die groot hout heksagoon. Dit was so spesiaal.
Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:
As daar iets verkeerd gegaan het, het ek definitief nie geweet daarvan nie. Die dag van die troue het my broer se meisie, Robyn gesorg dat dinge glad verloop, my pa se meisie het seker gemaak die manne is betyds! Tyd, tyd stadiger maak?
Paartjie se styl:
Dit was n Boheemse troue, ʼn styl waarmee ons albei vereenselwig. Semi-informeel. My rok is van Pole, deel van ʼn Boheemse reeks met geometriese patrone op my rok. Ek het gedroogte blomme in my blomme kransie gehad. Kúaan en sy gevolg het 3/4 hemde gedra, met Khaki broeke en vellies.
Vermaak:
Voor die seremonie het gaste verwelkomingsdrankies gekry. Na die seremonie was daar Gin en Vodka on Tap gehad vir die gaste en grasperk speletjies. ʼn Platejoggie en 2 dansers.
Die Besluitnemingsproses:
Dit was ʼn gemeenskaplike keuse in terme van besluitneming. Ons het presies geweet wat en hoe ons dit wou hê. Dit moes net realiseer. Finale besluite was die familie relatief betrokke, veral my Pa met die drank keuses – baie wyn!
Venue & Dekor:
Ons het na ʼn paar plekke gekyk en Bon Cap het elke keer uitgestaan. Die prys was ook baie billik. Ons wou ʼn styl hê wat nie net mode was nie, maar wat deel van ons leefstyl is en iets waarmee ons vereenselwig, dit was ʼn Boheemse styl. Ons het vir Michelle gesê wat ons wou hê en sy was gereed om dit te doen en lus om iets ander te doen. Sy het ook baie goeie idees gehad interne van dekor.
Gunsteling Diensverskaffers:
Michelle het feitlik alles gedoen. Sou dit nie sonder haar kon doen nie. Die fotograaf en videograaf was net so uitstekend. 100 maal ja vir hierdie 3 mense!
KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:
Nee nie rerig nie, behalwe die troudatum met 2 maande skuif. Die grense was toe so Namibië en Mozambique was uit, maar ons het steeds ʼn heerlike wittebrood gehad.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Paartjie:
Maak 100% seker wat alles by julle venue ingesluit is en wat ekstra kostes is. Gaan kyk na ʼn paar plekke en maak ʼn lys van moontlik vrae wat julle het.
Meisies:
Oorweeg ʼn huur trourok, of ʼn trourok wat jy kan terugverkoop aan die rok maker.
Kry plat skoene vir die onthaal en dans!
Manne:
Daar is oorgenoeg tyd om klaar te maak, kry die ekstra 20 minute skoonheid slaap in, die fotosessies is lank!
Die aand gaan baie vinnig verby. Voor julle by die onthaal instap van 10 min en neem alles in, en geniet dit.
Wittebrood:
Ons het vir ʼn maand lank toer per pad deur die land gedoen (van die land se grense was nog toe).
Van die kaap tot Mapungubwe, Limpopo, Kruger Wildtuin, Oos- Londen, George en terug by die huis.
Klomp klein dorpies verken. Safari dag toere gedoen, diere gesien en die beeldskone natuur geniet.
- Venue: Bon Cap Guestfarm & Wedding Venue
- Blomme: Bon Cap Guestfarm & Wedding Venue
- Dekor: Bon Cap Guestfarm & Wedding Venue
- Koördineerder: Michelle du Preez van Bon Cap
- Paartjie se verblyf: Bon Cap Guestfarm & Wedding Venue
- Troukoek: Bon Cap Guestfarm & Wedding Venue
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Wessel van Heerden
- Hare + Grimering: Rise up make up
- Huwelik kontrak: Hennie Oosthuizen
- Huweliksbevestiger: Scharlize Hayes
- Platejoggie + Musiek: Louis Fourie
- Strooijonkers bykomstighede: Eden and Co
- Strooimeisie-rokke: Belle Donna Bridal
- Trourok: Belle donna bridal
- Trouring: Carin van Zyl
- Videograaf: Hannelie