Cobus en Vicky se vintage selfdoen troue is ล bron van inspirasie vir paartjies wat idees soek vir ล selfdoen troue. Waar begin ons! Van die pragtige blomme ontwerpe, Vicky se rok tot die kos โ alles is so mooi. Hul troue het baie oulike elemente wat jy kan aanpas vir jou eie troudag. Die kos lyk heerlik en jy kan sien die gaste het sommer lekker makietie by Cobus en Vicky se troue. Hul troue het ล plaas gevoel met skakerings van neutrale bruine, groen en donker pers. Alles het net so mooi bymekaar ingepas.
Die paartjie het by die pragtige trou venue getrou, The Red Barn in Mpumalanga. Omring deur panoramiese uitsigte oor die skilderagtige Dullstroom-platteland. ล Prentjie mooi agtergrond vir enige bruidspaar se troudag. Plaastroues is baie populรชr in Suid-Afrika, veral omdat dit so gesellig is en gewoonlik ล rustige gevoel het. By The Red Barn is daar soveel oulike plekkies vir die mooiste trou fotoโs. Die pragtige rooi stal staan ook so mooi uit in kontras met die groen omliggende uitsigte.
Rol af om meer te lees oor Cobus & Vicky se vintage selfdoen troue en ook hul liefdesverhaal.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het mekaar by die werk ontmoet vir die eerste keer. Cobus het Vicky gevra om te Trou toe hulle vir โn naweek weg was Paternoster toe. Hy het ล ete bespreek by die gaatjie restaurant en die vraag daar gevra.
Die Verlowing Tydperk:
Ons was verloof vir 5 maande. Soos beide van ons dit verkies het (ล kort verlowing). Ons het die troue self beplan.
Finansiรซle Aspekte:
Die begroting was R350 000 en het 100 gaste onthaal.
Ons het by die begroting gehou deur baie aspekte soos die opmaak van die onthaal lokaal, baie van die dekor soos die houtwerk ens. self te maak.
Ons is geseรซnd genoeg om ล baie kreatiewe behulpsame familie te hรฉ. Hulle was almal bereid was om te help waar hul kan.
Ons advies sal wees, kyk bietjie rond voor jy jou besluit neem.
Merkwaardigste Oomblikke:
Vir Vicky
Die dag was onsettend koud en toe getrek en die area waar ons gekies het om te trou was onder digte lang bome. Die oomblik wat ek in die trou kar moes klim om na die seremonie area te ry het die son se strale deur die lang bome gebreek, dit was so asemrowend mooi en het so gebly tot die seremonie afgehandel was. Wat dit ook moontlik gemaak het vir my om met my oop rug rok te trou.
Vir Cobus
Die oomblik wat hy vir Vicky gesien het, Sy het merkwaardig mooi gelyk. Gevolg deur die oomblik wat Sy โjaโ gesรช het.
Paartjie se styl:
Die styl het ล sterk vintage aspek gehad met baie natuur in.
Vermaak:
Ons het verwelkomings โmini foodsโ en drankies gehad met ล platejoggie vir die musiek deur die aand.
Die Besluitnemingsproses:
Ja ons het ten volle al die besluite geneem ons familie en vriende was net daar vir ondersteuning, advies en baie hulp.
Die โnie-so-perfekโ oomblikke:
Nee, als het saam ingewerk en mooi uitgewerk selfs die nie perfekte oomblikke het deel gevorm van die perfekte dag.
Venue & Dekor:
Ons het na ล paar venues gaan kyk. Almal pragtig in die area, maar die oomblik toe ons Claire hulle ontmoet en sien waar die seremonie sal plaas vind het ons geweet dit is die plek waar ons wil Trou.
Die inspirasie agter die dekor was oorspronklik ล โdessert roseโ en als het om dit gegroei en so pragtig in mekaar gepas. Dit gevoel van die trou was vir ons net so belangrik. Ons wens was dat almal gemaklik voel en dit net ล aand is wat almal geniet en dit was so deur en deur.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Bruid
My advies sal wees aanvaar hulp as dit aan gebied word. Kyk oral rond vir idees en onthou die gevoel van die dag maak baie saak. Jy moet dit geniet . Jy moet kan dans in jou rok.
Bruidegom
Vertrou en ondersteun jou bruid as dit kom by die besluite van die troue, hulle weet wat hulle doen.
Gunsteling Diensverskaffers:
Die venue, The Red Barn, pragtige venue, vriendelike, aanpasbare gasvrou.
Die spyseniering, Gourmet Guruโs, ons gaste kon nie ophou praat van hoe smaaklik die kos was nie en hulle het van dag 1 af al ons idees ล realiteit gemaak.
Fotograaf, Lume Reiter, vriendelik, pas aan by die dag en onsettend talentvol die fotoโs is so mooi.
Eerste Dans:
Ja ons het ล eerste dans gehad waarop ons net lekker gedans het. Geen dans klasse nodig nie . Keith Urban โ Love somebody like you.
Wittebrood:
Ons wittebrood was net so spesiaal soos ons troue. Ek en Cobus was Grieke land toe (Mykonos, Naxos en Athene). Ons het Griekeland gekies want ons het gesoek na son sand en โฆ. wittebrood wat ons nooit sal vergeet nie en Griekeland is als van dit. Al die mense in Griekeland is ongelooflik vriendelik en gasvry en maak die lekkerste kos. Die linkerkant van die pad ry het ons onkant gegooi .
Die hele wittebrood was net ongelooflik.
- Venue: The Red Barn Dullstroom
- Paartjie se verblyf: The Red Barn Dullstroom
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Lume Reiter
- Blomme: Trou Vriendin Wedding Planning and Styling
- Bruidegom-pak: Smart Guy
- Grimering: Queen B Make- up Artistry
- Hare: Queen B Make- up Artistry
- Huurdienste: Wedding Party
- Juweliersware: Kathleen Barry
- Strooijonkers bykomstighede: Smart Guy
- Skoene: Bridal Wardrobe
- Strooimeisie-rokke: Gelique Couture
- Trourok: Johan Botha Fashion
- Trouring: Jenna Clifford