Louis & Chanè se Rustieke Styl Troudag

Louis en Chané het hul rustieke styl troudag uiters slim benader om ʼn suksesvolle dag te verseker.  Hulle het volgens ʼn streng begroting gewerk en het probeer om nie onnodige kostes aan te gaan nie.  Dus het hulle ʼn venue gekies wat alreeds baie karakter het, sodat hulle nie duisende rande op dekor hoef te spandeer nie.  Die venue het gesorg vir ʼn gemaklike, rustieke styl troue.

Maar, Louis en Chané het dit tog ʼn stappie verder gevat met asemrowende kleurvolle blommerangskikkings.  Die helder blomme het lewe aan die venue gegee en ʼn perfekte balans geskep tussen die donkerder styl van die venue.  Louis en Chané het ook logies oor hul troudag nagedink en ʼn venue gekies wat naby is aan waar hulle woon, aangesien hul dikwels soontoe moes ry in die aanloop tot hul groot dag.  Hul goed deurdink keuses het gesorg vir ʼn pragtige dag wat hulle vir altyd sal koester.

Rol af vir foto’s van Louis en Chané se rustieke styl troudag en wenke oor hoe hulle ʼn suksesvolle troudag verseker het.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het mekaar een aand by ʼn restaurant ontmoet terwyl ek vir my wegneem-ete en hy vir sy vriende gewag het.  Hy het met my kom praat en ons het nommers uitgeruil.  Ons het dadelik oor die weg gekom en alles het net in plek geval.  Drie maande later het ons op vakansie Kaap toe gegaan.  Hy het my na Vrede en Lust se Lavender tuin geneem, afgegaan op een knie en my gevra om vir altyd saam hom te wees.  Natuurlik sê ek toe ja deur die trane wat loop soos ʼn waterval!

Die Verlowing Tydperk:


Ons was oorspronklik 17 maande verloof, maar as gevolg van KOVID-19 moes ons 2 maande uitstel.  Ons het meestal alles self gereël en die finale details saam ons trou venue se organiseerders beplan.

Finansiële Aspekte:


Ons het ʼn streng begroting gehad en het 75 gaste na ons spesiale dag genooi.  Louis was in beheer van die begroting en het seker gemaak ek bly binne die begroting.

Ek en Louis het besluit om al die klein onnodige dingetjies weg te vat.  Ons het nie spesifiek trou skryfbehoeftes gehad nie, maar eerder sover as moontlik alles aanlyn probeer doen.  Ons het aan die menu ook gesny en nie ʼn voorgereg gegee nie, maar wel lekker canapés.

Merkwaardigste Oomblikke:


Ek dink vir ons albei was dit die oomblik wat ek in daardie gangetjie afgestap het.  Daar het ons besef dis nou die werklikheid waaroor ons albei al baie lank droom.

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons venue, fotograaf, videograaf en die platejoggie was beslis al drie ons gelyke gunstelinge.

Venue & Dekor:


Ons het gesoek na ʼn venue naby wat naby is aan waar ons woon, aangesien ons gereeld daarheen moes gaan voor die troue.  Ons het op die mooiste plek afgekom – Imperfect Perfection.  Die venue is alreeds so mooi is op sy eie, en dit was nie nodig vir ons om nog baie te doen nie.  Ons het bitter min groot dekor gehad, omdat die venue alreeds die dag so spesiaal gemaak het.

Eerste Dans:


Ons het nie net een eerste dans gehad nie, maar twee!  Een toe ons die onthaal instap en die tweede een toe ons die dansbaan open.  Ons was mal oor 2 liedjies en ons kon nie tussen die twee kies nie.  Albei die liedjies is vir ons ongelooflik spesiaal en dit beskryf ons as mense.  Ons het nie danslesse gehad nie en net op gevoel rustig gedans.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


My haarkapster het die dag voor die troue laat weet sy kan dit nie maak nie, maar sy stuur iemand anders.  Ek was natuurlik vreeslik ongelukkig oor die diens en die finale produk.

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]