Ons gesels met trou fotograaf, Hanru Marais Photography

Ons gesels met die talentvolle trou fotograaf, Hanru Marais van Hanru Marais Photography.  Hanru is voltydse trou-en-leefstyl fotograaf gebaseer in Kaapstad.  Hy leef sy passie uit om die kosbaarste oomblikke in foto’s te kan vasvang wat verewig voortleef.  Wat is dan nou lekkerder om weer deur jou trou album te blaai en al die goeie herinneringe van die dag na te kyk.  Hanru se foto’s is van ʼn dokumentêre natuur en hy is ʼn meester om die tussen-in natuurlike oomblikke vas te vang.  Hy laat jou op jou gemaklikste voel en het ʼn besonderse oog vir detail.

Mooi Troues het ‘n kort onderhoud met Hanru gehad waarvan jy meer hieronder kan lees.  Rol af om deur sy pragtige werk te blaai en elke foto te waardeer.  Sy loopbaan in fotografie het al klaar op skool begin en van daar is dit geskiedenis!  Dit is altyd lekker om te hoor dat iemand sy passie uitleef.  As jy na Hanru Marais Photography se werk kyk sal dit vir jou voel of jy letterlik daar is saam met hom op die troudag.

wedding photographer cape town wedding photographer cape town wedding photographer cape town

Vertel ons hoe jy begin het met fotografie?


Om visueel te dokumenteer het reeds vroeg in my lewe verskyning gemaak toe ek op skool ʼn staptoer bygewoon het in die Drakensberge.  Ek het die staptoer met my eerste kamera afgeneem en vir R20 die CD met foto’s aan mede-stappers verkoop.  Dit was ʼn weghol sukses.

wedding photographer cape town wedding photographer cape town wedding photographer cape town

Hoe het jy besluit om te fokus op trou fotografie?


Ek het outomaties ʼn neiging om emosie vas te vang.  Mense fassineer my en troues is vol emosie, mooi dekor en mode so dit was ʼn maklike besluit.

wedding photographer cape town wedding photographer cape town wedding photographer cape town

Waar is jy gebaseer?


Ek neem jaarliks af in Europa en die Midde-Ooste asook Wes-Kaap, Gauteng en Mpumalanga.

wedding photographer cape town wedding photographer cape town wedding photographer cape town

As jy nie ‘n trou fotograaf was nie, watter werk sou jy graag wou doen?


ʼn Mode reeks begin en winkels reg oor die wêreld oopmaak.

wedding photographer cape town wedding photographer cape town wedding photographer cape town

Van waar kry jy inspirasie vir jou pragtige foto’s?


Die mense wat ek afneem, plekke wat ek besoek (plaaslik en internasionaal) en musiek is ook ʼn groot inspirasie vir my.

wedding photographer cape town wedding photographer cape town wedding photographer cape town

Indien Mooi Troues se lesers jou as fotograaf wil boek, hoe sal dit werk?


Ek is 6 maande vooruit vol bespreek, so bruide kan my kontak om te hoor oor my beskikbaarheid.  Ek vereis ʼn 50% deposito om jou datum vas te maak.

wedding photographer cape town wedding photographer cape town

Waar in die wêreld wil jy nog troues afneem?


Lake Como in Italië.

wedding photographer cape town wedding photographer cape town wedding photographer cape town

Advies vir paartjies wat nog opsoek is na hul troufotograaf:


Kyk na die fotograaf se styl en ontmoet mekaar om te bepaal of julle lekker oor die weg kom.  Dit is ʼn baie spesiale dag en daar moet ʼn gemaklikheid wees tussen julle.

wedding photographer cape town wedding photographer cape town wedding photographer cape town wedding photographer cape town

Artikel Krediet: