Ons deel die Chinoiserie geïnspireerde trou inspirasie perfek vir die paartjie wat iets anders as die gewone wil doen. Met helder kleure en sagte elemente sal dit onmiddellik jou gemoed oplig en opgewonde maak om jou troue te beplan.
Die fotosessie het soveel fyn detail wat jou aandag trek. Van die pragtige fyn glase op die tafel tot die mooi borde en goue eetgerei. Alles kom so mooi bymekaar om ʼn prentjie mooi trou tafel te skep. Kleure wat gebruik was sluit in wit, goud, blou en ʼn titsel swart vir die drama. Die pragtige wit en blou skryfbehoefte smet die dun lyne trek jou oog onmiddellik.
Hierdie fotosessie wys jou hoe mooi verskillende kleure bymekaar kan insmelt as dit reg gebruik word. Die model se pragtige trourok vloei so mooi saam met die dekor elemente van die fotosessie. Moet nie bang wees om iets anders te probeer vir jou troue nie. As jy ʼn groep fantastiese diensverskaffers gebruik soos by die fotosessie, dan sal jy gewaarborg wees om pragtige resultate te kry.
Vir fantastiese diensverskaffers vir jou troue, besoek Mooi Troues se Trougids.
Rol af en lees meer oor die Chinoiserie geïnspireerde Trou Inspirasie hieronder.
Wie het die fotosessie gereël?
Hierdie fotosessie is gereël deur Sophia’s en Rolene Photography.
Inspirasie agter die fotosessie:
Chinoiserie is ʼn “dekoratiewe styl in Westerse kuns, meubels en argitektuur, veral die 18de eeu. Dit kan gekenmerk word deur die gebruik van Chinese motiewe en tegnieke”.
Hierdie dekor styl te same met die pragtige voël motiewe wat ons Chinoiserie muurpapier gevind word, was ons inspirasie.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Hierdie groep verskaffers werk gereeld saam, ons geniet mekaar se passie en energie.
Agter die skerms van die fotosessie:
Hierdie fotosessie wat gereël in Augustus maand. Ons wou graag die tafel buite op die venue se stoep dek. Ongelukkig het die wind ons geen kans gegee daarvoor nie. Ons moes dit na binne skuif.
Merkwaardigste deel van die fotosessie:
Die merkwaardigste deel is elke keer wanneer almal se produkte bymekaar kom en die prentjie voltooi.
Dekor:
Ek wou graag ʼn sagte romantiese gevoel skep, maar nogsteeds ʼn tikkie drama hier en daar hê.
Kleurskema:
Ek het besluit op ʼn kleurskema van wit, goud, blou en ʼn titsel swart vir die drama.
Venue en Ligging:
Die fotosessie is gereël by Klokfontein Wedding & Game Farm. Dit is ʼn pragtige venue buite Parys, ideaal vir ʼn lekker naweek troue.
Trourok en bruidegom pak:
Jolache Couture het vir ons ʼn pragtige rok ontwerp met die fynste net valle.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
- Fotograaf: Rolene Photography
- Blomme: Sophia’s
- Dekor: Meraki Floral and Decor Design + Timeless Decor – Weddings & Functions
- Grimering + Hare: BELLE Beauty by Jenine
- Juweliersware: Kathleen Barry Bespoke Occasion Accessories
- Troukoek: The Turquoise Squirrel Patisserie
- Skryfbehoeftes: The Peachy Peony
- Trourok: Jolache Couture
- Venue: Klokfontein Wedding and Game Farm
- Videograaf: Paper Plane Media
- Model: Jess Grobbler