Kyle & Mart-Mari se Winter troue by Blue Bay Lodge

Kyle en Mart-Mari se mooi Blue Bay Lodge troue bied tonne inspirasie vir ʼn pragtige strand troue in die Winter.  Blue Bay Lodge is ʼn pragtige trou venue in Saldanhabaai in die Weskus.  Omring deur pragtige natuur landskappe en see uitsigte.  Hierdie is die perfekte trou bestemming vir paartjies wat opsoek is na ʼn prentjie mooi venue met lieflike verblyf by die see in die Weskus.  Dit is loop afstand van die strand – perfek vir jou trou foto’s.  Jy sal self sien hoe mooi lyk Mart-Mari en Kyle se troue.

Ons is mal oor die paartjie se styl, hulle het albei baie deftig gelyk.  Kyle in sy swart pak en strikdas.  Mart-Mari met haar pragtige trourok met fyn detail op. Die moue oor haar arms is ʼn baie oulike element van die trourok vir bruide wat gedurende die Winter maande trou. Dan is daar hulle pragtige trou dekor, alles het so mooi ingepas bymekaar.  Die pragtige houtstoele het uitgestaan op die spierwit tafeldoek.  Blom patroon materiaal servette het so mooi ingepas by die vars blom ontwerpe op die tafels.  Dan is daar die heerlike kos!  Wow!  Blue Bay Lodge staan bekend vir hulle fantastiese spyseniering by troues.

Kyle en Mart-Mari se troue was ʼn heerlike makietie met familie en vriende by die pragtige Blue Bay Lodge venue.  Dit is belangrik dat paartjies hul troudag geniet.  Geniet al die verskillende dele en elemente op jou troudag.  Onthou om lekker te eet en jou tyd te geniet saam met familie en vriende.

Rol af om meer te lees oor Mart-Mari en Kyle se liefdesverhaal hieronder.

Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het ontmoet in die klein vissers dorpie Velddrif.  Kyle het bemarking gedoen vir ʼn maatskappy in Velddrif so hy het deeltyds Weskus toe gekom vir werk en ek het alreeds hier gebly en gewerk.

Ek het die aand vir ʼn vriend ʼn afskeid partytjie gereël en hy het gevra of hy vir Kyle kan saam nooi omdat Kyle niks jong mense in die Weskus ken nie.  Ons het dus ontmoet in hierdie oulike vissers huisie wat omskep is in ʼn restaurant as vriende en die res is Geskiedenis.

Kyle het my gevra.  Kyle is ʼn sjef so hy het my die aand bederf met ʼn 4 gang maaltyd in ons huisie op die see.

Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue

Die Verlowing Tydperk:


Ons was vir ʼn jaar en half verloof.  Ons het maar meestal met die Lodge gewerk omdat ek self by die Lodge werk en Kyle ʼn sjef is so ons het geweet wat ons wou hê.   Dan het ons met die Lodge se trou beplanner ook gewerk wat op die dag daar is net om alles bymekaar te bring.

Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue

Finansiële Aspekte:


Ons het besluit om die belangrikste items eerste te doen en te besluit so wat vir ons die belangrikste was.  Dit was die grootste besluit so ons items was die kos en die musiek en die fotograaf, dit was ons noodsaaklikhede.

Van daar af was dit maklik.  Ons het goed gekoop en gebruik wat in seisoen was.  Ek en Kyle het met die venue gewerk en die sterk punte van die venue gebruik.  Dit is waar baie mense se troues duur raak as hulle bv. nie hou van die stoele of tafels of eetgerei van ʼn venue nie en dit alles probeer in huur.

Ons het 120 gaste gehad wat perfek was.  Almal het om tafels van 8 in die venue gesit, sodat almal lekker met mekaar kon gesels.  Niemand het hulle rug gedraai gehad op mekaar nie wat heerlik was en dit baie gesellig gemaak het!

Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue

Spesiale Tradisies:


Ons het soos voorheen genoem die Hora gedoen, wat gelei was deur Joodse vriende van ons wat regtig almal net in ʼn baie goeie gemoed gesit het en die feesvieringe afgeskop het met ʼn hoogtepunt!

Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troueBlue Bay Lodge troue

Die Besluitnemingsproses:


Ons het as ʼn paartjie ons besluite saam geneem.  Daar was so paar items wat vir my of vir Kyle meer belangrik was.  Daardie items het ons vir elkeen die weg gegee.  Ons wou seker maak dit is ʼn dag wat ons albei se persoonlikhede verteenwoordig.  En ook ons persoonlikheid as ʼn paartjie, so om dit reg te kry het ons albei saam die besluite geneem op alles.

Ons het nou en dan vriende gevra vir advies.  Waar hulle dieselfde diensverskaffers mee gewerk het en dan ook ons ouers op velde wat hulle baie kennis in het.  My Ma is ʼn sjef so sy het ook vir ons een van die voorgeregte gemaak.  Kyle se ma het ons gehelp met die musiek reël so almal se sterk punte is gebruik!

Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troueBlue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troueBlue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir Mart-Mari:

Ek dink om net al ons geliefste mense almal in een vertrek saam te hê was ongelooflik.  Veral omdat dit ʼn naweek troue was, so ons kon lekker tyd spandeer met almal.  Die trou dag was nie net om vir almal hallo te sê of te probeer by almal uit kom nie.   Ons wou ook seker gemaak het dat ons troue lekker gees gehad het.  En dat almal van die begin af gedans en in ʼn goeie luim was.

Vir Kyle:

Ons het besluit om baie tradisies van verskillende kulture saam te bring vir ons groot dag.  Een van daardie tradisies wat vir ons uit gestaan het was die Joodse “Hora”.  Iets wat ons vroeër die jaar by vriende van ons se troue beleef het.

Dit is so ʼn energieke oomblik wat die partytjie en die fees net op die regte noot laat af skop.  Dit was beslis my hoogtepunt.  Dan was dit ook natuurlik toe Mart-Mari vir my en almal anders verbaas het deur om vir my te sing in haar trou toespraak.

Sy het “Always remember us this way” van Lady Gaga gesing.  Ek dink nie daar was ʼn enkele persoon in die hele vertrek wat nie gehuil het nie.  Dit was verseker ʼn oomblik wat verewig by my en almal daar sal bly.

Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troueBlue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue

Paartjie se styl:


Ons wou ʼn formele troue gehad het.  Almal het gedink ons is mal om ʼn formele troue op die strand te wou hê.  Omdat dit Winter was en koud was en ons so lief is vir elegante styl is en die romanse  wat daarmee saam gaan.  Soos die romanse wat saam met ʼn elegante lang rok en ʼn man in ʼn pak gaan het ons almal verplig om formeel aan te trek, en dit het ook beslis by gedra tot almal se gevoel ook.

Dit was ook al wat formeel was van die troue.  Die res was gebaseer op eenvoud en gevoel, ons blomme wou ons gehad het moet in seisoen wees, dit moet blomme van die veld wees en ons wou nie gehad het dat enige twee rangskikkings dieselfde moes lyk nie, en Jomeri het die uitstekend uitgevoer!

Vir die res wou ons ook net die romanse en hitte van klomp kerse gehad het wat ook baie bygedra het tot die gevoel van die troue.

Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troueBlue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue

Wittebrood:


Ons was eers Kroasië toe met my gesin so familie-wittebrood gehad op ʼn boot.  Toe van daar af was ons Spanje toe. Ons kon nie besluit op een bestemming nie, so ons het toe sommer die hele Noorde van Spanje getoer met ʼn huurmotor.

Van Kroasië na Barcelona het hulle ons bagasie verloor.  Wat dalk romanties is vir ʼn wittebrood in die Seychellees, maar dit was baie stresvol om in ʼn stad te wees sonder enige van jou goed.

En nog in ʼn stad waar baie min mense Engels praat.  Dit het maar stresvol begin en ons het eers na 5 dae ons sakke gekry!  Maar vir die res was dit ʼn onvergeetlike wittebrood en ʼn regte avontuur!

Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue

Venue & Dekor:


Die venue was maklik, omdat ek by die venue werk en dit ʼn familie besigheid is.  Daar is baie goeie herinneringe en dit is ons huis.  So ons wou graag al ons vriende en familie onthaal in ʼn plek wat vir ons na aan die hart was.

Meeste van ons besluite en goed wat ons gedoen het was vir ons sentimenteel en het vir ons iets beteken.  Dit was belangrik want mens raak vinnig opgesweep met wat ander mense doen en jy vergeet wat vir jou belangrik is, so ons het baie aandag daaraan gegee.

En dit was so maklik om dit by die Lodge te doen, want dit is ons gunsteling tyd van die jaar (Augustus).  Die tyd van die jaar wat dit mooi groen is en daar selde wind is en die blommetjies uit is. Almal kon hulle lang rokke en pakke heel dag aan hou sonder om te sweet so dit was alles perfek.

En dit was vir my ook heerlik om te wees by die Lodge met my werk gesin almal betrokke en ook deel van ons spesiale dag.  Ons dekor inspirasie was beslis die blomme seisoen en al die mooi plante wat ons in Augustus het wat oral groei.  Ons wou winter kleure en blomme gehad het.

Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troueBlue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue

Gunsteling Diensverskaffers:


Jomeri Mouton wat ons blomme en dekor gedoen het.  Sy is niks kort van ʼn kunstenaar nie.  Sy is ʼn ongelooflike talentvolle persoon en sy was nie net ons dekor en blomme stilus nie maar ook ons tweede fotograaf.  Daar is letterlik nie einde aan daai meisie se talente nie!

Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Kyle:

Moet nie sweet oor die klein goedjies nie, dit help nie mens stres oor al die klein goedjies nie, mens moet fokus op die items wat belangrik is vir julle as ʼn paartjie.

Mart-Mari:

Maak eers die besluit op die gevoel wat jy die dag wil hê, dan werk jy alles daar om, anders raak troue beplan net ʼn lang lys van dinge om te doen en besluit lys wat mens baie kan oorweldig.  So begin met watter tema wil jy hê, formeel of informeel, groot of klein, ensovoorts en dan vat jy dit van daar.

Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troueBlue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue Blue Bay Lodge troue

Vermaak:


Ons het ons band gehad en dan ook ʼn ongelooflike musiek onderwyseres van Rhenish Lyuda wat die Harmonika gespeel het met ons verwelkomings drankies.  Ons wou ʼn baie Italiaanse tema gehad het met ons kos en musiek en dit het perfek bygedra tot daardie gevoel.

Blue Bay Lodge troue

Eerste Dans:


Ons het, ons het nie vir lesse gegaan nie, en ons liedjie wat my en Kyle se liedjie is op gedans.  Dit is ʼn Mumford and Sons liedjie, “There will be time“.

Ons het dit die eerste keer regstreeks gehoor in die Kaap en dit was altyd baie spesiaal vir ons, ook omdat dit saam met ʼn Senegalese man Baaba Maal gesing word.

Toe ons die eerste keer die Senegalese woorde vertaal het was dit ongelooflik hoe baie die woorde vir ons beteken het en net hoe ons voel opgesom het.  So met die eerste dans het ons ook die vertaling van die woorde in die agtergrond gespeel wat ook baie spesiaal was.

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]