Mode Inspirasie vir die Boheemse Bruid

Ons deel met Mooi Troues se lesers Mode inspirasie vir die Boheemse Bruid, wat opsoek is na bietjie meer as net die normale.  ʼn Groep kreatiewe diensverskaffers het saam gewerk om hierdie gestileerde fotosessie ʼn sukses te maak.  Dit maak so ʼn groot verskil as jy ʼn goeie groep diensverskaffers saam sit.  Wat hulle individueel en as ʼn span kan verrig, is wonderlik.  Die doel van die fotosessie is om mode inspirasie te bied vir die toekomstige Boheemse Bruid.

Paartjies moet saam besluit op drie tot vier kleure vir hul Boheemse-tema troue.  Jy kan meer kleure gebruik, maar drie tot vier kleure moet jou hoof kleure wees wat jy gebruik.  Moet nie te veel kleure meng nie.   Hou dit eenvoudig en jy kan nie verkeerd gaan nie.

In die gestileerde fotosessie sal jy sien hoe die model prentjie mooi lyk in verskillende rokke en bykomstighede.  Dit gee jou ook ʼn goeie idee watter kleurskakerings mooi saam werk.  Hoe verskillende vars en droë blomme gebruik word om kunstige blom ontwerpe te skep.  ʼn Boheemse tema troue is alles oor gemaklikheid en om jouself uit te leef.  Jy kan doen wat jy wil, solank as wat jy die basiese stilering elemente gebruik, kan jy nie verkeerd gaan nie.

Geniet hierdie oulike mode inspirasie op Mooi Troues.  As jy opsoek is na fantastiese diensverskaffers vir jou troue.  Besoek Mooi Troue se Trougids hier.

Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride

Wie het die fotosessie gereël?


Evette Terol ʼn talentvolle grimeer-kunstenaar.

Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Aan die bruidspaar, as julle vir die tema wil gaan sal julle beslis nie spuit wees nie.  My enigste raad wat ek vir julle sal gee is kies 3-4 kleure wat vir julle mooi sal werk by mekaar en hou by dit.  Moet asseblief nie teveel kleure meng nie.

Ek wil net dankie sê vir elke verskaffer wat deel was van hierdie wonderlike gestileerde fotosessie.  Dit was lekker om saam soveel talentvolle mense te werk.  Mag die toekoms vir julle baie suksesvol wees en mag ons in die toekoms weer saam werk!

Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride

Inspirasie agter die fotosessie:


Ek is mal oor die Boheemse-Bruid gevoel, dit bring ʼn tydlose skoonheid na vore.  Dit pas ook so perfek in by die winter temas omrede mense altyd bang is vir dooie plein neutrale kleure.  Mens kan so baie doen met ʼn boheems tema.

Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Nadat ek die breinkaart aan mekaar gesit het en presies geweet het wat ek met die fotosessie wil bereik het ek begin kyk na verskillende verskaffers se Facebook blaaie(ek moet se dit was nie maklik nie want daar is eerlik soveel goeie talent daar buite).  Ek het ʼn kortlys gemaak van wie ek deel van die span wil hê en ek het hulle almal ʼn e-pos gestuur met my idee.

Hare:

Blissfull Bellas:  Sy is ʼn uitstekende haarkapster.  Sy kan enige iemand mooi maak!  Haar passie vir hare is onbeskryflik.  Sy kan met enige styl hare werk en die tyd wat sy in sit om jou hare te stileer en mooi te laat lyk is wonderlik.  Jy kan vir dae loop met jou haar stilering.

Venue:

De la Mas Venue:  Daardie venue is beeldskoon en het eerlik waar soveel om te bied.  Daar is soveel mooi versteekte plekke om mooi foto’s te neem en dit het perfek by my brein storm bord gepas.  Die eienaars is so gasvry en mens kan vir ure in hulle geselskap wees .

Grimering:

Evette Terol Make-up Artistry:  Doen uitstekende grimering en laat almal gemaklik voel in haar mooi maak stoel.  Sy het n passie vir wat sy doen en haar grimering laat ʼn vrou so beeldskoon voel.

Blomme:

The Wild Flower Art:  Maak die mooiste blomme ruikers en hulle gebruik wilde blomme wat perfek saam die Rustieke Boheemse tema pas.

Rokke:

The Maiden:  Hulle rokke is sag en vleiend en laat enige vrou so gemaklik voel.

Fotografie:

Fern Green Photography:  Haar foto’s het ʼn sagte voorkoms wat elke bietjie detail mooi laat lyk.  Sy stel haar kliënte eerste soos wat almal moet doen en sy gaan die ekstra myl om die beste diens vir haar kliënte te bied.

Model:

Belinda Horak het perfek by die fotosessie gepas.  Sy het van nature kla die hele Boheemse gevoel en sy is baie gemaklik voor die kamera.  Haar donker hare en mooi glimlag was perfek vir die sessie.

Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride

Agter die skerms van die fotosessie:


Ek het op die agenda vir die dag ʼn uur gehad wat almal mekaar leer ken terwyl ons aan die lekker vingerhappies peusel wat De la Mas vir ons gemaak het.  Terwyl meeste van ons die peusel happies geniet besef ek dat Belinda (Model) nie saam eet nie.  Toe ek haar vra toe se sy sy is Vegan, ek het so sleg gevoel want ek het besef ek het nooit eers vir die verskaffers gevra of hulle enige spesiale versoeke het vir vingerhappies nie!

Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Madelé die mede-eienaar van De la mas het ons vertel van ʼn baba bokkie wat hulle die oggend voor die fotosessie veearts toe moes vat want sy is siek en wil nie drink nie. Die ou bokkie “Poppie” het ons harte behoorlik gesteel en ons het besluit om haar deel te maak van die fotosessie.

Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride

Kleurskema:


Meeste mense beweeg weg van die helder kleure vir die trou kleurskema, maar eindig dan gewoonlik op met jou groen en wit met rose goud/silwer of goud.  Mense is bang om neutrale kleure te gebruik oor hulle bang is dit gaan boring lyk.

Die rede agter my kleur pallet wat ek gebruik het was juis om vir mense te wys mens kan in die somer nogsteeds die natuurlike winter kleure gebruik en dit sal mooi lyk, daar is niks verveeld aan die kleurskema nie en daar is soveel opsies.

Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride

Venue en Ligging:


De la mas die venue wat bekend is vir sy blou deure!  Dit is perfek vir enige styl troue.  Daar is soveel mooi by daardie venue en met die regte fotograaf aan jou sy sal jou troue beslis uitstaan van al die ander troue wat daar gehou word.  Mens kan sien daar is soveel moeite in elke bietjie detail op die venue gesit.  En van die oomblik wat mens daar aankom tot mens ry word mens met vriendelikheid hanteer.

Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride

Trourok en bruidegom pak:


The Maiden was so gaaf om vir ons ʼn paar verskillende opsies rokke vir die fotosessie te leen sodat ons kan sien wat die beste gaan werk.  Toe ons die kant lang mou rok sien het ons dadelik besluit hy gaan perfek by die tema pas.  Ek persoonlik dink enige tipe rok sal perfek by die tema werk solank dit kant op het sal dit beslis die Boheemse gevoel deurtrek.

Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride Fashion Inspiration for the Bohemian Bride
Fashion Inspiration for the Bohemian Bride

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

[endsection]