Terracotta Boho Sjiek Trou Inspirasie

Terracotta Boho Sjiek Trou Inspirasie is nie net ʼn pragtige gestileerde fotosessie nie, maar ʼn voorbeeld van hoe jou troudag kan lyk.  Suid-Afrika is ʼn pragtige land met die mooiste landskappe en ook die mooiste Afrika-sonsak!  Vandag se fotosessie vertel ʼn romantiese storie met soveel verskillende elemente wat so mooi bymekaar in vloei.

Terracotta is ʼn tendense wat saam met die Boheemse trou tema gekom het.  Skakerings van aardse kleure gemeng met kleurvolle elemente word gebruik om ʼn prentjie mooi troue te skep.  Die fotosessie is ʼn voorbeeld van ʼn oulike buite troue in die veld.  Vir die seremonie het hulle verskillende stoele gebruik!  Ons is gek oor die rottang stoele wat ook nou baie modieus is.

Ons is mal oor die kleurskakerings van die trou dekor.  Die donker aarde kleur skakerings met die pragtige pienk blom ontwerpe.  Dit trek onmiddellik jou aandag.  Die goud en wit eetgerei en die pragtige hout tafel gee die fotosessie ʼn stylvolle gevoel.

Elke liewe deel van die fotosessie is pragtig, van die grimering, hare, trourok, troupak, blomme, stilering, venue, kos en foto’s.

Is jy besig om jou troue te beplan?  Besoek Mooi Troues se Trougids vir fantastiese en betroubare diensverskaffers vir jou troue.  Geniet die Terracotta Boho Sjiek Trou Inspirasie gestileerde fotosessie.  Rolf af om meer te lees en die pragtige foto’s te kyk.

Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie

Wie het die fotosessie gereël?


Kristin van Ashanti Estate en On the Day Events.  Al die verskaffers was ongelooflik.  Suzanne van Skoonlief was ongelooflik om aan idees saam met my te dink.

Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie

Dekor:


Ons het geweet ons wou iets buite doen – veral met Ashanti se Eikebome en die dam.  Crisna van Bouwer Flowers en Carol van All Things Wedding het dit moontlik gemaak.  Crisna het die blomme, kerse en houertjie gedoen.  Sy het gespeel met Terracotta kleurskakerings – warm perske kleure, sagte pienke en sanderige woestyn bruin.  Carol het toe die skakerings ingebring wat perfek in sal pas by die verskillende teksture.   Dit het ook die pragtige servette en die blomme gekomplimenteer.  Die hout tafel en die stoele het perfek gepas by die styl.

Vir die seremonie het ons die agtergrond gebruik wat Carol spesiaal vir die fotosessie gemaak het.  Ons wou ook met die boho tema speel en verskillende stoele gebruik. Banke, stoele, ottomans  en teksture.

Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie

Inspirasie agter die fotosessie:


Omdat korona ons trou bedryf so tot ʼn stilstand gemaak het, wou ons by mekaar kom en iets kreatief en ongelooflik te skep.  Na 4 maande van geen troues het ons soveel pret gehad.   Terracotta is ook die nuwe in ding.  Ashanti se buite area en veld is net perfek vir die fotosessie gewees.  Ons wou bruide weer hoop gee en opgewonde maak vir troue en hoop gee dat die tydperk ook verby sal gaan.

Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Ek sou sê – moenie altyd die tendense volg nie.  Maak dit jou eie unieke styl en gevoel.  Almal wil die perfekte troue hê, maar maak dit perfek vir julle en nie vir die gaste of familie nie. Vat ʼn tema en sit ʼn unieke element op dit wat julle perfek pas!

Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie

Trourok en bruidegom pak:


Ons het ʼn kans gevat en vir Robyn Roberts gevra.  Sy het onmiddellik belangstelling getoon.  Hulle is ook al jare in die bedryf en as ʼn venue of koördineerder verwys jy altyd bruide, maar werk nie altyd self met die verskaffers nie.  Dit was so lieflik om saam hulle te werk en ek voel hulle rokke is net perfek vir die tema.

The Wedding Bells Suit Hire het die perfekte troupak verskaf.  Ek sal hulle definitief aanbeveel vir die bruidegom en strooijonkers se pakke.

Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Sjoe!  Dit is moeilik om een te kies.  Die fotosessie was asemrowend,  maar vir my was dit so ongelooflik hoe ons as ʼn span by mekaar gekom het.  Net vanaf ʼn projek bord.  Dit was nuut, dit was uniek, dit was regtig ʼn goeie tentoonstelling van span werk.  Hoe passievol die klomp mense is vir wat hulle doen.

Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie

Kleurskema:


Terracotta!  Daai warm perske-, sand- en sagte pienk kleure.  Eerstes dit is baie Herfs – maar ons wou dit anders doen.  Ons wou nie regtig die terracotta potte gebruik nie, maar wel met die idee speel van die potte.  Hoe dit die verskillende teksture en kleur elemente bymekaar inpas.  Dit is ʼn tendens wat ook mooi inpas by ons goeie sonsak.

Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie

Venue en Ligging:


Ashanti Estate is bekend vir hulle venue se ongelooflike Toskaanse / Europese gevoel.  Toe toe ons die kleure sien het ons geweet met hulle baie mooi Drakenstein berge en die dam area het sal die perfekte plek wees vir die tema.  En die sonsondergang by Ashanti is groot, sterk en goud!  Ons wou daai WOW faktor hê.  Alles wat ʼn bruid in ‘n troudag soek.  Ashanti self het so baie areas wat op sy eie prentjie mooi is.

Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie

Agter die skerms van die fotosessie:


Vir die seremonie was Ashanti se veld is perfek maar dit is ‘n veld – so ons moes ons eie padjie inwerk/instap.  Dit was nogal lekker oefening om ons spiere bietjie te oefen.

Ons het ook amper uit son gehardloop want ons het net soveel mooi foto’s gehad en kon nie ophou foto’s neem nie.  Die modelle  van Caledon af – so dit lekker ver op die dag toe het ons “bruidegom” sy wit hemde vergeet by die huis so het nuwes gaan koop – het so sleg gevoel.

Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie Sjiek Trou Inspirasie

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Van die begin af het ek (Kristin) geweet dat ons het ʼn ongelooflike span nodig.  Skoonlief en Ashanti was eerste aan boord.  Ek het vir Suzanne 11 uur die aand die projek bord gestuur en sy was dadelik opgewende.  Toe spring ons wet met die beplanning.  Ons het toe gekyk wie die beste pas by die gevoel en styl.  Marli Koen se foto’s is so romanties, dat ons geweet het sy is ʼn wenner en sy bring net soveel energie na elke troue en fotosessie.

Boland Wedding se Markus is ongelooflik en hy is altyd gretig vir ʼn uitdaging.  Hy is altyd gewillig en die manier hoe hy redigeer is so persoonlik, wat perfek was.  Robyn Roberts se rokke is buite die wêreld.  Pret Pakkie is my persoonlike opsie om te na te gaan. Lindi,  die eienaar van Pret Pakkie was bruid wat by Ashanti getroue het en sy het hierdie nuwe besigheid.  Dit is ongelooflik om te sien hoe goed sy doen en haar opsies en unieke items.

Blomme en dekor:

Vir blomme en dekor was dit toe ons na die foto’s gekyk het ek het dadelik gedink aan Crisna van Bouwer Flowers.   Haar werk vir my is perfek vir Boho en haar warm kleure en styl van blomme doen is so uniek en net romanties.  Crisna het toe voorgestel om met Carol van All Things Wedding kontak te maak. WOW. Sy het alles te doen met dekor wat ʼn mense nodig het.

Ek het vir haar gaan sien in Wellington ek ons het lekker oor die weg gekom.  Haar items is mooi en ook weer alles is iets nuut en vars vir troues.  Le Ceuset was die kersie op die koek, want hulle produkte soos mooi en luuks.  Vir die koeke is ek al lank aanhanger van haar werk en sy het regtig haar deel gebring.  Clayfully was ook iets wat ek op Instagram gevolg het en net ʼn kans gevat en gevra of hulle sal belangstel.   Die troupak verskaffers was ongelooflik met opsies. Dit was so maklik om meer te deel.  LemonSalt werk ek al jare saam en haar goed is also goeie kwaliteit en sy doen altyd iets uit die boks. Dink dit is almal – laat weet as ek iemand gemis het.

Die paartjie was ook ʼn ou paartjie van Suzanne van Skoonlief.

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir diensverskaffers]

    [endsection]