PJ Rélene het ʼn gesellige Riebeek Kasteel troue gehad by Het Vlock Casteel, wat soveel oulike elemente het. Met kleurskakerings van Donkergroen en wit elemente gee dit die troue ʼn elegante gevoel.
Het Vlock Casteel in Riebeek Kasteel, so ʼn uur se ry vanaf Kaapstad, is die perfekte plek om te trou. Omring deur vrugbare wingerde, koringlande en majestueuse berge. Hierdie is baie paartjies se droom plek om te trou. Met soveel mooi natuur tonele en ʼn besonderse venue kan jy nie verkeerd gaan nie. Die rou baksteen mure, hout tafels met die donkergroen dekor elemente is pragtig. Alles werk so perfek saam.
Rélene en PJ verduidelik dat jy moet rond kyk na verskillende diensverskaffers voordat jy ʼn finale besluit neem. As jy besig is om jou troue te beplan, besoek Mooi Troues se Trougids. Ons trougids het fantastiese diensverskaffers in wat jy stresvry kan vertrou. Geniet PJ en Rélene se oulike troue hieronder.
Paartjie se Liefdesreis:
ʼn Wynproe, ʼn kerkkamp en ʼn Profetiese Woord Dis wat sy sê: ʼn Baie geselserige tannie en streng oom het by my kom wyn drink (ek het op daardie stadium by ʼn wynkelder gewerk). Die oom het gedink ek is die perfekte vrou materiaal vir sy seun en het my drie vrae gevra:
1. Het jy ʼn kêrel?
2. Behoort jy aan ʼn kerk?
3. Is jy ʼn lesbiër?
“Nou goed, ons bring ons seun more.”
Ek het skynbaar die toets geslaag.
Dis wat hy sê: Nadat ek uit die Baai weg is, sien ek my ouers vir die eerste keer weer by ‘n bediening se kamp. Die eerste woorde wat hulle sê toe hulle my sien is: “ons het jou trou-vrou ontmoet en jy gaan haar more ontmoet”.
Maande na die ontmoeting:
Ses maande na die ongemaklike ontmoeting, gaan ons weer op ‘n kamp, hierdie keer om uit te vind dat die einste wyn meisie aan dieselfde bediening behoort en ook daar is. Sy sê nog sy “leen” my kussing om kamma haar bene te laat rus, en my reaksie? My selfoonnommer 😊
Na die kamp het ek en sy skielik ‘n groter liefde vir koffie ontwikkel en so was die eerste koeël deur die kerk.
PJ en Rélene het ʼn maand se oor en weer koffie geniet, toe hy haar vra om sy meisie te wees. ʼn Maand later bel hy sy ouers en sê hy gaan met haar trou (geen verrassing vir hulle nie, natuurlik).
Na 5 maande gekys wees vra hy haar op Tradouwpas om verloof te raak. PJ het ʼn “amazing race” voorberei waar Rélene ʼn afskrif van Google Maps gekry het met 4 nommers op. D aar was 4 koevertjies. By elke nommer wat hulle gestop het het sy ʼn koevertjie gekry met iets wat sy moet doen. Op nommer 3 het hy haar hand gevra.
Die Verlowing Tydperk:
PJ wou met alle mag binne drie maande trou – hy laat GLAD NIE op hom wag nie! Rélene wou langer verloof wees, darem gewoond raak aan die idee en rustig alles beplan. Hulle was amper 8 maande verloof toe hulle trou.
Hulle het alles self beplan. Die venue het wel troubeplanner wat help het met die praktiese vrae en voorstelle, asook die opset van die saal die dag voor die troue.
Merkwaardigste Oomblikke:
O genade, watter deel was nie! Vir albei sekerlik die oomblik toe ons albei mekaar vir die eerste keer voor die kansel sien.
Finansiële Aspekte:
Hulle het ʼn begroting op Excel opgetrek wat al die diensverskaffers en items insluit van wat aankoop/gehuur gaan word. Hulle het aanvanklik begroot op 150 gaste, maar geëindig op 114. Dit het darem so ekstra paar Rand in die sak gesit 😊
Advies aan paartjies: Dis goed om eers rond te soek vir diensverskaffers. Aanbevelings van diensverskaffers is baie handig – jy wil nie ʼn kompromie op ʼn goedkoper opsie maar hulle laat jou in die steek op nr. 99 nie.
Ook, moenie skaam wees om jou reeds getroude pelle te vra of jy van hulle dekor kan leen nie. Niemand gaan weet nie, en haai, dis mos hoekom pelle daar is.
Venue & Dekor:
Die venue was deel van ons Profetiese Woord. Met die verlowing het Rélene letterlik elke venue gekontak vir pryse en datums, en nie een het uitgewerk behalwe die venue wat gespreek was nie. Net nog ʼn bevestiging dat die huwelik deel van God se beplanning was.
Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:
NATUURLIK moet daar sulke oomblikke wees – hoe dan anders! Met die war-woel van reëlings en saal opmaak die dag voor die troue, het Rélene haar boks met skoene, oorbelle, parfuum in die Kaap vergeet.
Die oggend van die troue kom PJ agter sy hemp lê ook in die Kaap! Gelukkig was daar gaste oppad na die troue en kon die goedjies by die huis optel en deurbring. PJ het letter 15 minute voor die troue sy regte hemp gekry – sy foto’s van voor die tyd was in ʼn geleende hemp! 😊
- Venue: Het Vlock Casteel
- Gaste Geskenke: Het Vlock Casteel
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
- Fotograaf: Milk and Honey Photography
- Grimering + Hare: Die Willie Wolf Kappery
- Musiek: Cape DJ’s
- Trourok: Kelly Mae Bespoke