Kegan & Kristly se stylvolle Groen & Wit troue

Ons deel graag Kegan en Kristly se stylvolle Groen & Wit troue by Whispering Thorns in Mpumalanga provinsie.  Hierdie pragtige trouvenue is die perfekte keuse vir die paartjie wat opsoek is na ʼn moderne venue, omring deur pragtige landskappe en die mooiste natuurtonele.  Jy kan nie verkeerd gaan nie.  Die paartjie vertel dat die venue een van hul gunsteling diensverskaffers was op hul troudag.   Hulle het alles gedoen van die venue, dekor tot die spyseniering.

Hulle stylvolle groen en wit dekor maak die trou dekor tydloos.  Die kleurskema pas perfek in by die omgewing en die venue. Die res van die dekor elemente het bestaan uit glas kers houers met spierwit lang kerse in. Wit stoele en pragtige kandelare wat van hoog uit die dak hang.

Kristly se trourok sal jou laat smag na asem!  Haar trourok is ʼn pragtige ontwerp van ʼn plaaslike ontwerper.  Die rok is elegant, baie stylvol en het soveel mooi detail.  Ons is veral mal oor die detail in die boonste deel.

Dan is daar die troukoek, definitief ʼn fokus punt.  Dit is ʼn wit koek met die mooiste groen en goud illustrasie elemente op die koek.  Die koek pas so mooi in by die res van die dekor elemente.

Die paartjie het hulle ontspanne wittebrood geniet in Mauritius.  Dink jouself net in hoe lekker ʼn week van skemerkelkies op ʼn eiland strand kan wees.  Neem jou tyd en geniet Kegan en Kristly se stylvolle Groen & Wit troue by Whispering Thorns hieronder.

bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het mekaar ontmoet in Januarie 2011.  ʼn Vriend het ons via BBM voorgestel, ons het dieselfde week in Greenside ontmoet.  Sedertdien is ons onafskeidbaar.

Ons het in Desember 2017 in Milaan, Italië, geland vir ʼn reis saam met vriende en daarna vir ʼn week-lank ski vakansie.  By aankoms het Keegan voor die beroemde Duomo di Milano (katedraal) my gevra om te trou.

Ons vriende en familie het by ons aangesluit en is enkele ure later na Florence gereis vir onophoudelike vieringe.

bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos

Die Verlowing Tydperk:


Ons was verloof van Desember 2017 tot 20 April 2019 (dus ongeveer 16 maande).  Ek en Keegan het die ‘verlowings periode’ baie geniet en baie tyd gebruik om trouvenues te besoek, ons troue te beplan en al die logistieke te reël.

Ons het hoog en laag in Johannesburg gesoek, en uiteindelik op Witrivier besluit omdat ons baie vakansies daar deurgebring het.  Ons het die span by Whispering Thorns ontmoet en met ons aankoms moes ons venue hê vir ons troudag.  Alles van Whispering Thorns was perfeksie en hul toegewyde span het gehelp om ons troue te beplan.

groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos

Finansiële Aspekte:


Ons het die geluk gehad om ondersteuning van albei ons families te ontvang.  Ons het van ons besparings gebruik om alles wat ons nodig gehad het, by te voeg.  Ons het ons bes probeer om binne die begroting te bly, wat altyd moeilik is.

Veral oor ʼn lang tydperk en met 6 strooimeisies en 7 strooijonkers.  Ons het waarskynlik net so onder R200 000 spandeer en het 75 gaste gehad.

Whispering Thorns glass chapel Mpumalanga Whispering Thorns glass chapel Mpumalanga

Merkwaardigste Oomblikke:


Kristly – Alles was betowerend.  Van die oomblik dat jy wakker word, tot die oomblik dat jy gaan slaap.  Maar as ek ʼn enkele oomblik moes vaspen, sou dit die oomblik wees toe ek Keegan aan die einde van die trougang sien.

Keegan se gunsteling oomblik was om my te sien en sy eerste “shot” met almal.

Whispering Thorns glass chapel Mpumalanga Whispering Thorns glass chapel Mpumalanga Whispering Thorns glass chapel Mpumalanga Whispering Thorns glass chapel Mpumalanga Whispering Thorns glass chapel Mpumalanga Whispering Thorns glass chapel Mpumalanga Whispering Thorns glass chapel Mpumalanga Whispering Thorns glass chapel Mpumalanga Whispering Thorns glass chapel Mpumalanga Whispering Thorns glass chapel Mpumalanga

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Moenie te vasgevang raak in die klein dingetjies wat tyd en jou begroting op vreet nie.  Niemand sien hulle in elk geval regtig op die dag raak nie.  Hou die troue op ʼn hanteerbare grootte.

Whispering Thorns glass chapel Mpumalanga Whispering Thorns glass chapel Mpumalanga
Whispering Thorns glass chapel Mpumalanga Whispering Thorns glass chapel Mpumalanga Whispering Thorns glass chapel Mpumalanga Whispering Thorns glass chapel Mpumalanga Whispering Thorns glass chapel Mpumalanga Whispering Thorns glass chapel Mpumalangawhispering thorns wedding whispering thorns wedding

Gunsteling Diensverskaffers:


Whispering Thorns het regtig alles so maklik gemaak. Hulle het die spyseniering, dekor en die venue logistiek behartig.

Ek sal ook Royal Treats aanbeveel wat ons troukoek en suikergoed gemaak het.

Die diens van die grimering- en haar kunstenaars van Ikon was ook uitstekend.

En natuurlik, ons fotograaf Jennifer Moyes Photography, wat ons trou-foto’s binne twee dae afgelewer het.

whispering thorns wedding whispering thorns wedding

Paartjie se styl:


Ek het ʼn paar trourokke by prominente winkels in Johannesburg aangepas, maar niks het my visie behaal nie.  Uiteindelik het ek ʼn plaaslike ontwerper, Laryne Jefferies gebruik, wat my droomrok ʼn realiteit gemaak het.  Dit was ʼn mengsel van kant, duifgrys onderlaag en 2 buite-rokke.  Ons het ongeveer ses maande daaraan gewerk, van ontwerp tot aflewering.

Keegan en sy ma het sy pak saam gekies.  Hulle het dit by Tiger of Sweden in Hyde Park gekoop.  Hy het ʼn grys pak gekies wat perfek by alles pas.

whispering thorns weddingwhispering thorns wedding whispering thorns wedding

Venue & Dekor:


Ek en Keegan het hoog en laag na trouvenues in Johannesburg gesoek en uiteindelik besluit om na iets buite die stad te kyk.  Ons het baie tyd in Witrivier deurgebring en is deur ʼn ander plaaslike venue na Whispering Thorns verwys.

Keegan en ek het ʼn paar internasionale gaste gehad en almal moes na die venue reis, so het ons die Paasnaweek gekies.  Die dekor was baie natuurlik – dit was in koolrose en verskillende groenigheid.  Ons het lang lopers blomme en groenigheid op elke tafel gehad, en groenigheid agter die hooftafel.  Dit was asemrowend.

whispering thorns wedding whispering thorns wedding whispering thorns wedding whispering thorns wedding whispering thorns wedding whispering thorns weddingwhispering thorns wedding whispering thorns wedding

Vermaak:


Platejoggie en ʼn jazz-groep wat ons vanaf Johannesburg laat kom het.  Ons het ʼn oestafel, ʼn driegang-ete en middernag pizzas gehad.

whispering thorns wedding whispering thorns wedding whispering thorns wedding

Die Besluitnemingsproses:


Haha! Soos die meeste paartjies, het Keegan my toegelaat om die meeste besluite te neem.  Ek was ondersteun deur sy Ma, sowel as my Ma.  Die proses was redelik maklik en daar was geen groot probleme nie.

Ek het 6 strooimeisies gehad, wat almal agter die skerms betrokke was.  My hoof strooimeisie het alles mooi bymekaar gehou en ons het heerlik gekuier.

Dieselfde kan vir Keegan en sy strooijonkers gesê word. Almal was baie behulpsaam en ondersteunend.

elegant wedding cakes elegant wedding cakes elegant wedding cakes elegant wedding cakes

Eerste Dans:


Ja – ons het vir danslesse gegaan, maar op die aand besluit ons om nie die dans te doen nie.  Ons moes alle danslesse saam met Keegan se ouers neem, wat baie pret was en ons het sedertdien nie die dans geoefen nie.  Ons liedjie was “Fly me to the Moon” van Frank Sinatra.

whispering thorns weddingwhispering thorns weddingwhispering thorns wedding whispering thorns wedding

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Die DJ was aaklig en hy het nooit opgedaag vir enige vergaderings voor die troue nie.   Dit dag voor ons troue was nogal emosioneel vir my, maar op die dag van die troue was dit perfek.

whispering thorns weddingwhispering thorns wedding whispering thorns wedding whispering thorns wedding

Wittebrood:


Ons was ʼn week Mauritius toe.  Dit was ʼn spesiale geskenk van Keegan se grootouers wat baie vir ons beteken het.  Dit was uitdagend om aan die hitte gewoond te raak, maar ons het die mees ontspanne week in ons lewe gehad.

whispering thorns weddingwhispering thorns wedding

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: