Hykie & Gerridene se gesellige troue

Hykie en Gerridene se gesellige troue sal jou sommer lus maak vir troue hou.  ʼn Troue is so ʼn gelukkige byeenkoms van familie en vriende.  Jy wil hê almal moet dit baie geniet.  Jy kan sien Gerridene en Hykie se troue was ʼn lekker en stylvolle makietie gewees.   Die pragtige omgewing rond om die venue laat jou sommer onmiddellik ontspanne voel.  Al die pragtige natuurtonele, groen gras en mooi waterbronne.  Prentjie mooi en perfek vir jou droomtroue.

Ons is mal oor Gerridene se pragtige trourok.  Dit is ʼn meermin-snit met ʼn sleep van sowat 2 meter gedek in die mooiste kant.  Haar trourok het so mooi ingepas by die strooimeisie se vloeiende rokke.   Hykie het ook dapper gelyk in sy vlootblou pak en das.  Ons is gek oor vlootblou by Mooi Troues.  Vlootblou gee onmiddellik ʼn formele en statige gevoel aan enige geleentheid.

Die paartjie het gefokus om ʼn klassieke styl troue te hê.  Iets wat tydloos is en altyd mooi sal wees.  Ons hou baie van die olyfgroen, duifgrys en wit kleurskakerings wat hulle gebruik het.  Dan is daar die speelse element tot die troue soos die oulike illustrasie van hul trou gaste.  Dit is so ʼn oulike idee en iets uniek tot elke gas.

Die binne/buite gevoel van die troue is ook perfek.  In Suid-Afrika is ons baie gelukkig om so ʼn wonderlike klimaat te hê.  Wat is dan nou beter as ʼn troue onder die sterre!  Hulle het letterlik onder die sterre gedans en die dansvloer het liggies oor gehad wat dit die perfekte gesellige gevoel gegee het.  Rol af vir meer van Gerridene en Hykie gesellige troue en kry sommer tonne inspirasie vir jou eie troudag.

bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het 2018 in ʼn gimnasium ontmoet, aanvanklik net ligte geselsies aangeknoop en toe ʼn paar maande later het Hykie my uitgenooi vir ʼn koffie afspraak en van toe af het ons nog nooit op gehou met ons koffie afsprake nie.

Hykie het my 22 Junie 2019 op die Moditlo Landgoed gevra om te trou, tussen die mooiste natuur prag, groot vyf en sonsondergang het hy op sy knie gegaan en my die JA – woord gevra.

bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos

Die Verlowing Tydperk:


Ons het op 22 Junie 2019 verloof geraak, en 9 maande later op 7 Maart 2020 getrou.  Ons het die troue privaat beplan omdat ons troudatum nie kon uitlek nie (dit was eksklusief aan Huisgenoot)

Hykie Berg Hykie Berg Hykie Berg Hykie Berg Hykie Berg Hykie Hykie BergHykie Berg

Finansiële Aspekte:


Ons trou begroting was R100 000,00 waarvan ons R80 000.00 op die troue spandeer het en die res op wittebrood geniet het.  Daar was 254 gaste by ons troue onthaal.  Ons fokus was om nie te veel te spandeer op die oomblikke wat slegs ʼn paar minute sou duur nie, byvoorbeeld die confetti, kerk dekor en skryfbehoeftes. Dit kan ʼn groot sny uit jou begroting vat en dit vir ʼn oomblik wat minder as 5 minute sou duur.

wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony Hykie & Gerridene se gesellige troue wedding ceremony

Merkwaardigste Oomblikke:


Ons dag was grotendeels gekenmerk deur oomblikke wat vir ons groot betekenis simboliseer, onder andere:

1) Ons datum – 7 Maart;
2) Die tema was olyfblare;
3) By die kerk seremonie het ons mekaar se voete geseën en gesalf;
4) Ook het ons nagmaal saam al ons gaste geneem tydens die diens.

Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruid se advies aan toekomstige bruide:

  • Maak seker jy het ʼn goeie trou beplanner as jy alles self gaan reël;
  • Maak seker jy werk met trou verskaffers wat goeie verwysings het;
  • Geniet die oploop van dinge want voor jy sien is die beplanning en die dag verby;
  • Moenie te veel fokus op die kleiner detail nie (geen gas ken jou prentjie nie, so as iets nie opdaag of daar is nie, hulle sal dit nie eers weet of MIS nie)

Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue

Die Besluitnemingsproses:


Die egpaar was verantwoordelik vir besluitnemings proses, ons het beide ouer pare geen finansiële ondersteuning gevra nie maar albei moeders was baie betrokke by die fyner detail en voorbereiding van die groot dag.

Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue

Paartjie se styl:


Ons het gefokus op ʼn unieke, skoon, rein en klassieke styl.  Alles wat olyfgroen, duifgrys en wit sou komplimenteer.

Gerridene se rok was ʼn meermin-snit met ʼn sleep van sowat 2m gedek in kant.  Hykie se pak was ʼn skoon vlootblou geklee met sjokolade bruin skoen en belt.

Hykie & Gerridene se gesellige troueHykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troueHykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons blomme verskaffers – Divine Wedding & Event Specialist; ons fotograwe – Armadillo Media Wedding & Video Photographer.

Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troue Hykie & Gerridene se gesellige troueHykie & Gerridene se gesellige troue

Venue & Dekor:


Ons was voorheen my Mozzafiato op die Serengeti Landgoed vir ʼn konsert deur Jan Blohm.  Bruid was dadelik verlief op die atmosfeer van die plek, ʼn Italiaanse gevoel maar ook weer ʼn Kaapse Wynland gevoel. In die aand verander die venue se hele gevoel as duisende liggies en ligte van verskillende grotes en vorms ophelder.

Ons inspirasie vir ons dekor was die belofte van God, na elke storm stuur ons Vader die reënboog saam die duif met sy olyftakkie as belofte dat daar altyd beter is wat wag na die storm. Ons kleure was dus rondom olyfgroen, duifgrys en wit.

function venues in kempton park function venues in kempton park function venues in kempton park

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Bruid se rok: Ek het aanvanklik lank gesukkel en gespartel vir my rok soort.  5 maande later na groot spanning my rok gekry en dag van tweede aanpassing toe pas my rok glad nie.  Die ontwerper se stikster het my rok mates met ʼn ander rok geruil en twee dae voor die groot dag toe pas ek eers weer in my rok na baie verstellings, alterasies en oor begin.  Dit was seker die grotes stres, en trane ervaring van die oploop na ons groot dag.

Ook was die tafel plasings ʼn minder lekker aktiwiteit.

function venues in kempton park function venues in kempton park function venues in kempton park function venues in kempton park function venues in kempton park function venues in kempton parkfunction venues in kempton park

Vermaak:


Ons het ʼn regstreekse sang groep op die dag by die troue gehad, Everlong het die musiek en vermaak verskaf gedurende die seremonie en onthaal.

function venues in kempton park function venues in kempton park function venues in kempton park function venues in kempton park

Eerste Dans:


Ons het een dansles geneem by Nathanya Chapman wat ons gehelp het om die regte passies uit te voer op die gekose liedjie.   Ons liedjie was Wonderwerk deur Stella en die spesifieke liedjie was gekies omdat die woorde gepas is by ons verlede en hoe ons mekaar daardeur gevind het.

function venues in kempton park function venues in kempton park function venues in kempton park function venues in kempton park function venues in kempton parkfunction venues in kempton park

Wittebrood:


Ons het die Wes-Kaap gaan toer en grotendeels in Paternoster gebly.
Ons was laasjaar Oktober in Italië en gaan later die jaar (2020) ʼn eiland vakansie neem en ons het daarom besluit om ons eerste plaaslike vakansie saam aan te pak.

function venues in kempton park function venues in kempton parkfunction venues in kempton park

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

[endsection]